Anda di halaman 1dari 15

Tiener-blues

deur Louise van Niekerk

Tiener Na watter ouderdomsgroep verwys die woord tiener? blues Die woord impliseer hartseer lied wat gesing word. Die woord sinspeel ook op n depressiewe gemoedstoestand.

O, die kat knyp in die nag (alliterasie) (Knyp die kat in die donker doen kwaad) ja, die kat knyp in die nag (herhaling!) van bietjie gevra kom groot verwag! (woordspeling = verwag = pregnant) (Indien jy skelm iets seksueels aanvang, kan daar gevolge wees.) Dink byvoorbeeld aan n onbeplande swangerskap.

Die soet gedeelde ure (Die tyd wat verliefdes saam spandeer is aangenaam.) o, die soet gedeelde ure. (Herhaling die verliefdes spandeer baie tyd saam.) Hokaai nou, kind, hoor hoe skinder die bure! (Spreker waarsku die meisie bure praat oor die meisie se verhouding. Die meisie se reputasie is op die spel. Dit is nogal ironies hoe veral meisies gestereotipeer word. Seuns mag maar doen wat hul wil, maar indien n meisie baie tyd saam met n seun spandeer, is sy losbandig.)

Die hart is gebreek (Die meisie se hart word gebreek. Die seun beendig hul verhouding. Hy het haar misbruik.) ja, die hart is gebreek. (Herhaling) Te laat kom jy agter (Die meisie was naef. Die liefde het haar figuurlik gesproke blind gemaak.) daai angel kan steek. (Die meisie besef te laat hoe hartseer n gebroke liefdesverhouding jou kan maak.) Woordspeling: angel + steek (Dink aan die blommetjies en die bye) Seksuele ondertoon

Die gezoem van die bye (Luister na Carika Keuzenkamp se lied Die gezoem van die bye. die gezoem van die bye. (Seksuele ondertoon = blommetjies en die bytjies) Te veel te vroeg(ellips => dui op die gevolge van die meisie se aksies. Sy was nie emosioneel gereed vir n verhouding of die seksuele sy daarvan nie.) en vrot is die vye! (alliterasie) Afrikaanse gesegde: Vroeg ryp vroeg vrot. (Wat impliseer bogenoemde gesegde?)

Die visse in die see (Die spreker is van mening dat die meisie nie hartgebroke hoef te wees nie. Sy sal wel weer liefde vind.) al die visse in die see. (Herhaling Waarom word die tweede versrel van strofes 1-7 herhaal?) Vir watter vis, ek vra jou mooi, (Die meisie tree direk in gesprek met die spreker. Sy sukkel om die regte besluite te neem. Die vis verwys na n ou (krel / seun). moet ek my liefde gee? (Die meisie weet nie vir wie sy haar kosbare liefde moet gee nie. Die meisie voel desperaat en gefrustreerd.)

Die nerd en die tang (Twee tipes ouens: nerd [bleeksiel] is konserwatief terwyl die tang liberaal is.) ja, die nerd en die tang (aandagstreep dui op verduideliking wat volg) Een gee my papelellekoors (Die een tipe maak haar kwaad of boos.) die ander maak my bang! (Die ander tipe laat haar angstig / bang voel.)

Die kop en die lyf (Die kop [brein] en die lyf [liggaam] stuur verskillende boodskappe. Mens dink nie altyd logies wanneer jou liggaam fisies op verliefdheid / wellus reageer nie.)(kop = nerd / lyf = tang?) o, die kop en die lyf (Herhaling) Die een is macho (Verwys na tipes mans / tienerseuns. Macho = baie manlik) die ander te verwyfd. (verwyfd = baie vroulik; verfynd of dalk homoseksueel.)

Vanaf strofe 8 praat die spreker met die meisie. Oppas, my meisie, hoe jy jou paadjie loop. (Die spreker waarsku die meisie.) n Ou wat melk verniet kan kry (Die meisie moenie haar liefde / liggaam met enige seun deel nie. n Seun wat dink dat sy losbandig is, gaan haar nie regtig lief h nie. Hy misbruik haar vir ruil vir seksuele genot.) sal selde koei wil koop. (Engelse gesegde: Why buy the milk if you can get the cow for free?) Dink na oor die betekenis hiervan!

Mans is met die maan gepla (Mans is oor die algemeen meer visueel en seksueel ingestel. Maanlig en veral volmaan word met vry (smootching) geassosieer.) met die wind en weer en see. (Die beeld word doelbewus oordryf. Ander weerelemente word betrek om mans se obsessie met die fisieke te beklemtoon.) As jy net bietjie sonskyn soek (Die meisie soek dalk net na iemand om lief te h en in ruil kry sy) sal hy jou onweer gee! (baie probleme wat die man in haar lewe teweegbring. Die woord onweer dui op die probleme.)

Jaag daai man, o jaag daai man, (Die spreker s die meisie moet versigtig wees om agter n man (tienerseun) aan te loop. maar oppas as hy stop. (As hy stop en sien sy is desperaat, gaan hy haar misbruik.) Hy sal jou hormoonkoors gee (Die seun gaan met haar gevoelens speel. Haar hormone gaan wipplank ry = baie emosies ervaar.) en smokkel met jou kop. (Wanneer n mens verlief is, sien mens nie altyd n persoon se foute raak nie.) (Smokkel met jou kop = mislei iemand.)

Die ou het my gelos (Die meisie se krel het hul verhouding beendig.) ja, die ou het my gelos. (ja beklemtoon aan die leser dat hy haar gelos het. Dit is amper asof sy dit nie kan glo nie. Spreek van ongeloof.) Goedkoop gekry, maar duur gekos. (Die seun kon haar hart / liefde maklik kry, maar in die proses het hy haar net misbruik en haar hart gebreek.)

Die gedig bestaan uit 11 strofes. 4 x tersienes (strofes 1, 2, 8, & 11) 7 x kwatryne (strofes 3, 4, 5, 6, 7, 9, 10) Let op die herhaling van die tweede versrel van die eerste 7 strofes.

Wat is die tema van die gedig? (Watter boodskap wil die spreker aan die leser oordra?) Tieners (veral meisies) raak maklik verlief. Seuns neem nie altyd verhoudings so ernstig op as meisies nie. Vir seuns gaan dit bloot (in meeste gevalle) oor die fisiese liefde teenoor die meisie wat meer emosioneel by die verhouding betrokke raak. Soms gebruik n seun die meisie en sy is te verlief om dit raak te sien.

Anda mungkin juga menyukai