Anda di halaman 1dari 9

EX PARTE DIE MINISTER V AN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN ...

http://ipproducts.jutalaw.co.za/nxt/print.asp?NXTScript=nxt/gateway.d...

EX PARTE DIE MINISTER VAN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN 1970 (2) SA 355 (A)
1970 (2) SA p355

Citation

1970 (2) SA 355 (A) Applafdeling Steyn HR, Ogilvie Thompson AR, Rumpff AR, Jansen AR en Rabie Wn AR November 13, 1969 February 20, 1970 Link to Case Annotations

Court

Judge

Heard

Judgment

Annotations

Flynote : Sleutelwoorde
Strafreg - Selfmoord of poging tot selfmoord - Nie 'n misdaad nie - Persoon wat 'n ander aanmoedig, help of in staat stel om selfmoord te pleeg - Wanneer 'n misdaad - Aard van sodanige misdaad, indien dit een is - Hang van die besondere omstandighede af.

Headnote : Kopnota Ng selfmoord ng poging tot selfmoord is 'n misdaad. Of 'n persoon wat 'n ander aanmoedig, help of in staat stel om selfmoord te pleeg, 'n misdaad begaan, sal afhang van die feite van die besondere geval. Die blote feit dat die laaste handeling die selfmoordenaar se eie, vrywillige nie-misdadige handeling is, bring nie sonder meer mee dat bedoelde persoon aan geen misdaad skuldig kan wees nie. Na gelang van die feitlike omstandighede kan die misdaad moord, poging tot moord of strafbare manslag wees. Flynote : Sleutelwoorde
Criminal law - Suicide or attempted suicide - Not an offence - Person instigating, assisting or placing another in a position to commit suicide - When an offence - Nature of such offence, if any - Depends on the particular circumstances.

Headnote : Kopnota Neither suicide nor attempted suicide constitutes an offence. Whether a person who instigates, assists or puts another in a position to commit suicide commits an offence depends on the facts of the particular case. The mere fact that the last act of the person committing suicide is such person's own, voluntary, non-criminal act does not necessarily mean that the other person cannot be guilty of any offence. Depending upon the factual circumstances the offence can be murder, attempted murder or culpable homicide. Case Information Beslissing van vrae gestel deur die Minister van Justisie ingevolge art. 385 van Wet 56 van 1955. Die aard van die vrae blyk uit die uitspraak van STEYN, H.R.
F P. Yutar, S.C., Prokureur-generaal van die Oranje-Vrystaat (bygestaan deur A. J. de Klerk), namens die Staat: Suicide has been held not to be a crime - presumably because punishment cannot operate against the felo de se personally. Gardiner & Lansdown, 6th ed., vol. 2, p. 1540; S v Gordon, 1962 (4) SA 727 at p. 729. See also R v Nbakwa, 1956 (2) G S.A. 557 at p. 560. following thereon it has been assumed and held that attempted suicide is also not a crime. See South African Law Journal, (1908) vol. 25, p. 417. In Rex v Peverett, 1940 AD 213 at p. 218, this question was left open. Consequently, it has been held that aiding and abetting a person to commit suicide is likewise not a

1970 (2) SA p356

crime. Gordon's case, supra at p. 731; Nbakwa's case, supra at p. 560. According to Roman-Dutch authority, however, 'no man has an unlimited right over his own life'. Grotius,

1 of 9

2012/05/18 09:33 AM

EX PARTE DIE MINISTER V AN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN ...

http://ipproducts.jutalaw.co.za/nxt/print.asp?NXTScript=nxt/gateway.d...

2.1.44 (Maasdorp's translation); A Moorman, Verhandelinge over De Misdaden, 2.11.4 and 'suicide is undoubtedly an unlawful act'. Van der Linden, Institutes, 2.5.14, (Juta's translation); see also S v Robinson and Others, 1968 (1) SA 666 at p. 678; Gardiner & Lansdown, 6th ed., vol. 1, p. 118; Voet, 9.2.11 (Gane's translation). As 'the offender is, by the guilty act itself, placed beyond the reach of the law,' South African Law Journal, B supra at p. 418, it is manifest why he cannot be 'accused of any crime', Grotius, supra, and why suicide 'cannot be classed under crimes which are publicly punished'. Van der Linden, supra; see also van Leeuwen, Roman-Dutch Law, vol. 2, 4.34.11. But persons who have committed suicide have always been 'punished' in the treatment accorded to their corpses and by way of confiscation of their property. Grotius C and van der Linden, supra; Huber, Jurisprudence, 6.13.27 (Gane's translation); Schorer, Note LX ad Grotius, 2.1.44; see also De Wet & Swanepoel, 2nd ed., p. 206. There is also Roman-Dutch authority for the view that attempted suicide is a crime. Damhouder, Practijck Krimineel, 88.9; Voet, 48.21.2 (Gane's translation); South African Law Journal, D supra, pp. 417-8; Carpzovius, Lijfstraffelyke Misdaden , Chap. 2, sec. 22. If, therefore, the aforegoing submissions are well founded, then, under the general principles of criminal law, to aid and abet a person to commit suicide would consitute a crime. Gardiner & Lansdown, 6th ed., vol. 1, pp. 128 et seq; Mommsen, Rmisches Strafrecht, p. 1043, para. E 11. In any event, the above-mentioned approach concerning suicide begs the question in the present case and is quite irrelevant, because one is here concerned not with the mind of the person who has committed suicide, but rather with the mind of the accused who aided and abetted that person to commit suicide. See Robinson's case, supra at p. 678; De F Wet & Swanepoel, supra at p. 82; Tydskrif vir H.R.H. Reg, (1963) vol. 26, pp. 58-59; vol. 32, pp. 188, 191-192. The accused's purpose in handing a loaded rifle to his wife was to enable her to pull the trigger, and the pulling of the trigger was in turn the means whereby her death was to be caused. Rex v Peverett, supra at p. 218. See too R v Loubser, 1953 (2) P.H. H190; R v Du Plessis, 1960 (2) SA 642; R. G v Motomane, 1961 (4) SA 569; Tydskrif vir H.R.H. Reg, vol. 26, pp. 58-59; vol. 32, pp. 188, 191-192. This view is in accordance with English Law. Russell on Crime, 12th ed., vol. 1, p. 146; Kenny, Outlines of Criminal Law, 18th ed., pp. 174-5. It is also in accordance with American Law. Commonwealth v Bowen, (1816) 13 Massachusetts 356.
H J. J. F. Hefer, namens die beskuldigde: S v Gordon, 1962 (4) SA 729, is beslis op die basis (i) dat die beskuldigde nie as medepligtige skuldig was nie aangesien selfmoord nie 'n misdaad is nie, en (ii) dat die beskuldigde as selfstandige dader ook nie skuldig was nie aangesien dit nie sy handeling was nie maar die vrywillige en onafhanklike optrede van die oorledene, wat haar dood veroorsaak het. Die eerste basis, nl. die moontlike aanspreeklikheid gegrond op medepligtigheid, is 'n regsvraag wat tans ooreenkomstig art. 385 van Wet 56

1970 (2) SA p357

van 1955 beslis kan word en dit word aangevoer dat beide beslissings in hierdie opsig korrek is. (a) Romeinsregtelik was selfmoord nie as misdaad beskou nie. Dig. XV. 1.9.7; Voet Com. ad. Pan, IX. 2.11; XLVIII. 21.1; Moorman: 2.11.1. (b) In die Nederlande is dit aanvanklik as A misdaad beskou en is die lyk gestraf, hoofsaaklik op grond daarvan dat selfmoord strydig met die Goddelik wet is en dat geen mens meester van sy eie liggaam is nie. Moorman, supra; Matthaeus, Prol. 3.3. en 4; 48.5.1.9. en 10; Huber, Hed. Rechtsgel, VI. XIII, 47; Voet, XLVIII, 21.2; De Groot, Inleiding 2.1.4; Damhouder, LXXXI; Van der Linden, B Institutes, 2.5.14; Carpzovius, I. 14.17.18, 22, 23, 24. Hierdie strawwe het egter verval en van Leeuwen, Romeinse-Hedendaegse Reg, IV. XXIV.2, the dit as misdaad beskou alleen wanneer dit gepleeg is ter ontduiking van die gevolge van 'n misdaad (en in ander minder toepaslike omstandighede), en in die praktyk is dit ook so beskou. (c) In die hedendaagse Suid-Afrikaanse reg kan dit nie as misdaad beskou word nie C omdat: (i) een van die wesenlike vereistes van 'n misdaad, nl. strafbedreiging (vgl. S v Johnson, 1969 (1) SA op p. 204; De Wet & Swanepoel, 2de uitgawe, bl. 15 en skrywers aangehaal in noot 104) ontbreek. (ii) Selfs indien selfmoord, sg. as misdaad beskou is wat nie publiekregtelik strafbaar was nie (vgl. van der Linden, t.a.p.) het dit D deur onbruik verval net soos poging tot selfmoord hier te lande nie strafbaar is nie. (1908 S.A.L.J. 413; verslag ingehandig in R v Peverett, 1940 A.A. op p. 214). (d) Die posisie in Engeland, Duitsland en Holland is nie vergelykbaar nie aangesien selfmoord en aanhitsing tot en hulpverlening by selfmoord in daardie stelsels statutr gerel word. (Kenny, Outlines of Criminal Law, 18de uitg., bl. 174-5; von Liszt, E 25ste uitg., bl. 205; n.13; Wolzol, 6de uitg., bl. 234; van Hamel, 4de uitg., bl. 260; van Bemmelen en van Hattum, band II, bl. 200. (e) 'n Persoon is as aanstigter of medepligtige skuldig slegs wanneer die handeling van die 'hoofdader' 'n misdaad is. R v Bettbarn. 1930 O.P.A. op bl. 191; R v Rassool, 1924 A.A. op bl. 48-9; R v Milne & F Erleigh, 1951 (1) SA op bl. 822. Die enigste twee moontlike misdade is moord en strafbare

2 of 9

2012/05/18 09:33 AM

EX PARTE DIE MINISTER V AN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN ...

http://ipproducts.jutalaw.co.za/nxt/print.asp?NXTScript=nxt/gateway.d...

manslag. Waar beide misdade betrekking het op die veroorsaking van die dood van 'n mens, vgl. De Wet & Swanepoel, 2de uitg., bl. 46-7; van Leeuwen, supra. IV. XXXIV. 1; Moorman, 2.11.16, is die pertinente vraag wat in beide beslissings ter sprake gekom het, of G in elke geval bevind kon word dat dit die beskuldigde se optrede was wat die dood van die oorledene veroorsaak het, inaggenome die feit dat dit in elke geval sy self was wat die finale doodshandeling uitgevoer het. In beide gevalle is bevind dat dit haar eie vrywillige en selfstandige handeling was wat haar dood veroorsaak het. Word by die vraag na veroorsaking in 'n bepaalde geval op die eerste deel van die ondersoek bevind dat die bweerde gevolg inderdaad 'n gevolg was van die H handeling wat ter sprake is, moet as tweede vraag ondersoek word of die bedoelde gevolg 'n voorsienbare een was. Vgl. Kruger v Van der Merwe and Another, 1966 (2) SA op bl. 272D-E. Word dit egter bevind dat die beweerde gevolg nie 'n gevolg was nie of kan 'n bevinding in hierdie verband nie gemaak word nie, kom die tweede deel van die ondersoek nie eens ter sprake nie. (vgl. Ocean Accident & Guarantee Corporation Ltd v Koch. 1963 (4) SA op bl. 151E-G;
1970 (2) SA p358

STEYN HR bl. 152-3; bl. 157D-E; 158F e.v. en 159H). In die strafreg is die benadering dieselfde. Indien op 'n klag van moord of strafbare manslag bevind word dat die dood die gevolg was van die beskuldigde se optrede, A is die vraag verder of dit 'n voorsienbare gevolg was en, indien wel, is die beskuldigde aanspreeklik. Vgl. S v Bernardus, 1965 (3) SA 287, veral op bl. 302H tot bl. 303. Kan dit nie buite twyfel bevind word dat die beskuldigde se handeling die oorsaak van die dood was nie, kan hy alreeds nie aan moord of strafbare manslag skuldig bevind word nie en ontstaan die vraag na voorsienbaarheid nie eens nie. Vgl. S v Mbambo B and Another, 1965 (2) SA op bl. 857-8; S v Thomo and Others, 1969 (1) SA op bl. 308-400. Indien dit aanvaar word dat die optrede van die beskuldigdes mede-oorsaak van die dood was, ontstaan die regsvraag of hulle van aanspreeklikheid vrygeskeld word deur die optrede van die oorledenes as finale en C indien bevind word dat die optrede van die beslissende stap. Dit word aanvaar dat beskuldigdes samewerkend met die optrede van die oorledenes tot die dood gelei het, die beskuldigdes aanspreeklik was. Vgl. S v Thomo and Others, supra op bl. 397H. Maar dit moet dan buite twyfel vasstaan dat hulle optrede werklik mede-oorsaak was, d.w.s. dat hulle optrede ook oorsaak was. Die Staat moes die oorsaaklikheid buite twyfel bewys. S v Van As en 'n Ander , D 1967 (A) SA op bl. 602. Indien die submissie verkeerd is word aangevoer dat hulle optrede as (mede)-oorsaak bestempel kan word slegs indien bevind kan word dat daarsonder die dood nie sou gevolg het nie (sine qua non); van Hamel, bl. 194; van Rommelen & van Hattum, bl. 173. Aangaande die conditio sine qua non veroorsakings-teorie; kyk R v Makali, 1950 (1) SA op bl. 343-4.
E

Yutar, S.C., in repliek.

Cur. adv. vult Postea (Februarie 20). Judgment


F STEYN, H.R.: In die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling is Grotjohn vrygespreek op 'n aanklag van moord op sy eggenote. Die oorkonde van die getuienis is nie aan hierdie Hof voorgel nie, maar luidens die uitspraak moet aanvaar word dat die oorledene selfmoord gepleeg het. Die G omstandighede was in kort die volgende: Die oorledene was gedeeltelik verlam en 'n manies depressiewe persoon. Haar huwelikslewe met Grotjohn het 'n uiters ongelukkige en gespanne stadium bereik en was naby breekpunt. Sy het hom huweliksregte weerhou, en kort voor die voorval het hy 'n intieme verhouding aangeknoop met 'n weduwee met wie hy dan H ook na die oorledene se dood getroud is. Op die betrokke dag was sy geweer, waarvan die kolf net agter die sneller afgebreek was, by 'n vriend, en op aandrang van die oorledene het hy dit laat haal. In haar teenwoordigheid het hy die geweer uitmekaar gehaal om vas te stel of die twee stukke aan mekaar vasgelym kon word. Om dit te doen, moes hy die snellerbeuel verwyder. As gevolg daarvan was die sneller na buite onbedek. Die oorledene het hom geblameer daarvoor dat die geweer stukkend is en wou weet of dit in daardie toestand nog kon skiet. Om aan haar te toon dat dit wel kon, het hy vanaf 'n balkon 'n skoot in die grond afgevuur. Daarna het 'n rusie oor die

1970 (2) SA p359

3 of 9

2012/05/18 09:33 AM

EX PARTE DIE MINISTER V AN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN ...

http://ipproducts.jutalaw.co.za/nxt/print.asp?NXTScript=nxt/gateway.d...

STEYN HR weduwee ontstaan, in die loop waarvan die oorledene woedend kwaad geword het en ges het dat sy haarself gaan skiet. Grotjohn het toe 'n patroon elders in die woonstel gaan haal, die geweer in haar teenwoordigheid gelaai, terwyl sy op 'n lae rusbank gesit het, en dit aan haar oorhandig met die woorde:
A

'Skiet jouself dan as jy wil want jy is 'n las.'

Sy het die geweer met die een hand geneem, tussen haar voete op die vloer geplaas, ges: 'Ek sal,' haar gesig so gedraai dat die loop na haar regteroog gewys het, en met die voet op die ontblote sneller getrap. Sy was feitlik onmiddellik dood. Die Verhoorhof het S v Gordon, 1962 (4) SA 727 (N), gevolg en Grotjohn onskuldig bevind. Die motivering blyk uit die volgende opmerkings:
B

'Die beskuldigde is normaalweg alleen aanspreeklik vir sy eie handelinge en nie vir die handelinge van iemand anders nie. In die onderhawige geval was dit nie sy handeling om die gelaaide geweer aan die oorledene te oorhandig wat haar dood veroorsaak het nie, maar haar eie C selfstandige en vrywillige handeling om die geweer af te vuur . . . Waar selfmoord bowedien nie 'n misdaad in ons reg is nie, kan aansetting of aansporing tot selfmoord ook nie 'n misdaad wees nie omdat die wederregtelikheidselement ontbreek.'

Na aanleiding van hierdie uitspraak en die Gordon-saak, het die Minister ingevolge art. 385 van die Strafproseswet, 56 van 1955, die volgende vrae aan hierdie Hof vir beslissing voorgel:
D

'1.

Pleeg 'n persoon wat 'n ander aanmoedig, help of in staat stel om hom- of haarself om die lewe te bring, 'n misdaad?

2.

Indien wel, welke misdaad?'

Om op hierdie vrae te kan antwoord, is dit nodig om allereers te bepaal of selfmoord 'n misdaad is. In die Romeinse reg skyn dit as sodanig nie E strafbaar te gewees het nie. Met verwysing selfs na 'n slaaf wat homself gewond of omgebring het, word in Dig., 15.1.9.7, ges dat dit hom vrystaan om sy eie liggaam geweld aan te doen. 'n Slaaf word volgens Dig., 29.5.1.22, gestraf as hy, terwyl hy in staat is om dit te doen, nie verhinder dat sy heer selfmoord pleeg nie, maar dit is nie uit F hoofde van aandadigheid aan sy heer se misdaad nie, maar uit ander oorwegings. Hy is nl. ook strafbaar as hy nie iemand anders verhinder om sy heer om die lewe te bring nie. Selfmoord was egter nie sonder regsgevolge nie. Iemand wat, terwyl hy aangekla staan van 'n misdaad waarop die doodstraf of verbanning sou volg, uit vrees vir die aanklag selfmoord pleeg, het geen erfgenaam nie. Sy goed word gekonfiskeer, nie G omdat die daad misdadig is nie, maar omdat so 'n geval behandel is asof die dader deur sy daad skuld op die aanklag beken het. Konfiskasie word dan ook beperk tot die geval waar die dader by 'n misdaad van so 'n aard betrokke was dat hy sy goed by skuldigbevinding sou verloor. Pleeg iemand selfmoord uit lewensmoegheid, omdat hy sy lyding nie kan dra nie, H uit skaamte vir sy skuld of om 'n ander oorsaak, dan het hy wel 'n erfgenaam. Slaan hy egter sonder so 'n rede sy hand aan sy lewe sonder om die daad te voltrek, dan is hy strafbaar, want, so word ges, hy wat homself nie ontsien nie, sal 'n ander nog veel minder ontsien. Of dit ook van toepassing is op 'n aangeklaagde wat handel uit vrees onder die reeds genoemde omstandighede, is nie duidelik nie. (Dig., 21.1.43.4; 29.5.1.23; 48.21.3; 49.14.45.2). Vir 'n soldaat geld 'n spesiale reling. Indien hy homself verwond of op ander wyse die dood op die hals probeer haal, dan word hy, vir die geval dat hy uit
1970 (2) SA p360

STEYN HR ondraaglike pyn of smart, lewensmoegheid, krankheid, raserny of skaamte die dood verkies het, nie gestraf nie maar met skande ontslaan. By ontstentenis van so 'n verskoning, word hy met die dood gestraf. (Dig., A 49.16.6.7). Uit die gevalle van onvoltooide selfmoord, of van versuim om selfmoord te verhinder, wat onder strafbedreiging gestaan het, blyk dit, ook met die oog op wat oor ander gevalle ges word, nie dat die straf daardeur te verklaar is dat selfmoord as sodanig as 'n misdaad beskou is nie. Die motivering of onderliggende rede toon geen duidelike verband met so 'n misdaad nie.
B Die voorskrifte van die Romeinse reg het in sommige opsigte by ons ou skrywers naklank gevind, maar selfmoord is in 'n veel ernstiger lig beskou. Matthaeus, De Criminibus, 48.5.1.10 en 11, wys daarop dat die Romeinsregtelike benadering onder invloed van die stosynse wysbegeerte gestaan het en in stryd is met die Christelike lewensbeskouing. Hy C verwerp alle verskonings vir selfmoord. Wie ook al, ditsy uit bewustheid van 'n gruweldaad, weerspannigheid teen die Skepper of dergelike oorsaak, met bedagte goddeloosheid en opsetlik

4 of 9

2012/05/18 09:33 AM

EX PARTE DIE MINISTER V AN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN ...

http://ipproducts.jutalaw.co.za/nxt/print.asp?NXTScript=nxt/gateway.d...

sy hand aan homself slaan, hy moet, so meen Matthaeus, met die swaard gestraf word. Word hy egter deur skielike smart of pyn of skaamte sonder voorbedagtheid tot D die skanddaad gedryf, moet hy sagter gestraf word. Kom hy te sterwe voordat hy gestraf kan word, moet hy op 'n horde gesleep of sy lyk 'n ander smaad aangedoen word, sodat ander deur die skande van sy gebeente van so 'n bose daad afgeskrik word. Hy loof die gewoonte van sy tyd om die lyk aan 'n mik te hang en later onder die galg te begrawe. Om nie te straf nie of lig te straf, sou lyk na uitnodiging tot selfmoord.
E Damhouder, Practycke in Criminele Saken, Cap. 88, verwys ook na die gewoonte om die lyk smaad aan te doen, om welke rede ook al die selfmoord gepleeg is, en noem in dieselfde verband ook die verbeuring van die oorledene se goed. Hy s verder:

'So wie hem selven quetst met quaden wille, propooste, ofte uit disperatie, die is te punieren, als oft hy eenen anderen gequetst hadde: F Want naer rechte niemandt meester en is van syn selfs leden ende lichaem: Want die hem selven niet en heeft kunnen sparen ende wachten, veel min soude hy eenen anderen hebben konnen sparen, ende die hem selven quaedt ende hinderlyck is, hy sal een ander veel quader, erger, ende hinderlycker zyn.'

Wat die straf op onvoltooide selfmoord betref, s hy dat sommige meen G dat dit die doodstraf moet wees, terwyl ander 'n mindere straf voorstaan. Die testament van 'n selfmoordenaar is van nul en gener waarde. Van Leeuwen, Rooms-Hollands-Regt, 4.34.12, stel die perke van strafbaarheid veel enger. Volgens hom is selfmoord nie strafbaar nie H tensy dit blyk dat dit met opset, uit boosheid begaan is, na 'n begane misdaad, uit gewetenswroeging en om die straf te ontgaan. Van die aard van die begane misdaad gee hy egter geen beperkende omskrywing soos in die Romeinse reg te vind is nie. Die straf is verbeurdverklaring van die oorledene se goed en die vernedering van sy lyk. Diegene wat hulself 'te kort doen' sonder voorgaande misdaad, alleen uit mistroostigheid en wanhoop, is nie strafbaar nie. Oor poging tot selfmoord spreek hy hom nie uit nie. Huber, Heedendaegse Rechts-Geleertheyt, 3.13.47, s slegs:
1970 (2) SA p361

STEYN HR
'Lieden die haer self om den hals hebben gebracht, als sy niet buiten hare zinnen geweest zyn, worden gemeinelyk onder de galge begraven, of om reeden, heimelyk onder gezet.'

Voet, 9.2.11, verwys na die reeds genoemde opmerking in Dig., 15.1.9.7, A en voeg by dat dit nie bewys dat iedereen eiendomsreg op sy ledemate het nie. In 48.21 handel hy meer bepaald met selfmoord. Net soos Matthaeus verwerp hy die Romeinsregtelike konsekwensies van die stosynse wysbegeerte, en stem ook saam met hom dat iemand wat sy hand aan homself slaan weens 'n skuldige gewete, met die swaard gestraf moet word of minstens met 'n streng buitengewone straf. Ter motivering noem B hy die rede in Dig., 48.21.3, vermeld, nl. dat as hy homself nie ontsien nie, hy 'n ander nog veel minder sal ontsien. Iemand, egter, wat homself om die lewe probeer bring het uit lewensmoegheid, skaamte of onvermo om pyn te verduur, word nie die gewone straf opgel nie. By 'n voltooide selfmoord vind verbeurdverklaring van die oorledene se goed C ook nie plaas nie, tensy die daad gepleeg is uit skuldige gewete ter oorsake van 'n ten laste gelegde misdaad wat verbeurdverklaring sou meebring. Indien die erfgename egter onskuld aan die misdaad bewys, kan hulle die goed behou. Hoewel hy ontering van die lyk, behalwe waar die selfmoord aan geesteskrankheid te wyte is, nie afkeur nie, vermeld hy dat die oorledene in Holland en Zeeland nie 'n eerbare begrafnis onts word nie.
D Carpzovius, Practica Rerum Criminalium, 2.13 et seq., beskou die verkorting van eie lewe, uit welke oorsaak ook, as 'n verfoeilike misdaad. Wat straf betref, onderskei hy tussen voltooide en onvoltooide selfmoord. Wat eersgenoemde betref, word aan die oorledene, behalwe waar E hy uit raserny, droefgeestigheid of ander geestelike onmag gehandel het, die gewone ter-aarde-bestelling geweier en ontvang die lyk, enkel om ander af te skrik, 'n behandeling wat 'n hondebegrafnis genoem word. Van verbeurdverklaring van goed maak hy geen melding nie. Wat laasgenoemde betref, word die dader nie gestraf nie as hy uit F lewensverdriet, onduldbare pyn, wanhoop, raserny of dergelike oorsaak gehandel het. In ander gevalle word hy volgens sommige met die dood gestraf, volgens ander, by wie die skrywer hom skaar, met 'n ligter straf.

Volgens Moorman, Verhandelinge over de Misdaden, 2.11.2, is die vroere gebruik van ontering van die lyk en konfiskasie van die goed van 'n G selfmoordenaar in sy tyd meesal nie gevolg nie. (Vgl. Schorer, Op de Groot, 2.1.44 n.33 i.f.). Alle verbeurdverklarings van goed ingevolge

5 of 9

2012/05/18 09:33 AM

EX PARTE DIE MINISTER V AN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN ...

http://ipproducts.jutalaw.co.za/nxt/print.asp?NXTScript=nxt/gateway.d...

misdaad is trouens in 1732 deur die State van Holland afgeskaf. (Schorer, o.c., 3.32.14 n.34). Moorman wys egter daarop (2.11.4 en 5) dat niemand meester van sy lewe of selfs van die ledemate van sy liggaam H is nie, en noem 'n geval waar iemand wat sy seer toon afgekap het, 'n geldboete opgeloop het. Daaruit is af te lei dat hy 'n verwonding by 'n onvoltooide selfmoord wel as strafbaar sou beskou het. Van der Linden, in sy Supplementum op Voet, 9.2.11., verwerp, soos Voet in die latere passasie (48.21.) die stosynse benadering van die Romeinse reg. Hy maak die stelling dat selfmoord ongeoorloof (illicita) is en slegs in sommige gevalle verontskuldig kan word. Hiervoor voer hy 'n aantal redes aan van godsdienstige en sedelike aard, en noem 'n reeks uitsonderingsgevalle, sommige waarvan, soos di van
1970 (2) SA p362

STEYN HR soldate en ander wat hulle in die loop van hul diens aan lewensgevaar blootstel, nouliks as selfmoord beskou kan word. Sekere ander gevalle beskryf hy as twyfelagtig. Die duidelike uitsonderings val in 'n beperkte bestek: diegene met 'n stellige verwagting van die dood as A gevolg van ondraaglike marteling; persone wat hul skip en hulself tesame met die vyand tot redding van die vaderland vernietig; en waansinniges. Hy noem egter geen straf nie en verwys na die ontering van die lyk en die ontsegging van erfgename, d.w.s. konfiskasie van goed, asof dit tot die verlede behoort. In sy latere Koopmans Handboek, 2.5.14, s hy die volgende:
B

'Schoon de zelfsmoord ongetwyffeld eene ongeoorloofde daad is, behoort zy egter niet onder de misdaaden, die met openbare straffe gewroken worden. Volgens de zeer oude gebruiken van dit land werden de lyken der zelfsmoorders op eene horde gesleept, gehangen in een mik, en hunne goederen verbeurd verklaard; doch deeze gewoonte is reeds voor zeer lang in onbruik geraakt. Alleenlyk worden zy in stilte, zonder statie, ter aarde besteld.'

C Van der Keessel, Praelectiones op De Groot, 2.1.44, verwys na die voormalige gewoontereg van Holland waarvolgens selfmoord met voorbedagte rade gepleeg, 'n delictum was, bestraf met verbeurdverklaring van goed en deur die lyk smaad aan te doen. In sy tyd, s hy, vind dit nouliks nog algemene toepassing. Verbeurdverklaring is nl. in Holland geheel en D al afgeskaf en van smaad wat die lyk aangedoen is, sonder dat dit vasstaan dat die selfmoord met bewustheid van 'n gruweldaad gepleeg is, is daar in Holland geen voorbeelde nie. Hy voeg egter by dat dit nie te ontken is nie dat die openbare belang tog enigsins vereis dat so 'n groot skanddaad nie heeltemal straffeloos gepleeg behoort te word nie. Hierdie laaste opmerking skyn niks aan die geldende reg toe te voeg nie, E en die skrywer laat ook nie blyk welke vorm van straf in die plek moet kom van di wat verval het nie.

Uit die voorgaande beperkte oorsig blyk dit voldoende dat in ons gemenereg gaandeweg 'n meer toegeeflike houding teenoor die selfmoordenaar ingeneem is. Hoewel selfmoord, aanvanklik altans, as misdaad bestempel en deurgaans as ongeoorloof beskou is, moes die F vanselfsprekende onmoontlikheid van straftoemeting aan die dader by 'n voltooide daad, onvermydelik met verloop van tyd 'n uitwerking gehad het. Konfiskasie van goed of ontsegging van erfgename het, uit die aard daarvan, onskuldiges getref, en is eerste afgeskaf, nadat dit beperk G geword het, soos in die Romeinse reg, tot selfmoord uit wroeging oor 'n ten laste gelegde misdaad wat verbeurdverklaring sou meebring, met die voorbehoud egter dat erfgename verbeurdverklaring kon verhinder deur bewys dat die oorledene onskuldig is aan die misdaad. Ook ontering van die lyk, wat hoogstens as afskrikmiddel kon dien, het in onbruik geraak H en het in van der Keessel se tyd in Holland slegs nog by geleentheid plaasgevind by selfmoord met skuldige bewustheid van 'n ernstige misdaad. Dit kan aanvaar word, meen ek, dat die ontwikkeling daarop uitgeloop het dat selfmoord, soos van der Linden beweer, nie meer onder strafbare misdade gereken is nie. Wat onvoltooide selfmoord betref, was dit volgens Matthaeus, Damhouder, Voet en Carpzovius wel strafbaar. Uit wat Damhouder s is dit egter nie duidelik of dit beperk moet word tot verwonding of skending van die liggaam nie. Volgens Carpzovius word die soort pogings wat wel die meeste sou voorkom, nl. die uit lewensverdriet, onduldbare pyn, wanhoop, raserny en dergelike
1970 (2) SA p363

STEYN HR oorsaak, hier uitgesluit. Decker, in sy Aantekening op van Leeuwen, t.a.p., hoewel hy toegee dat dit nie 'n uitgemaakte saak is nie dat poging tot selfmoord om die gevolge van 'n misdaad te vermy, self 'n strafbare misdaad is, meen dat dit wel een behoort te wees, omdat voltooide

6 of 9

2012/05/18 09:33 AM

EX PARTE DIE MINISTER V AN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN ...

http://ipproducts.jutalaw.co.za/nxt/print.asp?NXTScript=nxt/gateway.d...

selfmoord een is. Hy noem slegs hierdie een kategorie. Die A voorbeeld van die afgekapte toon wat Moorman ophaal, het met selfmoord niks te maak nie. Die rede vir strafbaarheid wat meermale genoem word, nl. dat niemand meester van sy liggaam en liggamsdele is nie, sou bestaanbaar wees met 'n selfstandige misdryf wat gepleeg sou word ook waar die verwonding of skending nie op selfmoord gerig is nie. Van Leeuwen, van der Linden en van der Keessel maak geen melding van poging B tot selfmoord nie. Hierdie ontwikkeling het hier te lande die afloop gehad wat verwag kon word. Ng verbeurdverklaring van goed ng ontering van die lyk het hier bly voortleef, en dit is gemene saak dat daar, afgesien van die enkele C geval in 1781 genoem in R v Peverett, 1940 AD 213 op bl. 214, i.f., sover bekend, nooit 'n vervolging vir poging tot selfmoord ingestel is nie. Indien so 'n poging volgens die latere Romeins-Hollandse reg nog in bepaalde omstandighede 'n misdaad was, dan het dit hier heeltemal in onbruik geraak. Dit wil dus blyk dat, hoewel die vraag in die D Peverett-saak oopgelaat is, ten regte in die Gordon-saak, supra, en in die onderhawige geval bevind is dat selfmoord geen misdaad is nie. Uit die omstandigheid dat ng selfmoord ng poging tot selfmoord 'n misdaad is, volg dit egter nie dat die antwoord op die eerste gestelde vraag ontkennend moet wees nie. Die persoon wat 'n ander aanmoedig, help of in staat stel om homself om die lewe te bring, is besig, nie met sy E eie lewe of liggaam nie, maar met di van 'n ander, en of hy 'n misdaad pleeg, moet beoordeel word volgens die desbetreffende beginsels van ons strafreg. In die Gordon-saak en in die onderhawige is die beskuldigdes vrygespreek op grond daarvan dat die onderskeie handelings wat die dood veroorsaak het, die oorledenes se vrywillige en 'selfstandige' F handelinge was. In elkeen van hierdie gevalle het die optrede van die beskuldigde - in die een geval die aangaan van 'n selfmoord-ooreenkoms en die verkryging en oorhandiging van die tablette, en in die ander geval die laai van die geweer en die oorhandiging daarvan met die gepaardgaande opmerking - 'n plek gehad in die gebeure wat met die dood van die oorledene ten einde geloop het. Die Hof het blykbaar egter van G die standpunt uitgegaan dat die laaste handeling van die oorledene 'n vrywillige en 'selfstandige' handeling was wat as later toetredende oorsaak die kousaliteit van die voorafgaande gebeure, vir sover die beskuldigde se optrede daarby betrek kon word, deurslaggewend onderbreek het. Op die juistheid van die bevindings in die besondere omstandighede H van hierdie gevalle, hoef ek nie in te gaan nie. Dit val nie binne die bestek van die vrae wat voorgel is nie, en die oorkondes is in elk geval nie voor hierdie Hof nie. Ek sou egter nie 'n algemene stelling dat die laaste 'vrywillige en selfstandige' handeling van die selfmoordenaar altyd op vryspraak van die beskuldigde moet uitloop, sonder voorbehoud ten aansien van die selfstandigheid van die handeling wil onderskryf nie. Dit val nl. nie te betwyfel nie dat 'n ander se handeling wat die onmiddellike oorsaak van 'n gevolg is, nie noodwendig die oorsaaklikheid
1970 (2) SA p364

STEYN HR van 'n dader se optrede of gedrag onderbreek of uitskakel nie. Om di uitwerking te h, sou dit 'n volkome onafhanklike handeling moet wees, in die sin van een wat heeltemal losstaan van en geen verband hou nie A met die optrede of gedrag van die dader; en dit sou nie die geval wees nie waar di optrede of gedrag juis die aanleidende oorsaak van die handeling is, al is die handeling in sigself 'n onskuldige. Matthaeus, De Criminibus, 48.5.1, noem, bv., as sicarii onder meer iemand wat dolo malo valse getuienis afl sodat die beskuldigde weens 'n halsmisdaad B veroordeel moet word, en ook 'n magistraat wat wetens 'n onskuldige tot die dood veroordeel. Uit hierdie voorbeelde is af te lei dat die feit dat die laksman se wettige daad die onmiddellike oorsaak van die dood is, niks afdoen aan die oorsaaklikheid of wederregtelikheid van die getuie of die magistraat se optrede nie. Waar die ander se handeling, soos in hierdie voorbeelde, 'n berekende deel is van die oorsaaklikheidsreeks wat die dader aan die gang gesit het, 'n C gebeurlikheid wat hy voorsien as 'n moontlikheid en wil aanwend om sy doel te bereik, of as iets waarop hy staat kan maak om die beoogde gevolg teweeg te bring, sou opset ook nie ontbreek nie, en sou dit strydig met erkende regsbeginsels en met alle regsgevoel wees om hom agter die ander se handeling as later toetredende oorsaak te laat skuil. D Dat dit nie 'n misdadige handeling is nie, kan hieraan geen verskil maak nie. So ook, meen ek, l dit by selfmoord voor die hand dat die oorledene se laaste handeling, hoewel dit 'n eie, selfstandige handeling mag wees en die onmiddellike oorsaak van die dood, nie noodwendig 'n volkome onafhanklike handeling in bogenoemde sin hoef te wees nie, en dat die nie-misdadigheid daarvan weining ter sake is by die vraag na die E oorsaaklikheid van die optrede of gedrag van

7 of 9

2012/05/18 09:33 AM

EX PARTE DIE MINISTER V AN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN ...

http://ipproducts.jutalaw.co.za/nxt/print.asp?NXTScript=nxt/gateway.d...

die persoon wat die selfmoordenaar aanmoedig, help of in staat stel om selfmoord te pleeg. Dit is geredelik denkbaar dat bedoelde optrede of gedrag 'n onmiddellik aanleidende oorsaak vir die laaste daad kan wees. Iemand, bv., wat 'n ander die middel in die hand gee waarmee hy 'n daad wil pleeg, dra by F tot die daad en sy gevolg, en die aanwending van die middels met die gevolg daarvan sou tereg as die direkte uitvloeisel van die oorhandiging beskou kan word. Die gevolgtrekking kan kwalik vermy word dat hy wat die gesogte of nodige middel vir 'n voorgenome selfmoord verskaf, 'n oorsaaklike deel daaraan het as dit uitgevoer word; en as hy dit willens G en wetens doen met die vereiste opset dat 'n end gemaak word aan die lewe van die persoon wat selfmoord wil pleeg, dan is hy skuldig aan moord, al geskied die laaste daad deur die nie-misdadige hand van die selfmoordenaar, want dan is hy wederregtelik en opsetlik aandadig daaraan dat 'n ander se lewe beindig is. Word die daad nie voltooi nie, H kan hy insgelyks skuldig wees aan poging tot moord. Vir hierdie sienswyse is bevestiging te vind in die Peverett-saak, supra. Die appellant in daardie saak was skuldig bevind aan poging tot moord. Hy en 'n getroude vrou het op mekaar verlief geraak. Laasgenoemde was diep ongelukkig en teneergedruk, en wou 'n einde aan haar lewe maak. Dit het op 'n selfmoord-ooreenkoms met die appellant uitgeloop. Ter uitvoering daarvan is die bekende prosedure met gas uit 'n motorvoertuig se uitlaatpyp gevolg. Hulle is bewusteloos in die voertuig gevind en het albei herstel. Namens Peverett is onder meer aangevoer dat hy nie strafregtelik
1970 (2) SA p365

STEYN HR verantwoordelik is vir wat plaasgevind het nie, omdat die vrou te alle tye 'n 'perfectly free agent' was, in staat om die deure en vensters van die voertuig oop te maak, of om uit te klim of die motor af te skakel, en onder geen dwang was om die giftige gas in te asem nie. Dit sou A daarop neerkom dat haar eie vrywillige versuim om, nadat Peverett die motor aangeskakel het, een van hierdie stappe te doen, of haar eie vrywillige inaseming van die gas, haar in laaste instansie aan die dood blootgestel het. In hierdie verband word in die uitspraak (bl. 218) daarop gewys dat die gas deur Peverett in die voertuig ingelaat is om albei in staat te stel om dit in te asem en dat die inaseming op sy B beurt die middel was waardeur die dood veroorsaak moes word. Daarop volg dan:
'He is therefore responsible in law for the result of these actions, viz. the unconsciousness and illness of Mrs. Saunders which very nearly ended in her death. The fact that Mrs. Saunders was free to breathe the poisonous gas or not, as she pleased, cannot free the accused from criminal responsibility for her unconsciousness and illness, because she C had told him of her suicidal purpose and he knew that in the course of events contemplated by him she would remain passive and would breathe the poisonous gas and die. His acts, therefore, were a means to that end and so closely connected with it as to be more than mere acts of preparation for that end.'

Anders gestel, sou, wat kousaliteit betref, ges kan word dat Peverett D deur sy dade aan mev. Saunders die middel tot selfmoord verskaf het, om te gebruik as sy wil, en dat hy daardeur oorsaaklik bygedra het tot die gevolge van die vrywillige aanwending van die middel. Wat die opset betref, kom die Hof (bl. 219) tot die gevolgtrekking dat:
'In the present case it is clear that the accused contemplated and expected that as a consequence of his acts Mrs. Saunders would breathe the poisoned gas and die. In the eye of the law, therefore, he intended to kill her, however little he may have desired her death.'
E Dit spreek vanself dat die beskuldigde, indien mev. Saunders gesterf het, volgens hierdie bevindings aan moord skuldig sou gewees het, ten spyte van haar eie vrywillige doen of late tot op die laaste.

Met betrekking tot aanmoediging en hulp, geld ooreenstemmende oorwegings. Ook die aanmoediger of helper sou, na gelang van die F omstandighede van die besondere geval, aan moord of poging tot moord skuldig kan wees. By die gevalle onder oorweging kan ook die moontlikheid van strafbare manslag nie uitgesluit word nie. Ook dit sal natuurlik volgens die toepaslike regsbeginsels beoordeel moet word. (Vgl. S v Motau, 1968 (4) SA 670 (AA).
G Soos sal blyk uit die voorgaande, is die antwoorde op die gestelde vrae in die toepaslike beginsels van ons strafreg te vind. Die eerste vraag kan nie met 'n eenvoudige 'ja' of 'nee' beantwoord word nie. Of 'n persoon wat 'n ander aanmoedig, help of in staat stel om selfmoord te H pleeg, 'n misdaad begaan, sal afhang van die feite van die besondere geval. Met die oog op die gewysdes wat aanleiding tot die vrae gegee het, is dit egter nodig om op die voorgrond te stel dat die blote feit dat die laaste handeling die selfmoordenaar se eie, vrywillige,

8 of 9

2012/05/18 09:33 AM

EX PARTE DIE MINISTER V AN JUSTISIE: IN RE S v GROTJOHN ...

http://ipproducts.jutalaw.co.za/nxt/print.asp?NXTScript=nxt/gateway.d...

nie-misdadige handeling is, nie sonder meer meebring dat bedoelde persoon aan geen misdaad skuldig kan wees nie. Die antwoord op die tweede vraag hang eweseer van die feitlike omstandighede af. Na gelang daarvan kan die misdaad moord, poging tot moord of strafbare manslag wees.
1970 (2) SA p366

RUMPFF AR OGILVIE THOMPSON, A.R., JANSEN, A.R., en RABIE, WN.-A.R., het met STEYN, H.R., saamgestem. RUMPFF, A.R.: In die deel van sy uitspraak oor die vraag of selfmoord en poging tot selfmoord strafregtelike oortredings is, verwys die geleerde HOOFREGTER na aanhalings uit die Romeinse reg en na 'n aantal skrywers oor die Romeins-Hollandse reg.
A

Dit skyn duidelik te wees dat selfs in die antieke wreld die selfmoord as 'n sedelike vergryp teen die natuur beskou is. Dit is 'n handeling B in stryd met die plig tot selfontwikkeling of selfvolmaking. Waar daar 'n besef was dat die indiwidu nie uitsluitend aan homself behoort het nie, maar ook aan die gemeenskap, is dit ook aangevoer dat selfmoord 'n vergryp aan die medemens is teenoor wie daar pligte bestaan. Geoorloofde selfmoord is dikwels gevind by, bv., 'n walging van die lewe C (taedium vitae) en siekte. Die Christelike opvatting dat die mens aan God behoort is voorheen reeds weerspiel in die gedagte van Sokrates dat die gode die versorgers van die mens is en dat die mense die eiendom van die gode is. Volgens die Christelike geloof is selfmoord 'n vergryp wat tuishoort onder die gebod: jy mag nie doodslaan nie. Hieruit volg egter nie noodwendig dat selfmoord of poging daartoe as 'n strafbare feit in D die reg beskou moet word nie. Hoewel die Tien Gebooie as 'n soort grondwet vir die destydse nuwe nasie van Israel gesien kan word, beskou die Christendom die Tien Gebooie in 'n geestelike sin en as religieus-sedelike norme vir alle mense. Al word die oortreding van sommige gebooie soos, bv., doodslag en diefstal in die algemeen ook as E strafbare feite beskou, kan in elk geval, wens hul aard, al die Tien Gebooie nie tot strafbare feite in die reg lei nie. Hoewel van die ou skrywers selfmoord of poging daartoe vanuit 'n juridiese oogpunt as misdryf beskou het, en hoewel daar in ons land dikwels getemperde naklanke was van die ontering van die lyk van die selfmoordenaar (bv. deur die lyk in 'n aparte kerkhoffie te begrawe) F stem ek saam, om die redes genoem in die bedoelde uitspraak, dat in ons gemene reg vadag selfmoord of poging daartoe nie 'n strafbare feit is nie. Om die redes gegee in bedoelde uispraak, stem ek ook saam met die beantwoording van die gestelde vrae deur die geleerde HOOFREGTER.
G

JANSEN, A.R., het met RUMPFF, A.R., saamgestem.

2005 Juta and Company, Ltd.

9 of 9

2012/05/18 09:33 AM