Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Studiewerkgids: Vers en Vlam: Studiewerkgids
Studiewerkgids: Vers en Vlam: Studiewerkgids
Studiewerkgids: Vers en Vlam: Studiewerkgids
Ebook314 pages3 hours

Studiewerkgids: Vers en Vlam: Studiewerkgids

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie studiewerkgids kan saam met Vers en vlam: ’n poësiebloemlesing vir graad 10 EAT gebruik word. Die aanslag is toeganklik en gerig op die leerder. Dit bevat onder meer: verduidelikings van alle literêre begrippe volgens die KABV vir EAT, pre-, tydens en post-lees-aktiwiteite, kort opsommings van die inhoud van elke gedig in Afrikaans en Engels, verdere woordverklarings, vrae opgestel volgens die KABV met ruimte om antwoorde in neer te skryf, verdere verrykende inligting, wenke en bronne
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateNov 6, 2017
ISBN9781776070138
Studiewerkgids: Vers en Vlam: Studiewerkgids
Author

Ilna Stander

Ilna Stander woon in Kaapstad en het baie jare se ervaring as hoërskool-Afrikaansonderwyser en as vakhoof.

Read more from Ilna Stander

Related to Studiewerkgids

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Studiewerkgids

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Studiewerkgids - Ilna Stander

    Best Books Studiewerkgids: Vers en vlam: ’n Poësiebloemlesing

    vir Graad 10 Eerste Addisionele Taal

    Saamgestel deur

    René Badenhorst

    Marianne Ross

    Ilna Stander

    Wilreza Theron

    BB_logo

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van die Best Books Studiewerkgids: Vers en vlam: ’n Poësiebloemlesing vir Graad 10 Eerste Addisionele Taal kan verskil van dié van die gedrukte weergawe, afhangende van die instellings op jou leser. Die uitleg vertoon optimaal as jy die standaard instellings op jou leser gebruik. Lesers kan eksperimenteer met die instellings om die vertoning te verbeter.

    Die bladsyverwysings in hierdie uitgawe verwys na die bladsye in die gedrukte boek.

    1. Inleiding tot hierdie studiewerkgids

    Die Afrikaanse uitdrukking iemand is vuur en vlam verwys na iemand wat baie opgewonde en entoesiasties is. Die digbundel Vers en Vlam se titel is aan dié uitdrukking ontleen. Dit maak gebruik van woordspeling deur ’n deel van die bekende uitdrukking te behou en ’n ander deel te vervang. Dink aan ’n gedig soos aan ’n vlam. Wanneer ’n vlam aangesteek word, verdryf dit die koue en donker, daar is lig en waarde wat veel verder as die vlammetjie strek.

    Vers en vlam stel jou in staat om te beleef hoe Afrikaanse gedigte kreatief, intelligent en vindingryk met die taal omgaan. Jy sal die geleentheid kry om die taal te hoor, te lees en te skryf en só te leer hoe taal gemanipuleer kan word om iets te beklemtoon en bykomende betekenis daaraan te gee. Die doel is nie dat jy die regte antwoord sal vind nie, maar dat jy sal leer hoe om te verduidelik waarom ’n woord, frase of gedig ’n bepaalde betekenis vir jou skep. Ook sal jy leer dat gedigte mens kan ontroer, vermaak en jou verbeelding gaande maak. Jy sal ook die geleentheid kry om oor die tema of sentrale gedagte in verse na te dink en te sê of jy daarmee saamstem, daarvan verskil of heeltemal ’n ander mening huldig.

    Mag hierdie gids jou begelei om die vlam van elke gedig in Vers en vlam te ontdek.

    2. Wat sê die KABV oor lees en gedigte?

    Twee van die volgende literêre genres moet in graad 10 behandel word: kortverhale, ’n drama, ’n roman en poësie.

    Indien gedigte as een van die genres gekies word, moet ses gedigte behandel word en dus in toetse en eksamens formeel geassesseer word. Onderrig poësie en nie net spesifieke gedigte nie. Leerders behoort ook kennis te maak met gedigte vir die genot van die lees daarvan en vir verryking. Die onderrig van gedigte moenie gaan oor die regte antwoord nie, maar oor die interpretasie en persoonlike belewing daarvan.

    Die onderrig van poësie behoort nou aan te sluit by kreatiewe skryfwerk en die taalkenmerke van die teks.

    ’n Gedig behoort as ’n driefase-aktiwiteit hanteer te word:

    Die drie fases kan vergelyk word met ’n beker vrugtepons. Gewoonlik lê die stukkies vrugte onder in die beker met heel bo die meer waterige deel en die heerlike sap in die middel. Die waterige deel is dit wat jy eers uit die beker moet gooi om by die middelsap te kom – alles wat kan keer dat jy die teks verstaan, alles wat eers oopgemaak moet word. Dan kom jy by die middelsap, die teks self. En onder in die beker lê die stukkies vrugte, die gedeelte waar jy self op die teks reageer, en ook die verryking wat die gedig vir jou bring.

    Die formele studie van gedigte vir Eerste Addisionele Taal: Wat moet jy bemeester?

    Leerders moet die metataal (terminologie) van die genre kan toepas om die literêre elemente daarvan te verstaan en te waardeer.

    •Verstaan die unieke kenmerke van die poësie.

    •Wees in staat om die figuurlike en retoriese taalgebruik in poësie te identifiseer en te verduidelik:

    •Verduidelik die kenmerke van soorte gedigte en hoe die volgende verband hou met die tema/boodskap:

    •Identifiseer en verstaan die skrywer/digter se bedoeling.

    Die leser van ’n gedig moet die volgende twee vrae oor ’n gedig kan beantwoord:

    •Ken die kognitiewe denkvlakke waarvolgens vrae opgestel word. Barret se taksonomie word gebruik by die assessering van gedigte. Buiten in toetse, gaan jy in die Junie- en Novembereksamen oor die gedigte geassesseer word.

    Met erkenning aan die Departement van Basiese Onderwys vir die inligting uit die KABV-dokument 2011

    3. Hoe om ’n gedig te ontleed

    Gebruik die stappe hieronder om Verhaal (bl. 36) te ontleed.

    •Lees die gedig.

    •Slaan die volgende woorde/uitdrukkings se betekenis na en skryf dit bo die woorde op die gedig neer:

    –spiraal

    –beurtelings

    –woning

    –gehandel

    –aanvaarding

    –langsaamaan

    –wanhoop

    –versmelt

    Is daar nog woorde wat jy nie verstaan nie? Slaan die betekenis in ’n woordeboek na.

    •Wat, dink jy, beteken elke strofe? Som elke strofe in ’n sin of twee op en skryf dit in die linkerkantse blokkies neer.

    •Kyk na die titel, Verhaal. Skryf in die Titel-blokkie oor wie en waaroor die verhaal wat in die gedig vertel word, handel.

    •Watter les wil die gedig oordra? Skryf dit in die Tema-blokkie neer.

    •Daar is baie kontrasterende woorde/gedagtes. Dui die kontras aan by elke plek in die gedig waar kontras staan.

    •Wat is die funksie van die kontras in die strofe? Skryf jou antwoord neer.

    •Wat is die funksie van die dubbelpunt in reël 1 en reël 13?

    •Lees die gedig hardop reël vir reël of strofe vir strofe. Dui die klanke wat in reël 7 herhaal en ’n voorbeeld van alliterasie is, aan. Kan jy nog voorbeelde van alliterasie en assonansie in die gedig sien?

    •Wat is die stemming of toon? Hoe klink die gedig in die eerste agt reëls en in die laaste ses reëls?

    •Kan jy beeldspraak identifiseer? Watter vorm van beeldspraak kom in reël 2–3 voor? Wat beteken dit? Kan jy nog voorbeelde van beeldspraak in die gedig identifiseer?

    •Daar is veertien reëls. Dui aan watter tipe strofes voorkom: ’n strofe van vier reëls en een van drie reëls.

    •Skryf boaan die eerste agt reëls neer wat ’n strofe-eenheid van agt reëls genoem word en skryf bokant die laaste ses reëls wat so ’n strofeverdeling genoem word.

    •Vorm die eindrym ’n vaste patroon? Dui deur abc … te gebruik aan watter eindwoorde met mekaar rym.

    Jy kan ook hierdie metode gebruik om ’n gedig te ontleed:

    As jy ’n gedig vir die eerste keer lees, is daar ’n reseppie/wenke/kontrolelys wat jy kan gebruik om dit op jou eie te ontleed:

    •Begin deur die gedig hardop te lees.

    •Onderstreep klanke wat herhaal of kleur dit met geel in. Klinkers/vokale wat herhaal, word assonansie genoem en medeklinkers/konsonante wat herhaal, is alliterasie. Probeer om die funksie te bepaal. Is dit om klankrykheid te verhoog en woorde te verbind soos by Kinders van die wind (bl. 33 in Vers en vlam) of maak dit die ritme vinniger of stadiger?

    •Omskryf onbekende woorde of uitdrukkings in jou eie woorde.

    •Lees nou elke strofe deur en probeer in jou eie woorde opsom waaroor daardie strofe gaan.

    •As jy sien dat woorde of idees herhaal, omkring daardie woorde in een kleur. Probeer bepaal wat die funksie van die herhaling is. In Kinders van die wind word die idee van oudheid deur herhaling beklemtoon. Die refrein (die strofe wat herhaal) versterk die tema.

    •Onderstreep voorbeelde van beeldspraak in rooi en skryf langsaan neer watter soort beeldspraak dit is. Is dit byvoorbeeld ’n metafoor soos in strofe 1 van Kinders van die wind of ’n vergelyking soos in strofe 2?

    •Gaan terug na die titel. Watter simboliese betekenis kan die titel inhou? Gaan die gedig regtig oor die wind se kinders of simboliseer dit iets meer?

    •Omkring uitdrukkings en woorde wat by die titel aansluit. Dit kan jou help om die betekenis van die titel te ontsyfer. swerwers sonder rigting en soekers wat nooit vind word gelykgestel aan kinders van die wind wat almal is, en daarom kan ons aflei dat die titel by die tema van die gedig aansluit: almal in die lewe het ’n begeerte om meer te hê en niemand kan vooraf weet waarheen die lewe hulle gaan neem nie.

    •Skryf die denotatiewe (letterlike) en konnotatiewe (figuurlike) betekenis van woorde/uitdrukkings neer.

    •As daar ’n voorbeeld van ironie is, dui dit aan en skryf kortliks wat ironies is.

    •Kyk na die leestekens in die gedig en dui leestekens met ’n bepaalde funksie aan. In Kinders van die wind sal die ellips asook die aandagstreep se funksies aangedui moet word.

    •Bepaal of die spreker en wie hy is of watter tipe spreker dit is, ’n bepaalde funksie vervul. In Kinders van die wind is dit ’n eerstepersoonspreker, maar die boodskap word nie daardeur versterk nie. Die aangesprokene is in hierdie gedig ook nie duidelik nie, maar die almal wat as kinders van die wind gesien kan word, betrek die leser.

    •Kyk na die uiterlike bou. Kinders van die wind het vyf strofes van vier reëls elk (’n kwatryn genoem). Elke strofe se tweede en vierde reël se eindwoord rym. Tog rym reël 1 en 3 se woorde nie, so daar is nie ’n vaste rympatroon nie. Die aantal lettergrepe per reël vorm ’n definitiewe patroon. Hierdie patroon help om die ritme te versterk en die musikaliteit te bevorder.

    4. Gedigontledings

    Oor monnemente gepraat deur Peter Blum

    (Bl. 10 in Vers en vlam)

    WAAROOR GAAN DIE GEDIG?

    Die spreker kontrasteer die Voortrekkermonument in Pretoria in die noorde van Suid-Afrika met die meer menslike standbeelde in die suide. Hy vergelyk die Voortrekkermonument met ’n leë sirkustent sonder lewe en pret. Dis vir hom te groot, te lelik en te duur. Hy dryf ook die spot met standbeelde van ’n paar openbare figure. Hy voel hulle is meer menslik, maar hy sê ook wat hom pla.

    The speaker contrasts the Voortrekker Monument in Pretoria in the north of South Africa with the more humanlike statues in the south. He compares the Voortrekker Monument to an empty circus tent without any life and fun. He thinks it’s too big, too ugly and too expensive. He also pokes fun at the statues representing prominent historical figures. He feels they are more humanlike, but even so, there are still some things about them that bother him.

    NOG WOORDVERKLARINGS

    r. 13 reisiesbaan (racecourse): plek vir wedrenne

    r. 14 spanspek (melon): somervrug

    aangesprokene: Die iets of iemand met wie die spreker in die gedig praat. Bv. Wat spog jul … (r. 1)

    LEES DIE GEDIG

    Die Voortrekkermonument staan in Pretoria en beeld hoofsaaklik die geskiedenis van die Groot Trek uit. Die standbeelde van die Kaap is Andrew Murray, ’n godsdiensleier wat mense wou ophef, Jan Hofmeyr, ’n kampvegter vir Afrikaans en sy kultuur, Jan van Riebeeck, die stigter van die verversingspos aan die Kaap, Cecil John Rhodes wat die hele Afrika, van Kaapstad tot Kaïro, vir die Britse Ryk wou kolonialiseer, en koningin Victoria, ook as simbool van kolonialisme. Kolonialisasie vind plaas wanneer ’n land of ’n regering gedeeltes van ander gebiede buite hulle grense vir hulle land toe-eien, soos wat die Engelse hier in Afrika kom doen het. Kaapse Afrikaans is ’n vorm van Afrikaans wat in die Kaap, en veral op die Kaapse Vlakte, gepraat word, bv. kjend in plaas van kind en lielak in plaas

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1