Upington is nie vir sissies nie
By Orange Blue
()
Currently unavailable
Currently unavailable
About this ebook
“Is jy helemal simpel? Mens was nie vloere met waspoeier nie,” donder die duiwel se stem voort. “Kry die hosepipe en die besem en was die stoep weer 'n keer.”
Gedwee gaan haal Elmie die tuinslang en die besem. Sy spuit eers die stoep met die tuinslang af sodat die ergste skuim afwas. Drie keer moes sy gaan waspoeier ingooi en die koos volmaak. Katriena gebruik met elke bondel wasgoed ʼn koppie waspoeier en die stoep is groot. Hoe moes sy weet die seep is te veel?
Sy sien haar ma wat voor die oop venster in die sitkamer sit en hekel. Sy na-aap haar ma: “Is jy helemal simpel? Mens was nie vloere met waspoeier nie!” Duh! Hoe moet sy weet waarmee was Katriena die vloere? Seep is seep.
Terwyl sy haar ma se lyftaal naboots, lig sy die tuinslang al hoër. Dis asof die straal water haar hipnotiseer. Elmie staan versteen en kyk na haar ma wat gillend opspring en so af en toe na haar asem snak as die waterstraal haar vol in die gesig tref..."
Orange Blue
Ek is op Upington gebore in 1966. Die Oranje-rivier het my betower vandat ek kan onthou. Saterdae en Sondae het ons altyd rivier toe gegaan. Die hele week het ek daarna uitgesien om onder die wilgerbome op sy walle te speel en in sy water af te koel. Sondagmiddae was die dorp grafstil. Dit was dan wanneer ek in die strate gaan rondloop het en stories uitgedink het van mense wat in die dorp se mooi geboue geleef en gewerk het. (Ek het die nare gewooonte gehad om met myself te praat namate ek myself in my sprokies ingelewe het.) Die ou Landbank gebou en die Kerke, Moedergemeente en Rooms Katolieke kerk en Klooster asook die Ou Apostoliese Kerk het my veral gefassineer. Die biblioteek het my Sondagaande ingesluk en my suster is gereeld gestuur om my te gaan soek as ek sewe uur saans nog nie by die huis was nie. Die bibliotekaresse het my toegelaat om te bly tot sy klaar was met haar werk. Elke Sondagaand was die preek dieselfde en elke Sondagaand het ek gesukkel om te verduidelik dat daar 'n ander wereld was waar ek gelukkig was, niemand het verstaan. Ek het ook nie verstaan dat mense mens kan skade aandoen as mens nie ander mense skade aandoen nie. Mammie het dan gese: As ek mense behandel soos wat Jesus in die Woord ons voorbeeld is, sal mense my ook so behandel. Die hartseerste dag vir my was toe ek Upington moes groet. My wereld het gaan staan want al het ek van ander dorpe geleer en gehoor, was Upington vir my die begin en einde van menslike bestaan. Alle ander dorpe se bestaan was vir my soos plekke in my sprokiesboeke. Ek hou van die Reguitpad. Kronkels en draaie is nie vir my nie want ek wil he ander mense moet eerlik en opreg met my handel. My spreuke is: My woord is my woord en my woord is my eer. - Weet nie wie dit eerste gese het nie, weet net Mammie het dit by my ingeprent van kleintyd af dat ek my beloftes moet hou en alles in my vermoe moet doen om dit na te kom. Ongelukkig vertrou ek mense te maklik want ek glo God het nie mense sleg geskape nie. Iewers het almal iets goeds in hulle.
Related to Upington is nie vir sissies nie
Related ebooks
Santa Gamka Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKoljander Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMy kat word herfs Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsChuck Norris kan deel deur nul Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTussen heinings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStories van Ruyswyck Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Portier Rating: 3 out of 5 stars3/5Nuwe stories van Rivierplaas Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie jaar toe Emma begin kook het Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVerlorenkop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie rugkant van die bruid Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsbottelnek breek bek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBruidzilla Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKraak Rating: 5 out of 5 stars5/5Noot vir dood Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAnderkind Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAmraal Rating: 3 out of 5 stars3/5Skrik op die lyf Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKelder Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPadmaker Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRoepman Rating: 3 out of 5 stars3/5Onversadig Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGedeeltelik bewolk: 'n lewensbeskrywing van 'n mal man Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVerbeel jou dis somer Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Dorp soos Silwer Streams Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPruimtwak en skaduboksers: rubrieke, heildronke en nagedagtes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkepelinge: Aanloop tot 'n roman: Aanloop tot ’n roman Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWenkbrou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGoree Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for Upington is nie vir sissies nie
0 ratings0 reviews