Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde
Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde
Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde
Ebook257 pages3 hours

Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Wat beteken dit as ’n jong Afrikanerman jou beskryf as “nogals orraait”? Hoe trek jy die gehoor se aandag as die basaarpoeding hulle gemesmeraais het? En waar o waar in die wêreld is die Pomona Spur – en hoekom sal jy nooit jou vyfjarige se verjaardagpartytjie daar wil hou nie? Sedert hy enkele jare gelede die SA komediewêreld betree het, het Schalk blitsig ’n ikoniese figuur geraak. Hy’t al vir Trevor Noah geopen, hy was die skattige Danny in die kykNET-reeks Hotel, die uiters gewilde aanbieder van Die Kliek op VIA, en in 2018 sal die volk hom geniet in Die Ware Naarheid, ’n satiriese nuusprogram in spitstyd op kykNET. Sy volgelinge op Facebook en Instagram trek ver verby 30 000, en sy kop staan oorsee se kant toe. In dié piepie-jou-nat-van-die-lag memoire verklap Schalk – en sy soortvan-bestuurder, Erns Grundling – die bisarre en hartroerende dinge wat hy oorgekom het op sy reise regoor die land na oral waar ’n mikrofoon en ’n dronk gehoor hom inwag.
LanguageAfrikaans
PublisherQueillerie
Release dateJun 6, 2018
ISBN9780795801785
Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde
Author

Schalk Bezuidenhout

Hierdie krulkopkomediant met sy snor en kenmerkende truitjies is op 26 reeds volksbesit. Sedert hy in 2015 in Trevor Noah se voorprogram opgetree het, het hy meteoriese opgang gemaak as 'n stand-up-komediant, TV-aanbieder en -akteur. Schalk woon in Groenpunt in Kaapstad, maar voorstedelike Kempton Park in Gauteng is sy grootwordplek.

Related to Truitjie roer my nie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Truitjie roer my nie

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

1 rating1 review

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 3 out of 5 stars
    3/5
    Hierdie boek sou soveel beter sonder Erns se stukke gewees het.

Book preview

Truitjie roer my nie - Schalk Bezuidenhout

TRUITJIE ROER MY NIE

Oor Kempton en ander k-woorde

Schalk Bezuidenhout

& Erns Grundling

Queillerie

For me, comedians are the real magicians. When you watch a magician, you’re amazed, sure, but deep down you know there is a trick or an illusion. To watch a good comedian on stage for me is magical. To make an audience of forty, five hundred or five thousand people – who all have different life experiences, come from different socio-economic backgrounds, speak different languages, who don’t watch the same TV shows – all have the same, involuntary reaction at the same time … That laugh you hear without the use of sleeves, strings, hats, tricks or assistants. That’s real magic.

Ryan Harduth

Voor ons begin …

Hallo, Erns hier. Jy wonder dalk hoekom ek die inleiding skryf, of waarom my naam in ’n kleiner dog duidelik leesbare lettergrootte langs ’n & saam met Schalk s’n op die voorblad pryk. Of miskien wonder jy glad nie en wil jy net hê Schalk moet aangaan met sy storie.

Ek en Schalk ken mekaar nou al so ’n Radio Raps meer as drie jaar. As die vorige sin nie sin maak nie, is dit omdat ek so vroeg as moontlik ’n uiters lomp en ondoeltreffende stukkie woordspel wou pleeg in hierdie boek. Hiervandaan gaan dit net beter raak, ek belowe.

So ek en Schalk werk saam op verskeie projekte. Hoe ons comedy bromance begin het en hoe ons dit nogal moeiteloos in stand hou, volg later in die boek.

Ek het so begin verlede jaar een oggend in die bad – want ek is die tipe man in Kaapstad wat bad, ondanks ’n waterkrisis – die idee gekry om ’n Schalk-boek te skryf, met Schalk se hulp.

Aanvanklik was ek nie presies seker hoe dit sou werk nie. Op vyf-en-twintig was Schalk darem wraggies te jonk vir ’n biografie. Daar is genoeg rugby- en krieketspelers wat nou as SuperSport-aanbieders werk wat met hul lewensverhaal in boekvorm smous nog voor dit ordentlik begin het.

Maar ek en Schalk het in ’n betreklik kort tyd verskeie avonture in stand-up-komedie gehad. Aangesien ons in komedie werk, is die meeste van hulle (hopelik) snaaks. Wel, dit is vir ons snaaks. En in ’n droewe land wat deur konflik en fronse en uitputtende kommentaar op sosiale media gekenmerk word, mag ons darem seker vir onsself en vir mekaar lag. Dit is tog een van die minder skadelike maniere om ’n lewe om te kry.

So toe begin ek rowwe notas aanmekaartimmer op vliegtuie en agter in Ubers. Ek wou ’n struktuur vind om ons staaltjies (Schalk verpes hierdie woord, so ek is nou net aspris) op te teken. Ek het vir Schalk gevra om solank vir my voice notes op WhatsApp – want dit is hoe millennials meestal kommunikeer – aan te stuur, wat ek dan moeisaam sou transkribeer en probeer omskep in puik (nóg ’n woord wat vir Schalk die horriepiep gee) prosa.

Toe ek weer sien, het Schalk ’n Google Drive-lêer oopgemaak en self begin om stukke in Word te skryf, vir my om te redigeer. Ek het eers my bedenkinge gehad, tot hy dit een dag op die langpad in sy ouers se Honda FR-V begin voorlees het.

Ek het dadelik ’n gevoel van skok én verligting ervaar: Schalk het my nie regtig nodig om hierdie boek te skryf nie.

Tydens ’n gesprek vroeër met Ryan Harduth, oor wie julle later meer sal lees, het ons gesels oor Trevor Noah en sy vele talente. Ryan het vertel Trevor is amper irritatingly good met enigiets wat hy aanpak, of dit nou stand-up, boekskryf, The Daily Show of sommer net ’n PlayStation game is. So is dit ook met Schalk.

Maar ek kla nie, dit het my werk makliker én minder gemaak.

Hierdie boek is dus Schalk wat ’n Schalk-boek skryf, met Erns se hulp. Waar jy ook al ’n stukkie in italics lees, is dit ek wat kommentaar lewer. Op ander plekke word daar boaan duidelik aangedui as ek aan die woord is.

Een van my minder eensame pogings tot woordspel was die boek se titel: Truitjie roer my nie. Ek wou nog vir Anton Goosen vertel dat ons sy bekende liedjie as inspirasie gebruik het, maar ek het nie daarby uitgekom nie. Want deadlines. (Sien, ek hang deesdae so baie met ’n millennial uit dat ek selfs soos een praat én skryf!)

Maar genoeg van my, vir eers. Schalk het baie om te deel oor sy grootwordjare, sy stand-up-loopbaan van die afgelope sewe jaar, en vele ervarings en gewaarwordinge oor homself en ander mense en hul dinge.

Sit terug. Lees. Lag. Maar maak vas jou veiligheidsgordel. Hierdie vlug mag by tye turbulensie ervaar. Want ’n puik (jammer, Schalk) stand-up-komediant is, in die woorde van John Lahr: … an enemy of boundaries, a disturber of the peace, a bringer of insight and joy, a comic distillation of his own rampaging spirit.

Die begin

Ek haat die stereotipe dat komediante die funny guy in school was. Ongelukkig is dit in my geval waar. Ek was die clown in die klas. Ek sê altyd die humorgeen in my is ’n kombinasie van my ma en my pa. My pa is so skerp soos ’n lem, maar baie deadpan. My ma is weer baie animated, maar haar grappe is nie altyd so goed nie. Ek is waar hulle comedy powers ontmoet. Oftewel, ek dink graag so.

Ek is nog altyd mal oor Jim Carrey. Ek wil amper sê dat hy my gunstelingakteur van alle tye is. By die huis het ek altyd Jim Carrey se bekende karakter, Ace Ventura, nagemaak. Dan het my ma, wanneer ons by mense kuier of mense by ons, my altyd forseer om dit te doen. Doen Ace Ventura vir die tannie! Ag toe man, Schalkie, jy doen dit so oulik! Ek sou altyd protesteer, maar altyd verloor. As ek weer sien, staan ek voor ’n vreemde tannie en trek gesigte wat lyk soos ’n demoon wat uit die hel uit ontsnap en maak asof ek uit ’n renoster se hol uit kruip (dit gebeur in een van die Ace Ventura movies, net ingeval jy nou wonder waarvan ek praat). Die belangrikste vereiste vir ’n Ace Ventura impersonation is dat die gehoorlid al ’n Ace Ventura-fliek moes gesien het. Meeste van die tannies vir wie ek Ace Ventura nagemaak het, het nog nooit eers van Jim Carrey gehoor nie. Hulle het altyd vriendelik gesmile en stilletjies gedink: Arme Greta, haar kind is fokken mal.

Ek was (jy kan seker raai) ’n verfynde klein seuntjie. Ek is baie gespot en het baie kere ná skool by die huis aangekom en by my pa gehuil: Die kinders by die skool noem my ’n moffie. My pa se advies het nie veel gehelp nie. Die volgende ou wat jou ’n moffie noem, slaan jy so hard as wat jy kan met jou vuis op die neus. Thanks, Pa. Dan is ék die een wat uit Laerskool Kruinsig geskors word. My gesin is middelklas. Hulle het nie die lapa of eers die onder-dertiens se derde rugbyspanuniform geborg nie. Ek was nou nie juis ’n valuable asset vir die skool nie.

Ek sal nie sê my humorsin is gebore uit survival nie, maar een ding is seker: Boelies is gewoonlik nie baie snaaks nie. So as die snaakse outjie kom jy gewoonlik vinnig in hulle goeie boekies. Jy is die nar wat met die klap van ’n vinger sal perform en hulle sal entertain soos een of ander Middeleeuse hofnar wat vir die koning optree. As hy weier, word sy kop afgekap. Die boelies sou nou nie my kop afkap nie, maar sonder hulle goedkeuring was my sosiale status dood. As gevolg van jou snaakse maniertjies hou die meisies ook baie van jou. Dan is die boelies (met ander woorde die rugbyouens) baie nice, want as hulle lelik is met jou, hou jou mooi vriendinnetjies nie so baie van hulle nie. Niemand het my ooit as ’n bedreiging in die meisie-afdeling gesien nie. Ek was mos die drama-outjie en die redenaar en dié is mos almal moffies.

In die hoërskool het daar ’n wonderlike ding gebeur. Daar was ’n outjie (wat nou in Binnelanders is), Germandt Geldenhuys, wat ’n maandelikse nuusbulletin gedoen het tydens saalopening. Hy het dit 94.7 genoem en voor die bulletin het hy die Highveld Stereo-deuntjie gesing. Hy sou onderwysers, die cool kinders, kinders wat gedink het hulle is cool, die nuutste couples, almal uithaal. Ek was in graad 9 (standerd 7 vir die ouer lesers) toe Germandt in matriek was. Die kinders was MAL oor 94.7 en Germandt wou nie dat dit ’n natuurlike dood sterf wanneer hy die skool verlaat nie. Hy het my eendag ’n lift in sy vanilla Volla gegee en 94.7 aan my oorhandig. Dit was vir my ’n massiewe eer en ek het die verantwoordelikheid met trots aanvaar.

Met 94.7 het ek respek ervaar soos nog nooit vantevore nie. Skielik het ek ’n soort mag gehad. ’n Soort mag wat niemand anders gehad het nie. Fok rugby speel – ek kon die rugbyspelers embarrass! Voor die hele skool! Ek kon die hotste meisie in die skool verneder. Kinders het links en regs na my toe gekom, die nuutste skindernuus in my oor gefluister en my gesmeek om dit in die volgende 94.7 te gebruik. Die onderwysers was nie altyd so mal oor my nie. My pa was die adjunkhoof en onderwysers het dikwels in sy kantoor ingestorm en gekla oor my onvanpaste aanmerkings op die aantreeblad. My pa het sy skouers opgetrek en gesê: Dit het niks met my te doen nie.

Ek onthou ’n spesifieke oggend wat ek op die verhoog gestap het om ’n 94.7 te doen. As die kinders my sien opstap, het hulle al geweet wat kom. Die skool, al eenduisend-tweehonderd van hulle, cheer nog voor ek my mond oopgemaak het. Net voor ek my eerste skoot afvuur, hoor ek hoe een van die Lewensoriënteringonderwysers sê: Iemand moet hierdie kind stop.

Nou was ek ’n rockstar. Niks meer van hierdie moffie-moffie-kak nie.

Net ’n vinnige iets oor die woord moffie. Ek is die verste ding van ’n homophobe. Van my beste vriende is gay! (Grappie. Dis mos wat mense sê om enige soort haatspraak te justify. Maar net vir die rekord, van my beste vriende ís gay.) Om iemand ’n moffie te noem het vir my niks te doen met gay-wees nie. Ek bedoel, op laerskool het ons nie eers werklik verstaan wat gay is nie. Daar was een outjie wat twee mammas gehad het, maar ons het gedink dit is awesome. Deur vir ’n outjie te sê hy is ’n moffie, sê jy dat hy minder van ’n man/seun is as jy, met ander woorde minderwaardig. Daarom sê ek dat dit niks te doen het met homoseksualiteit nie. ’n Gay man is nie outomaties minder van ’n man nie. Om ’n moffie genoem te word maak seer, maak nie saak wie jy is nie. Dis ’n boelie se manier van sê: Jy kan niks aan my terugdoen nie al wil jy, want jy is ’n moffie. Ironies genoeg, baie van die boelies wat my op skool ’n moffie genoem het, is nou bouncers by gay clubs.

Ek het ’n paar jokes in daai nuusbulletins gedoen waarop ek nou nog trots is. Ook ’n paar waaroor ek spyt is. Ek sal jou laat besluit waaroor ek trots en waaroor ek spyt is.

Daar was ’n outjie, Riaan van Staden, wat baie kort was. In matriek het ek gesê dat ek mal is oor Riaan se diverse style, want Riaan koop sy klere by Build-A-Bear; so een dag is hy ’n polisieman, dan ’n dokter, dan ’n brandweerman.

Dan was daar ’n meisie, Johané Noble, wat gedink het sy is baie hotter as wat sy was. Sy het gedink elke ou probeer haar vry. Meanwhile wou hulle net haar huiswerk afskryf. In een van my 94.7-stories het ek gesê: Hier is ’n storie oor een van die hotste meisies in die skool … SIT JOHANÉ! DIS NIE JY NIE! Johané was in trane en haar ma het haar voor die eerste periode kom haal.

Ek het ook eenmaal gespot met ’n wiskundemeneer wat altyd slangvelskoene gedra het. Die joke was … wag, ek kan nie sy regte naam gebruik nie. Aangesien hy ’n wiskundemeneer was, kom ons noem hom Meneer X. Die joke was: Hulle sê Meneer X raak so kwaad hy kan slange vang. Wel, Meneer X vang nie net slange nie. Hy vang hulle én dan maak hy cool skoene uit hulle uit! Almal het hulle gat afgelag. Meneer X het ’n week later selfmoord gepleeg. Dit was obviously nie as gevolg van my onskuldige grappie nie, maar die kinders het beslis my siel uitgetrek daaroor: Hey, Schalk, hoe voel dit om te weet dat jy Meneer X laat selfmoord pleeg het? Ek het dit nooit ernstig opgeneem nie, maar ’n deel van my het altyd gewonder: Wat as Meneer X op die edge was en my joke het hom oorgestoot?

Interessant genoeg wou ek nooit ’n komediant word nie. Voor ons daarop ingaan, wil ek net gou fokus op die spelling van interessant. Vir watter juffrou ook al hierdie trick vir ons geleer het, is ek ewig dankbaar. Sy het ons geleer as ’n mens interessant spel, moet ’n mens altyd dink aan een rok, twee skoene – met ander woorde een r, twee s’e. Ek sal dit nooit vergeet nie.

Anyway, soos ek sê, ek wou nooit ’n komediant word nie. Drama was my passie sedert ouderdom agt. Ek het dramaklasse gedoen dat dit kak. My ma het my soms sesuur die oggend by tannie Tammy se huis afgelaai (die dramaklasse was in haar garage). In die winter was dit nog pikdonker wanneer my ma my daar aflaai en tannie Tammy se metaal-garagedeure het nou nie juis die hitte binnegehou nie. Van daar af het ek skool toe gestap. Hoewel ek ’n natuurlike talent vir komedie gehad het, wou ek altyd hê dat mense my ernstig moet opneem as ’n ware akteur. Ek het gedink iemand soos Jim Carrey is goed en als, maar dat niemand hom ernstig opneem nie. Ek besef nou dat dit ’n baie naïewe manier van dink was. Jim Carrey het hom later in sy loopbaan as ernstige akteur bewys in films soos The Truman Show, wat ek eers baie later in my lewe gesien het. Een van my gunsteling-Jim Carrey-films, waarin ek dink hy absoluut briljant is, is I Love You Phillip Morris. Baie mense wat ek van hierdie film vertel, het nog nooit eers daarvan gehoor nie. As jy een van daardie mense is, doen jouself ’n guns en kyk dit!

***

IETS WAT NIEMAND WEET NIE: Ek het direk ná matriek stand-up probeer. Net vir interessantheid. Een rok, twee skoene. Dit was by ’n plekkie in Melville met die naam Wish, deesdae bekend as Poppy’s, nou nog ’n bekende Maandagaand-stand-up venue vir comedians om nuwe materiaal te gaan uitprobeer.

Dit het nie goed gegaan nie. Ek het my skoolklere aangehad, want ek het vir een of ander rede gedink dit sal oulik wees. Ek het gepraat oor goed waarvan mense lankal vergeet het, soos wiskunde in die matriekeksamen. Ek het die helfte van my jokes vergeet. Mense het naderhand uit simpatie begin klap. Stand-up in die buitewêreld was baie anders as 94.7. Ek het daar en dan besluit dat stand-up comedy nie vir my was nie.

Met die idee van ’n ernstige akteur wees, is ek toe na die Universiteit van Kaapstad. Tot my teleurstelling het ek nie vir die Theatre & Performance-kursus ingekom nie. Die kursus neem net dertig studente per jaar. Ek kon dit nie glo nie! Ek was dan Meneer Drama in Kempton Park?! Ek was die outjie vir wie mense gesê het: Moenie ons eendag vergeet wanneer jy ’n Oscar wen nie! Ek het later besef dat elke persoon wat nie vir Theatre & Performance ingekom het nie, daai outjie of meisie in hulle dorp was.

In retrospect was my oudisie ook baie kak. Jy moes twee monoloë doen: ’n drama en ’n komedie. My dramastuk was ’n pa wat praat met sy dogtertjie wat besig is om te sterf aan kanker – iets wat nie verder buite my verwysingsraamwerk kon gewees het nie. My komediestuk was ’n dronk ou wat probeer pee en dan met sy penis begin praat – net ’n kak stuk.

Ek het vir my ouers gesê ek stel nie belang in enige ander universiteit nie. Ek het ’n paar mense in die bedryf gevra watter universiteit die beste is om drama by te swot, en almal het gesê UCT. Ek sou ’n jaar se algemene BA doen met drama as hoofvak, weer aansoek doen vir die kursus, en as ek dan weer nie inkom nie, net aangaan met BA Drama, wat frustrerend was. Eerstens was daar net een praktiese klas per week. In hierdie klas moes ons een van die vier elemente wees: aarde, vuur, wind of water. Ek gaan jou, die leser, net gou ’n oomblik gee om jou oë toe te maak en dit te imagine …

Kak, nè? Dink net hoe ek gevoel het! Ek moes dit actually doen!

Die res was teoreties. Om dit nog erger te maak, het jy al hierdie ekstra vakke gehad wat fokkol te doen het met dit wat jy eendag wil doen, soos sosiologie en Engels. Daar was ’n wit ou in my sosiologieklas wat ’n tradisioneel swart naam gehad het en hy het gedink dit maak hom die een of ander wit Nelson Mandela. Hy het altyd pretensieuse kak kwytgeraak wat ek nie eers kan onthou nie. Ek het dit duidelik uitgeblok.

In daardie jaar se BA swot het ek stand-up comedy herontdek. Of moet ek eerder sê ontdek? (Dis nie asof my eerste poging tot comedy geklassifiseer kan word as stand-up nie.) In 2011 het ek stand-up comedy ontdek

Enjoying the preview?
Page 1 of 1