Anda di halaman 1dari 64

DIE ORATORIUM UITGEWERY KERK DOKUMENTE-REEKS

ENSIKLIEK VAN POUS JOHANNES PAULUS II

Ecclesia de Eucharistia

OOR DIE VERHOUDING TUSSEN DIE EUCHARISTIE EN DIE KERK

E N S I K L I E K V A N P O U S J O H A N NE S P A U L U S I I

Ecclesia de Eucharistia
O O R D I E V E R H OU D I N G T U S S E N D I E E U C HA R I S T I E E N D I E K E R K

Aan die Biskoppe Priesters en Diakens Mans en Vroue in die Religieuse Staat En al die Christengelowiges

Eerste Afrikaanse Uitgawe November 2004 DIE ORATORIUM UITGEWERY


n Afdeling van die Kongregasie van die Oratorium van St. Filip Neri n Geregistreerde Openbare Weldaads Organisasie, Reg no. 93/0000/036 Posbus 407 / 6620 Oudtshoorn Tel: (044) 272 4259 Faks: (044) 272 6728 E-pos: dieoratorium@mweb.co.za www.oratoriosanfilippo.org/oudtshoorn

Die Oratorium Uitgewery Kerk Dokumente-reeks verwoord die geloof, leerstellings en die lewe van die Katolieke Kerk. Hierdie reeks bevat n wye spektrum Kerklike dokumente soos uitgevaardig deur die Heilige Stoel, die verskillende Romeinse Kongregasies en plaaslike Biskoppe Konferensies. Ons publikasies bevat getroue Katolieke leerstelings; spreek lewenskwessies en -waarhede aan wat op die daaglikse lewe van toepassing en van belang is. Deur ons publikasies streef ons voortdurend daarna om die volheid en rykdom van die Katolieke geloof uit te dra. Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiring, plaat of bandopname, mikro- verfilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring en ontsluiting. Finansiering en verspreiding deur DIE ORATORIUM UITGEWERY in samewerking met die AFRIKAANSE TAAL PASTORALE STREEK VAN DIE SUIDER-AFRIKAANSE KATOLIEKE BISKOPPE KONFERENSIE. Tipografie en setwerk deur DIE ORATORIUM UITGEWERY. Gedruk en gebind deur BOWLES DRUKKERS, OUDTSHOORN. ISBN 1-919962-12-3

INHOUD

Inleiding Hoofstuk 1
Die Geheimenis van die Geloof

1 9

Hoofstuk 2
Die Eucharistie bou die Kerk op

19

Hoofstuk Drie

25

Die Apostolisiteit van die Eucharistie en van die Kerk

Hoofstuk Vier
Die Eucharistie en Kerklike Eenheid

32

Hoofstuk Vyf
D i e Wa a r d i g h e i d v a n d i e Eu c h a r i s t i e Vi e r i n g

43

Hoofstuk Ses

49

In die Skool van Maria, die Vrou van die Eucharistie

Slot

53

INLEIDING
1. Die Kerk leef van die Eucharistie. Hierdie waarheid druk nie alleen n daaglikse geloofservaring uit nie, maar is ook n beknopte samevatting van die kern van die geheimenis van die Kerk. Dit is met blydskap dat die Kerk op allerlei maniere die voortdurende verwerkliking van Jesus se belofte ervaar: Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wreld. (Matt. 28:20). Maar in die Eucharistie, deur die verandering van die brood en van die wyn in die Liggaam en Bloed van die Here, geniet ons hierdie aanwesigheid van die Here met n unieke intensiteit. Sedert die Kerk, die Volk van die Nuwe Verbond, met Pinkster begin het met haar pelgrimsreis na die hemelse vaderland, het sy met vertroue haar hoop uit hierdie goddelike Sakrament geput. Die Tweede Vatikaanse Konsilie het tereg onderrig dat die Eucharistiese 1 offer die oorsprong en die hoogtepunt van die hele Christelike lewe is Want in die Heilige Eucharistie l al die geestelike besit van die Kerk vervat, naamlik Christus Self, ons Paaslam en die Lewende Brood, wat deur sy Vlees in die Heilige Gees die lewe van die opstanding en die lewewekkende lewe aan 2 mense skenk. Daarom kyk die Kerk voortdurend na die Here, wat in die Sakrament van die altaar aanwesig is; daarin ontdek die Kerk die volledige manifestasie van sy oneindige liefde. 2. Tydens die groot Jubileum van die jaar 2000, was ek bevoorreg om die Eucharistie te kon vier in die Bovertrek in Jerusalem; daar waar, volgens oorlewering, Christus Self die eerste Eucharistie gevier het. Hierdie Bovertrek is die plek waar di Heiligste Sakrament ingestel is. Daar het

1 2

Tweede Vatikaanse Konsilie, Dogmatiese Konstitusie oor die Kerk (Lumen Gentium), 11. Tweede Vatikaanse Konsilie, Dekreet oor die amp en lewe van die priesters (Presbyterorum ordinis), 5.

Christus die brood in sy hande geneem, dit gebreek en aan sy dissipels met di woorde gegee: Neem en eet almal hiervan: dit is my Ligaam, wat vir julle oorgelewer word (vgl. Matt. 26:26; Luk. 22:19; 1 Kor. 11:24). Daarna het Hy die kelk met die wyn in sy hande geneem en vir hulle ges: Neem en drink almal hieruit: dit is die beker van die nuwe en ewige Verbond, my Bloed wat vir almal uitgegiet word tot die vergifnis van sondes (Mark. 14:24; Luk. 22:20; 1 Kor. 11:25). Ek is die Here Jesus baie dankbaar dat ek juis op hierdie plek in gehoorsaamheid sy opdrag kon uitvoer: Doen dit tot My gedagtenis (Luk. 22:19), di woorde wat Hy tweeduisend jaar gelede uitgespreek het. Ons kan onsself die vraag afvra of die apostels wat aan die Laaste Avondmaal deelgeneem het die presiese betekenis van di woorde wat Christus gespreek het ten volle begryp het. Miskien nie. Die ware betekenis van di woorde sou eers duidelik word na afloop van die Triduum Sacrum, di drie gewyde dae van Christus se lyding, dood en opstanding. Hierdie dae omvat die Mysterium Paschale (die Paasgeheimenis) en ook die Mysterium Eucharisticum (die Eucharistiese Geheimenis). 3. Die Kerk kom voort uit die Paasgeheimenis. Juis daarom is die Eucharistie by uitstek di sakrament van die Paasgeheimenis en staan dit in die middelpunt van die Kerklike lewe. Dit sien n mens reeds in die eerste beeld van die Kerk wat die Handelinge van die Apostels aan ons deurgee: En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede (Hand. 2:42). Hierdie breking van die brood verwys uiteraard na die Eucharistie. Tweeduisend jaar later is ons nog steeds besig om di oorspronklike beeld van die Kerk n werklikheid te maak. En terwyl ons dit in die Eucharistie viering doen, word ons geestelik teruggevoer na die Paasgeheimenis: na di gebeure by die afskeidsmaal op die aand van Witte Donderdag en alles wat daarna plaasgevind het. Die instelling van die Eucharistie loop op sakramentele wyse die gebeurtenisse vooruit wat met Jesus se doodsangs in Getsemane begin het. Opnuut sien ons Christus soos Hy die Bovertrek verlaat, waar hulle die Laaste Avondmaal gevier het, om met sy dissipels deur die Kedronvallei te loop na die Olyfberg toe. In di tuin van Getsemane aan die voet van die Olyfberg staan daar vandag nog enkele oeroue olyfbome. Miskien was hulle selfs getuie van die gebeure wat daardie aand in die skadu van hul takke afgespeel het, toe Christus in doodsangs gebid en sy sweet bloeddruppels geword het (vgl. Luk. 22:44). Sy Bloed

wat Hy maar kort tevore in die Sakrament van die Eucharistie as verlossingsdrank aan die Kerk nagelaat het, word vanaf hierdie oomblik af uitgestort. Binnekort sou hierdie vergieting van sy Bloed tot voltooiing kom op Golgota om so n werktuig van ons Verlossing te word: Maar Christus, wat opgetree het as Hopriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil s, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en n ewige verlossing teweeggebring. (Hebr. 9:11-12). 4. Die uur van ons verlossing. Ofskoon diep beangs, vlug Jesus nie weg van sy uur af nie: Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek s? Moet Ek s: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur. (Joh. 12:27, NV). Jesus wil sy dissipels by Hom h, maar tog moes Hy eensaamheid en verlatenheid ervaar So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. (Matt. 26:40-41). Alleen Johannes sou aan die voet van die kruis oorbly, aan die sy van Maria en die ander vroom vroue. Die doodstryd in Getsemane was die inleiding tot die doodstryd aan die kruis op Goeie Vrydag. Die Heilige Uur, die uur van die verlossing van die wreld. Elke keer wanneer die Eucharistie gevier word by die graf van Jesus in Jerusalem keer n mens byna tasbaar terug na sy uur, die uur van sy Kruis en Verheerliking. Elke priester wat die Heilige Mis vier, word saam met die Christelike gemeente wat daaraan deelneem, in die gees terugelei na daardie plek en daardie uur. Hy is gekruisig, gestorwe en begrawe, en het neergedaal na die doderyk en die derde dag weer opgestaan uit die dood. Di woorde van die geloofsbelydenis weerklink die woorde van kontemplasie en verkondiging: Dit is die kruishout waaraan die Heiland van die wreld gehang het, laat ons aanbid (Ecce lignum crucis, in quo salus mundi perpendit. Venite adoremus). Hierdie is die uitnodiging wat die Kerk in die middaguur van Goeie Vrydag aan alle mense rig. Hierdie beeld word opgeneem in die Kerk se gesang tydens die Paastyd: Die Here het uit die graf opgestaan, om ons ontwil het Hy aan die kruis gehang, halleluja. (Surrexit Dominus de sepulcro qui pro nobis perpendit in ligno. Alleluia). 5. Mysterium fidei Die Geheimenis van die Geloof! Wanneer die priester hierdie woorde uitspreek of sing antwoord alle aanwesiges:

Christus het gesterwe, Christus is verrese, Christus sal weer kom. Met hierdie of soortgelyke woorde openbaar die Kerk, terwyl sy vooruit wys na Christus, ook haar eie geheimenis: Ecclesia de Eucharistia (die Kerk van die Eucharistie). Voordat die Kerk deur die gawe van die Heilige Gees die wreld in kon gaan, was die beslissende oomblik in die formasie van die Kerk die instelling van die Eucharistie in die Bovertrek. Die fondament en bron van die Kerk is die Paastriduum, maar die gebeure van hierdie drie hoogheilige dae is saamgevat, vooruitgebeeld en gekonsentreerd in die geskenk van die Eucharistie. In hierdie geskenk vertrou Christus aan sy Kerk di groot realiteit toe: dat die Kerk vir altyd die Paasgeheimenis in elke tyd n werklikheid sal maak. Met hierdie gawe veroorsaak Chrstus n misterieuse gelyktydigheid tussen die Triduum en die loop van die eeue. Die gedagte hieraan roep in ons gevoelens op van groot verbystering en dankbaarheid. In die gebeurtenis van Pase en in die Eucharistie wat die Paasgebeure deur die eeue teenwoordig maak, is daar n enorme groot vermo wat die hele geskiedenis omvat as die ontvanger van die genade van die verlossing. Elke keer as die Kerk bymekaarkom om die Eucharistie te vier moet ons vervul wees met die verbysterende wete van dit wat ons gaan doen. In die besonder moet die bedienaar van die Eucharistie hiermee vervul wees. Want dit is die bedienaar, wat deur die gesag wat aan hom gegee is in die Sakrament van Priesterwyding, die konsekrasie voltrek. Dit is hy wat s, met die mag wat tot hom kom van Christus in die Bovertrek: Dit is my Liggaam wat vir julle oorgelewer sal word...dit is die beker van my Bloed wat vir julle uitgestort sal word... Die priester s hierdie woorde, of liewer, hy stel sy stem tot beskikking van Hom wat hierdie woorde in die Bovertrek gespreek het en dit so bedoel het dat sy woorde in elke generasie herhaal sal word deur almal wat in die Kerk deur hul wyding deel het aan sy priesterskap. 6. Met di skrywe wil ek probeer om hierdie Eucharistiese verwondering opnuut aan te wakker. Hierdie ensikliek sluit aan by my Apostoliese Brief vir die Jubeljaar, Novo Millennio inuente en sy Mariale bekroning, Rosarium Virginis Mariae. Ons kontemplasie van Christus se gelaat, n kontemplasie wat ons saam met Maria doen, maak deel uit van die program wat ek aan die Kerk voorl by die aanbreek van hierdie derde millennium. Hiermee nooi ek die Kerk uit om met geesdrif uit te vaar op die see van die geskiedenis vir die nuwe evangelisasie van die mensdom. Ons kontemplasie van Christus behels die volgende: dat ons in staat sal wees om Hom te herken in al die tallose vorme van sy aanwesigheid onder ons veral in die lewende Sakrament van sy Liggaam en Bloed. Die Kerk leef

van Christus in die Eucharistie; deur Hom word die Kerk gevoed en deur Hom word sy verlig. Die Eucharistie is die geheimenis van die geloof en 3 tegelykertyd die geheimenis van die lig. Elke keer wanneer die Kerk die Eucharistie vier, kan die gelowiges in n sekere sin die ervaring van die twee dissipels op pad na Emmas opnuut beleef: Toe is hulle o geopen en hulle het Hom herken... (Luk. 24:31). 7. Vanaf die oomblik dat ek my diens begin het as Opvolger van Petrus, het ek Witte Donderdag, die dag van die Eucharistie en die dag van die priesterskap, altyd daarvoor bestem om n brief te stuur na alle priesters van die wreld. Hierdie jaar, die vyf-en-twintigste van my pontifikaat, wil ek die hele Kerk nog veel meer betrek by die kontemplasie van die Eucharistie. Dit is ook vir my n manier om die Heer te dank vir die gawes 4 van die Eucharistie en die priesterskap: Gawe en Geheimenis. Deur hierdie vyf-en-twintigste jaar van die pontifikaat aan die Heilige Rosekrans te wy wil ek ons kontemplasie van Christus in die skool van Maria aanmoedig. Daarom kan ek hierdie Witte Donderdag nie laat verbygaan sonder om stil te staan by die Eucharistiese gelaat van Christus nie. Hiermee wil ek die sentrale betekenis van die Eucharistie in die lewe van die Kerk onderstreep. Die Kerk leef werklik van die Eucharistie. Hierdie is die Lewende Brood waarmee die Kerk gevoed word. Hoe sou ek nie die behoefte kon voel om almal aan te moedig om opnuut hierdie ervaring te beleef nie? 8. Wanneer ek aan die Eucharistie dink en na my lewe as priester en as biskop en opvolger van Petrus kyk, dink ek onmiddelik aan die baie tye en plekke waar ek die Eucharistie kon vier. Ek herinner my aan die parogiekerk van Niegowi waar ek my eerste pastorale aanstelling gehad het, die kollegiale kerk van Sint Floriaan in Krakau, die Wawel Katedraal, die Sint Petrus Basiliek en die vele basilieke en kerke van Rome en in die hele wreld. Ek kon die Heilige Mis vier in kapelle langs bergpaadjies, aan die oewers van mere, aan seekuste; ek het dit gevier op

3 4

vgl. Pous Johannes Paulus II se Apostoliese Brief, Rosarium Virginis Mariae (16 Oktober 2002) 21. Dit is die titel wat ek gegee het aan n outobiografiese getuienis by geleentheid van die vyftigjarige herdenking van my priesterskap.

altare wat in stadions opgerig was, op stadspleine. Al hierdie verskillende plekke waar ek die Eucharistie gevier het, het my diep onder die indruk gebring van die universele, selfs kosmiese karakter, daarvan. Selfs wanneer die Eucharistie op die nederige altaar van n beskeie plattelandse kerkie gevier word, vind dit eintlik op die een of ander manier plaas op die altaar van die wreld. Die Eucharistie verbind hemel en aarde met mekaar. Die Eucharistie omvat en vervul die hele skepping. Die Seun van God het mens geword om deur sy lewe, lyding, dood en opstanding (die hoogste aksie van lof wat daar nog ooit op aarde teenoor die Skepper bewys is) die hele skepping weer met die Skepper te versoen. En so gee Christus, die ewige Hopriester, wat met sy kruisbloed die ewige heiligdom betree, di hele verloste skepping terug aan die Skepper. Dit doen Hy deur die priesterlike amp in die Kerk, ter ere van die Allerheiligste Drie-eenheid. Dit is waarlik die Mysterium fidei (die Geheimenis van die Geloof) wat in die Eucharistie volbring word: die wreld wat voortgekom het uit die hande van God, die Skepper, keer na God terug maar nou is di wreld, danksy Christus, n verloste wreld. 9. Die Eucharistie is Christus se verlossende aanwesigheid in die gemeenskap van die gelowiges. Die Eucharistie is die geestelike voedsel van die gemeenskap van die gelowiges en die waardevolste besitting van die Kerk om haar op haar pelgrimstog deur die geskiedenis by te staan. Hierdie groot waarheid verklaar die sorgsame aandag wat die Kerk nog altyd gehad het vir die Eucharistiese Geheimenis: hierdie aandag en besorgdheid vind n mens uitgedruk in die werk van die Kerk Konsilies en die Pouse. Hoe kan ons dan anders as om bewondering te h vir al di leerstellige uiteensettinge van die dekrete oor die Allerheiligste Eucharistie wat deur die Konsilie van Trente uitgevaardig is? Met die verloop van die eeue was hierdie dekrete n konkrete verwysingspunt vir die teologie en kategese van die Kerk. Hierdie dekrete het daartoe bygedra dat die volk van God voortdurend in hul liefde en geloof in die Heilige Eucharstie gegroei het en daardeur vernuwe is. Nader aan ons eie tyd is daar veral drie pouslike ensiklieke wat genoem moet word: die Ensikliek Mirae 5 Caritatis (28 Mei 1902) van pous Leo XIII, die Ensikliek Mediator Dei (20

Leonis XIII Acta, XXII (1903), 115-136.

November 1947) van Pius XII, en die Ensikliek Mysterium fidei (3 7 September 1965) van pous Paulus VI. Die Tweede Vatikaanse Konsilie het nou wel geen spesifieke dokument oor die Eucharistiese Geheimenis uitgevaardig nie, maar in die dokumente van di konsilie word die verskillende aspekte van di groot Geheimenis wel belig. Dit is veral in die Dogmatiese Konstitusie oor die Kerk (Lumen gentium) en in die Konstitusie oor die Heilige Liturgie (Sacrosanctum Concilium) dat die Eucharistiese Geheimenis aan die bod kom. Self het ek in die eerste jare van my apostoliese diens op die Stoel van 8 Petrus die Apostoliese Brief Dominicae Cenae (24 Februarie 1980) geskryf waarin ek enkele aspekte van die Eucharistiese Geheimenis uiteengesit het en die belang daarvan in die lewens van die bedienaars van di Eucharistie onderstreep het. Vandag neem ek die draad van daardie betoog weer op met selfs nog groter emosie en dankbaarheid in my hart. Graag wil ek die woorde van die Psalmskrywer laat weerklink: Hoe sal ek die Here kan vergoed vir al die gunste wat Hy my bewys het? Die verlossingskelk van n dankoffer sal ek lig en die Naam van die Here aanroep. (Ps. 116:12-13). 10. Die leergesag (magisterium) van die Kerk se toewyding tot die verkondiging van die Eucharistiese Geheimenis kan gemeet word aan die innerlike groei van die Christelike gemeenskap. Die liturgiese hervormings van die Tweede Vatikaanse Konsilie het ongetwyfeld tot n ho mate bygedra dat gelowiges vandag meer bewustelik, aktiewer en vrugbaarder deelneem aan die Heilige Offer van die Altaar. Op baie plekke is die aanbidding van di Heilige Sakrament ook n belangrike daaglikse praktyk en word dit so n onuitputlike bron van heiligheid vir talle mense. Die vroom deelname van die gelowiges aan die Eucharistiese Prossessie op die Fees van Corpus Christi is n genade van die Here wat elke jaar opnuut vreugde bring aan diegene wat daaraan deelneem. n

6 7 8

AAS 39 (1947). AAS 57 (1965). AAS 72 (1980).

Mens sou nog talle ander positiewe tekens van geloof in en liefde vir die Eucharistie kon opnoem. Ongelukkig l daar naas al die ligtekens ook n skaduwee. Op sommige plekke word die praktyk van Eucharistiese Aanbidding geheel en al verwaarloos. In verskillende dele van die Kerk het daar ook misbruike ontstaan, wat mense se gesonde geloof en kennis met betrekking tot die Katolieke leerstellinge oor hierdie Wonderbaarlike Sakrament verwar het. By tye kom n mens n uiters gestroopte en afgewaterde begrip ten opsigte van die Eucharistiese Geheimenis te. Beroof van sy ware offer-betekenis word die Eucharistie in sulke gevalle gewoonweg as n broederlike maaltyd gevier. Verder word die noodsaaklikheid van die priesteramp, wat gegrond is in die Apostoliese Opvolging, verduister en die sakramentele aard van die Eucharistie verminder tot n blote vorm van verkondiging. Dit het al hier en daar gelei tot ekumeniese inisiatiewe wat, alhoewel edel in hul motiewe, toegee aan Eucharistiese praktyke wat teenstrydig is met die dissipline waarmee die Kerk haar geloof uitdruk. Hoe kan ons dan anders as om ons diepe droefheid oor dit alles uit te druk? Die Eucharistie is die grootste geskenk waaroor die Kerk beskik: Ons kan nie toelaat dat enige dubbelsinnigheid en n verskraling van die ware betekenis daarvan ons gebruik van di groot gawe aantas nie. Dit is my hoopvolle vertroue dat di Ensikliek op effektiewe wyse daartoe sal bydra dat onaanvaarbare doktrines en praktyke verdryf sal word sodat die Eucharistie voort sal gaan om die hele glans van di Geheimenis uit te straal.

HOOFSTUK EEN
DIE GEHEIMENIS VAN DIE GELOOF
11. ...dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het (1 Kor. 11:23) en so die Eucharistiese Offer van sy Liggaam en sy Bloed ingestel het. Die woorde van die heilige Apostel Paulus voer ons terug na die dramatiese omstandighede waarin die Eucharistie ontstaan het. Die Eucharistie is onuitwisbaar gemerk deur die gebeurtenis van die lyding en dood van die Here. Die Eucharistie is nie net n in-herinnering-roep van di gebeure nie maar die sakramentele verteenwoordiging van di gebeure. 9 Die Eucharistie is die Kruis-offer wat deur die eeue voortduur. Hierdie waarheid word goed uitgedruk deur die woorde waarmee die gemeente in die Latynse rite die verkondiging van die priester: Die Geheimenis van die geloof beantwoord: Here, ons verkondig u dood! Die Kerk het nie maar net die Eucharistie van Christus, haar Here, ontvang as een gawe te midde van baie ander gawes nie, maar as di gawe by uitstek. Die Eucharistie is die gawe van Christus Homself, van sy persoon in sy heilige mensheid, as ook die gawe van sy verlossingswerk. Hierdie gawe van die Eucharistie is nie tot die verlede beperk nie, omdat: ...alles wat Christus is en alles wat Hy vir ons mense gedoen en gely het, deel 10 uitmaak van die goddelike ewigheid en dus alle tyd omsluit. Wanneer die Kerk die Heilige Eucharistie vier, die gedagtenis van die dood en die opstanding van haar Here, word hierdie sentrale geheimenis van ons verlossing werklik teenwoordig en word die werk van ons

vgl. Tweede Vatikaanse Konsilie, Konstitusie oor die Heilige Liturgie (Sacrosanctum concilium) 47: Salvator noster ...Sacrificium Eucharisticum Corporis et Sanguinis sui instituit, quo Sacrificium Crucis saecula, donec veniret, perpetuaret. Kategismus van die Katolieke Kerk, 1085.

10

10

verlossing voltrek. Hierdie offer is so beslissend vir die verlossing van die mensegeslag, dat Jesus eers na sy Vader toe teruggekeer het nadat Hy ons hierdie middel nagelaat het om aan deel te neem, asof ons werklik daarby aanwesig was. Elke gelowige kan dus hieraan deelneem en onuitputlik van di vrugte hiervan verkry. Hierdie is die geloof waaruit geslagte Christene in die loop van die eeue van geleef het. Die Leergesag (magisterium) van die Kerk het hierdie selfde geloof onophoudelik bevestig altyd in groot 12 dankbaarheid vir hierdie onskatbare geskenk. Ek sou my nog eenmaal aan hierdie waarheid wil herinner en my met u, my geliefde broers en susters, wil verenig in aanbidding voor hierdie geheimenis: n groot geheimenis, die geheimenis van God se genade. Wat meer kon Jesus nog vir ons doen? Waaragtig, in die Eucharistie toon Hy ons n liefde wat tot die uiterste toe (Joh. 13:1) gaan, n liefde wat nie gemeet kan word nie. 12. Hierdie aspek van die universele liefde van die Eucharistiese Offer is gebaseer op die eie woorde van ons Verlosser. Toe Hy die Eucharistie ingestel het, het Hy nie slegs ges: Dit is my liggaam, en dit is my bloed nie, maar Hy het daarby gevoeg: Wat vir julle oorgelewer word en Wat vir julle uitgestort word (Luk. 22:19-20). Jesus s dus nie sommer gewoonweg dat dit wat Hy hulle gee sy liggaam en bloed is nie, Hy beklemtoon di feit dat Hy sy liggaam en bloed as offerande vir hulle redding (en dus die verlossing van alle mense) bring. Die Heilige Mis is dus tegelyk en onskeidbaar die gedagtenis van die offer, waarin die Kruisoffer verewig word, en van die heilige maaltyd wat bestaan in ons gemeenskap met die liggaam en 13 bloed van die Here. Die Kerk leef onophoudelik van di Offer van die Verlossing. Die Kerk nader hierdie offer nie alleen deur geloofsvervulde herinnering nie, maar ook deur n werklike kontak, aangesien hierdie offer telkens opnuut teenwoordig gemaak word en so op sakramentele wyse voortduur in elke

11

11 12

Lumen gentium 3. vgl. Paulus VI, Credo van die Volk van God (30 Junie 1968), in: AAS 60; Johannes PaulusII, Apostoliese Brief Domenicae Cenae (24 Februarie 1980) in: AAS 72. Kategismus van die Katolieke Kerk, 1382.

13

11

gemeente wat dit deur die hande van n gewyde priester opdra. Op hierdie manier gee die Eucharistie aan die mense van vandag daardie versoening met God wat Christus vir eens en altyd bewerkstellig het. Die 14 offer van Christus en die offer van die Eucharistie is een enkele offer. Sint Johannes Chrysostomus verwoord dit goed: Ons offer altyd dieselfde Lam, nie een vandag en n ander mre nie. Daarom is daar altyd slegs n offer Ook vandag offer ons di slagoffer wat eens geoffer is en wat nooit op 15 sal raak nie. Die Heilige Mis maak die offer van die Kruis teenwoordig: niks word 16 daaraan bygevoeg en niks word daardeur vermenigvuldig nie. Wat herhaal word is die viering ter gedagtenis, waar di herdenkingverteen17 woordiging (memorialis demonstratio), Christus se een, definitiewe verlossende offer, steeds aan ons teenwoordig maak. Die offernatuur van die Eucharistiese Geheimenis kan nooit apart en onafhanklik van die Kruis of slegs as indirek verwysend na Golgota, begryp word nie. 13. Deur hierdie innige verhouding met die offer van Golgota is die Eucharistie n offer in die volle betekenis van die woord en nie slegs in n algemene sin daarvan nie, asof Christus Homself aan die gelowiges maar net aanbied as hul geestelike voedsel. Christus se gawe van sy liefde en van sy gehoorsaamheid tot die uiterste toe in die oorgawe van sy lewe (vgl. Joh. 10:17-18) is in die eerste plek n geskenk aan sy Vader. Natuurlik is dit n gawe ter wille van ons, ja, van die hele mensdom (vgl. Matt. 26:28; Mark. 14:24; Luk. 22:20; Joh. 10:15), maar tog is dit eerstens en veral n geskenk aan die Vader. Die Vader het hierdie totale selfgawe van sy Seun

14 15 16

Kategismus van die Katolieke Kerk, 1367. St. Johannes Chrysostomus, In Epistolam ad Hebraeos homilae, 17,3: PG 63, 131. Want die offergawe is n en dieselfde; die slagoffer wat Homself destyds aan die kruis opgeoffer het, offer Homself nou deur die diens van die priester: dit is alleenlik die manier van offer wat verskillend is: Konsilie van Trente, Sess XXII, Doctrina de Ss. Missae sacrificio, cap. 2, in DH 1743. vgl. Pius XII, Ensikliek Mediator Dei (20 November 1947), in AAS 39.

17

12

wat ... Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. (Fil. 2:8), aanvaar en aan sy Seun di gawe geskenk wat 18 eie aan die Vader is: die nuwe en onsterflike lewe in die opstanding. Christus het sy offer aan die Kerk geskenk en daardeur maak Christus die geestelike offer van die Kerk sy eie. Die Kerk word geroep om haarself te offer die Kerk se offer word verenig met Christus se offer en so maak die Kerk se offer deel uit van Christus se offer. Hierdie is die leerstelling van die Tweede Vatikaanse Konsilie betreffende alle gelowiges: Deur deel te neem aan die Eucharistiese offer, wat die oorsprong en hoogtepunt van die hele Christelike lewe is, dra die gelowiges die goddelike Offerlam en hulself 19 met Hom op aan God. 14. Die Pase van Christus omvat met sy lyding en dood ook sy opstanding. Daaraan herinner die akklamasie van die gemeente n die konsekrasie ons: Christus het gesterwe, Christus is verrese, Christus sal weer kom. Die Eucharistiese offer maak nie alleen die geheimenis van die lyding en dood van die Verlosser teenwoordig nie, maar die geheimenis van die opstanding (verrysenis) wat sy offer bekroon. Dit is juis as die Lewende en Verrese Christus dat Hy Homself in die Eucharistie tot die brood van die lewe (Joh. 6:35, 48), tot die lewende brood (Joh. 6:51) kan maak. Sint Ambrosius het sy volwasse dopelinge dit ingeprent dat die Eucharistie die Opstanding-gebeurtenis op hul eie lewens toepas: Vandag is Christus 20 joune, en elke dag staan Hy vir jou op uit die dood. St. Cyril van Alexandri maak dit ook duidelik dat ons deelname aan di Heilige Geheimenis: ...n egte belydenis en n egte gedagtenis is, dat die Here gesterf 21 het en vir ons verlossing teruggekeer het tot die lewe.

18 19 20 21

Johannes Paulus II, Ensikliek Redemptor hominis (4 Maart 1979), 20. Lumen gentium, 11. St. Ambrosius, De Sacramentis, V, 4, 26 in: CSEL 73, 70.

St. Cyril van Alexandri, In Ioannis Evangelium, XII, 20, in PG 74, 726.

13

15. Hierdie opnuut sakramentele teenwoordigmaking van die offer van Christus in die Heilige Mis, wat bekroon word met sy Opstanding, behels n besondere aanwesigheid van Christus wat, in die woorde van Paulus VI werklik genoem word, nie om ander tipes van aanwesig wees uit te sluit nie, maar omdat dit aanwesig in die volste betekenis van die woord is. Hier het ons te make met n substansile aanwesigheid waarby Christus, die 22 Godmens geheel en al en volledig aanwesig is. Hiermee word die altyd geldige leerstelling van die Konsilie van Trente weereens beklemtoon: Deur die konsekrasie van die brood en die wyn vind n verandering plaas van die hele substansie van die brood in die substansie van die Liggaam van onse Here, en van die hele substansie van die wyn in sy Bloed. Hierdie verandering word op heel gepaste wyse deur die Katolieke Kerk transsubstansiasie 23 genoem. Die Eucharistie is werklik n mysterium fidei, n geheimenis wat ons begrip te bowe gaan die Eucharistie kan net deur geloof begryp word. Hierdie geloofsbegrip wat benodig word vir die Eucharistie vind n mens telkens terug in die kategese van die Kerkvaders oor hierdie Sakrament. St. Cyril van Jerusalem spoor ons as volg aan: Sien nie in die brood en die wyn bloot gewone natuurlike elemente, aangesien die Here uitdruklik s dat dit sy Liggaam en Bloed is: jou geloof moet jou hiervan 24 verseker ook al sugereer jou sintuie iets anders. Adoro te devote latens Deitas (ek aanbid U met oorgawe, Godheid), sing ons saam met St. Thomas van Aquino (die Engelagtige Kerkleraar). Vr hierdie geheimenis van die liefde aanvaar die menslike verstand volledig sy beperkinge. n Mens begryp hoe hierdie waarheid deur die eeue die teologie geprikkel het om daarna te strewe om n steeds dieper begrip hiervan te probeer kry. Al hierdie pogings van teolo is prysenswaardig in soverre hulle probeer het om die mens se vermo van kritiese denke te verbind met die geloofslewe van die Kerk. Hierdie uitreiking van die mens om n goddelike Geheimenis in menslike taal te verduidelik word

22 23 24

Paulus VI, Ensikliek Mysterium fidei (3 September 1965), in: AAS 57.

Konsilie van Trente, Sess. XII, Decretum de ss. Eucharistia, cap. 4, in DH 1642. St. Cyril van Jerusalem, Mystagogiese Kategese, IV, 6 in SCH 126, 138.

14

aangehelp deur die charisma van waarheid wat die Leergesag (magisterium) se eie is en die innerlike begrip van geestelike waarhede 25 waardeur die lewens van die heiliges veral gekenmerk word. Die grens wat deur Paulus VI aangedui is bly egter steeds van krag: Elke teologiese verklaring wat hierdie Geheimenis probeer begryp moet ooreen kan stem met ons geloof: dit is ons Katolieke geloof dat die brood en die wyn in die objektiewe werklikheid, n die konsekrasie, ophou bestaan, sodat die Liggaam en Bloed van onse Here, wat ons aanbidding waardig is, vir ons teenwoordig 26 word onder die sakramentele gedaantes van brood en wyn. 16. Die verlossende effek van hierdie offer word ten volle gerealiseer wanneer ons in die Heilige Kommunie die Liggaam en die Bloed van die Here ontvang. Die Eucharistiese Offer is daarop gemik om die innerlike gemeenskap van ons gelowiges met Christus te bewerkstellig. So ontvang ons dus Hom, wat Homself vir ons geoffer het, sy Liggaam wat Hy vir ons aan die Kruis prysgegee het, sy Bloed wat Hy uitgestort het vir die vergifnis van baie se sondes (Matt. 26:28). Ons word aan Christus se woorde herinner: Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. (Joh. 6:57). Jesus Self het ons gerus gestel dat di nwording, wat Hy met die lewe van die Drie-eenheid vergelyk, n realiteit word. Die Eucharistie is n egte maaltyd waarin Christus Homself aanbied as ons voedsel. Toe Jesus vir die eerste keer oor hierdie voedsel gepraat het, was sy toehoorders verbysterd en verward, sodat die Meester daartoe gedwing was om die objektiewe waarheid van sy woorde te onderstreep: Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. (Joh. 6:53). Dit gaan hier heel duidelik nie om n figuurlike voeding nie: Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. (Joh. 6:55). 17. Deurdat ons deel het aan sy Liggaam en Bloed, deel Christus ook sy Gees met ons. Sint Efrem skryf: Hy noem die brood sy lewende liggaam, Hy vul dit met Homself en met sy Gees...En diegene wat dit met geloof eet, eet

25 26

Tweede Vatikaanse Konsilie, Dogmatiese Konstitusie oor die Goddelike Openbaring, Dei Verbum, 8. Credo van die Volk van God, 25.

15

Vuur en Gees...Neem daarvan, eet almal daarvan, en eet daarmee die Heilige Gees. Dit is waarlik My Liggaam en diegene wat dit eet sal tot in ewigheid 27 lewe. In die Eucharistiese epiklese vra die Kerk hierdie goddelike Gawe, die bron van elke ander gawe. In die Goddelike Liturgie van St. Johannes Chrysostomus lees n mens byvoorbeeld: Ons roep U aan, ons bid U en ons smeek U: stuur u Heilige Gees oor ons almal en oor hierdie gawes...sodat ons wat daaraan deelneem in ons siele gereinig sal word, en ook vergifnis vir ons 28 sondes en die gawes van die Heilige Gees sal verkry. In die Romeinse Missaal vra die selebrant: Verkwik ons deur die Liggaam en Bloed van u Seun, en vervul ons met sy Heilige Gees sodat ons n ligaam en gees word in 29 Christus. En so laat Christus deur die gawes van sy Liggaam en sy Bloed in ons die gawe van sy Gees toeneem, dieselfde Gees wat ons reeds ontvang het by ons Doop en wat in ons besel is in die sakrament van die Vormsel. 18. In die akklamasie wat die gemeente uitspreek n die konsekrasie word die eskatologiese dimensie van die Eucharistie beklemtoon (vgl. 1Kor. 11:26): ...totdat Hy in glorie kom. Die Eucharistie omvat ons gespanne verwagting na die einddoel van ons lewens, deur di Sakrament gee Christus ons n voorsmaak van die volkome vreugde wat Hy ons aanbied (vgl. Joh. 15:11). In n sekere sin is die Eucharistie n vooruitwysing na die 30 Paradys, die waarborg van die toekomstge heerlikheid. In die Eucharistie spreek alles van n vertrouvolle afwagting: terwyl ons vol hoop wag op die 31 saligheid en die wederkoms van ons Heiland, Jesus Christus. Diegene wat hulself laat voed met Christus in die Eucharistie hoef nie te wag tot die hiernamaals om die ewige lewe te ontvang nie: hulle besit reeds hier op aarde die eerste vrugte van n toekomstige volheid wat die mens in sy

27 28 29 30 31

St. Efrem, Sermo IV in Hebdomadam Sanctam, in: CSCO 413/ Syr. 182, 55. Anafora. Derde Eucharistiese Gebed. Breviarium Romanum, Magnificat-antifoon vir die Tweede Vespers op Corpus Christi. Romeinse Missaal, Embolisme n die Onse Vader.

16

totaliteit sal omvat. Want in die Eucharistie ontvang ons ook die versekering van ons liggaamlike Verrysenis by die einde van die wreld: Hy wat my Vlees eet en my Bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag (Joh. 6:54). Hierdie versekering van die toekomstige opstanding kom voort uit die feit dat die vlees van die Seun van die Mens, wat aan ons as voedsel gegee word, reeds sy Liggaam is in n verheerlikte toestand n die Verrysenis. Met die Eucharistie neem ons ast ware die geheimenis van die Opstanding in onsself op. Daarom defineer St. Ignatius van Antiogi tereg die Eucharistiese brood as die 32 medisyne van die onsterflikheid, die teengif teen die dood. 19. Die eskatologiese spanning wat die Eucharistie oproep druk die gemeenskap met die Hemelse Kerk uit en versterk hierdie band tussen die Kerk op aarde en die Kerk in die hemel. Dit is nie toevallig nie dat die Oosterse Anafore en in die Eucharistiese gebede van die Latynse rite daar altyd melding gemaak word van Maria, die Altyd Maagdelike Moeder van onse Here en God, Jesus Christus, sowel as die Engele, Heilige Apostels, Roemryke Martelare en alle Heiliges. Hierdie aspek van die Eucharistie verdien om onderstreep te word: terwyl ons die offer van die Lam vier, verenig ons onsself met die Hemelse Liturgie, en sluit ons aan by die geweldige menigte wat uitroep: Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam! (Open. 7:10, NV). Die Eucharistie is werklik n opening na die hemel wat homself oor die wreld uitsprei. Die Eucharistie is n straal van die heerlikheid van die Hemelse Jerusalem, wat deur die wolke van ons geskiedenis breek en ons lewensweg met sy lig beskyn. 20. n Betekenisvolle gevolg van die eskatologiese spanning binne die Eucharistie vind ons in die feit dat die Eucharistie ons weg deur die geskiedenis n impuls gee: die Eucharistie plant n saadjie van lewende hoop in ons daaglikse toewyding en vervulling van ons take en verpligtinge. Die Christelike visie lei daartoe dat ons in afwagting leef op die nuwe hemel en die nuwe aarde (Open. 21:1) hierdie visie verswak geensins ons gevoel van verantwoordelikheid vir die huidige wreld nie; inteendeel dit stimuleer ons in ons pogings om van hierdie wreld n beter

32

St. Ignatius van Antiogi, Brief aan die Efesirs, 20: 2 in PG 5: 661; SCH 10.

17

plek te maak. Hier aan die begin van die nuwe millenium wil ek dit meer as ooit beklemtoon dat Christene hul pligte as burgers van die aarde getrou moet nakom. Dit is hul opdrag om met die lig van die Evangelie by te dra tot opbou van n wreld waar die mens in volkome harmonie met die plan van God leef. Daar is baie probleme wat die horison van ons tyd verdonker. Dink maar net aan die dringende behoefte om vrede te bewerkstellig, om die verhouding tussen volke stewig op die grondslag van geregtigheid en solidariteit te plaas, om die menslike lewe vanaf sy ontvangenis in die moederskoot tot aan sy natuurlike einde te verdedig. En wat moet n mens dink van die duisende ongerymdhede van n globaliserende wreld, waarin die swakstes, die kleinstes en die armstes skynbaar min het om voor te hoop? Dit is juis in hierdie wreld waar die lig van Chritelike hoop moet skyn! Ook daarom wil die Here in die Eucharistie by ons bly sy aanwesigheid deur di maaltyd en offer gee ons die belofte van n mensheid wat deur sy liefde hernuwe word. Daar waar die Sinoptiese Evangelies verslag doen van die instelling van die Eucharistie, bied St. Johannes se Evangelie die verhaal van die voetwassing: hierdeur bring di Evangelis die diepste betekenis uit van die Eucharistie - Jesus wat ons leer wat gemeenskap en diensbaarheid eintlik van ons verg (vgl. Joh. 13:1-20). Die Heilige Apostel Paulus noem van sy kant die deelname van die Christelike gemeenskap aan die maaltyd van die Here onwaardig, wanneer daar verdeeldheid bestaan en die gemeenskap onverskillig 34 staan teenoor die armes (vgl. 1Kor. 11:17-22. 27-34). Die verkondiging

33

33 34

vgl. Tweede Vatikaanse Konsilie, Pastorale Konstitusie oor die Kerk

in die wreld, Gaudium et spes, 39. Wil u die Liggaam van die Here eer? Verag Hom nie wanneer Hy naak is nie. Eer Hom nie hier in die heligdom met systowwe, net om Hom te verag daar waar Hy koud kry en gebrek het aan klere nie. Hy wat ges het: Dit is my liggaam, is dieselfde Een wat ges het: Julle het my honger gesien en niks te ete gegee nie, en Wat julle aan die geringste van my broers gedoen het, het julle ook aan My gedoenWat baat dit, wanneer die Eucharistiese tafel ryk belaai is met goue voorwerpe, terwyl Hy honger ly? Begin deur die hongeres te versadig en versier dan die altaar met dit wat oorbly. St. Johannes Chrysostomus, Homilie oor die Evangelie van Matteus,

18

van die dood van die Here, totdat Hy weer kom (1 Kor. 11:26) hou aan alle Christene, wat aan die Eucharistie deelneem, die verpligting voor om hul lewens te verander, sodat hul lewens in n sekere sin heeltemaal eucharisties kan word. Juis hierdie vrug van die verandering van ons manier van lewe en ons plig om die wreld ooreenkomstig die Evangelie om te bou laat die eskatologiese spanning van die Eucharistie viering en van die hele Christelike lewe skitter: Kom, Here Jesus! (Open. 22:20).

50:3-4, in PG 58:508-509; vgl. Pous Johannes Paulus II, Ensikliek

Sollicitudo rei socialis (30 Desember 1987), 31.

19

HOOFSTUK TWEE
DIE EUCHARISTIE BOU DIE KERK OP
21. Die Tweede Vatikaanse Konsilie herinner ons daaraan dat die Eucharistie die middelpunt van die groeiproses van die Kerk is. N die uitspraak: Die Kerk, wat die Ryk van Christus nou reeds op misterieuse wyse teenwoordig maak, groei in hierdie wreld deur die krag van God op sigbare 35 wyse, voeg die Konsilie net asof die Konsilievaders n antwoord wil gee op die vraag: Hoe groei die Kerk? toe: Elke keer wanneer ons die kruisoffer op die altaar vier, waardeur ons paaslam, Christus, geslag is (1 Kor. 5:7), word die werk van ons verlossing voltrek. Terselfdertyd word daar deur die Sakrament van die Eucharistiese Brood n nwording van die gelowiges, wat in Christus n liggaam vorm (vgl. 1 Kor. 10:17), uitgebeeld en 36 bewerkstellig. n Oorsaaklike invloed van die Eucharistie is juis reg aan die begin van die Kerk se bestaan aanwesig. Die Evangelieskrywers beskryf uitdruklik dat dit die Twaalf Apostels was, wat saam met Jesus die Laaste Avondmaal genuttig het (vgl. Matt. 26:20; Mark. 14:17; Luk. 22:14). Hierdie is n belangrike detail, want dit was die Apostels wat die saad van die nuwe 37 Israel en tegelyk die oorsprong van die Kerk se heilige hirargie is. Deur hulle sy Ligaam en sy Bloed as voedsel te gee, betrek Christus hulle op geheimnisvolle wyse by di offer wat slegs enkele ure daarna op Golgota volbring sou word. Hierdeur vind daar n aansluiting plaas by die Verbond

35 36 37

Dogmatiese Konstitusie oor die Kerk, Lumen gentium, 3. Ibid. Tweede Vatikaanse Konsilie, Dekreet oor die sending aktiwiteit van die Kerk, Ad gentes divinitus, 5.

20

van Sina, wat deur die offer en die besprinkeling met bloed besel is, en so l die handelinge en woorde van Jesus by die Laaste Avondmaal die grondslag vir die nuwe Messiaanse gemeenskap: Die Volk van die Nuwe Verbond die Kerk. Deur Jesus se uitnodiging van Neem en eet...drink almal hieruit...(Matt. 26:26-27) in die Bovertrek aan te neem, het die apostels vir die eerste keer n sakramentele gemeenskap met Jesus gevorm. Vanaf daardie moment tot aan die einde van die tyd word die Kerk opgebou deur di sakramentele gemeenskap met die Seun van God, Hy wat vir ons geoffer is: ...doen dit tot my gedagtenis...so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis... (1 Kor. 11:24-25; Luk. 22:19). 22. Ons inlywing by Christus, wat met ons Doop begin het, word voortdurend versterk en vernuwe deur ons deelname aan die Eucharistiese Offer, veral deur ons volle deelname daaraan, wat ons deur die ontvangs van Heilige Kommunie bereik. Ons kan s dat nie net ontvang elkeen van ons Christus afsonderlik nie, maar Christus ontvang ook elkeen van ons afsonderlik. Hy sluit met elkeen van ons n vriendskap: Julle is my vriende... (Joh. 15:14). Danksy Hom het ons selfs die lewe: ...so sal hy wat My eet, ook deur My lewe (Joh. 6:57). In die Eucharistiese kommunie word die inwoning van die n in die ander - van Christus in ons en ons in Christus op die hoogste wyse verwerklik: Bly in My, soos Ek in julle (Joh. 15:4). Deur hierdie nwording met Christus word die Volk van die Nuwe Verbond eerder dat hulle in hulself keer n sakrament vir die hele 39 mensdom. Di Nuwe Verbondsvolk die Kerk word n teken en werktuig van die verlossing van die mensdom wat deur Christus bewerkstellig word n lig vir die wreld en sout vir die aarde (vgl. Matt. 5: 40 13-16). Die sending van die Kerk is die regstreekse voortsetting van die werk van Christus: Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook (Joh. 20: 21). Daarom put die Kerk uit die altyddurende teenwoordigmaking

38

38

Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en s: Dit is die bloed van die verbond wat die Here met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde. (Ex. 24: 8). vgl. Lumen gentium, 1.
vgl. Ibid, 9.

39 40

21

van die Kruisoffer in die Eucharistie en uit die gemeenskap met die Liggaam en die Bloed van Christus die noodsaaklike geestelike krag om haar sending te vervul. So vorm die Eucharistie beide die bron en die hoogtepunt van die hele evangelisasie sending van die Kerk: Die doel van die Kerk is die gemeenskap van die mensdom met Christus en deur Hom met 41 die Vader en die Heilige Gees. 23. Deur die Eucharistiese kommunie word die Kerk terselfdertyd gesterk in haar eenheid as die Liggaam van Christus. St. Paulus verwys na die verenigende krag van ons deelname aan die Eucharistiese maaltyd wanneer hy aan die Korintirs skryf: Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood (1 Kor. 10:16-17). St. Johannes Chrysostomus se kommentaar hierop is presies en diepsinnig: Wat is hierdie brood dan? Dit is die liggaam van Christus. Wat word hulle wat dit ontvang? Die liggaam van Christus: nie verskillende liggame nie, maar n enkele liggaam. Dit is inderdaad so dat net soos die brood heeltemaal n is, alhoewel dit uit verskillende graankorrels saamgestel is, wat nie vir die blote oog sigbaar is nie, net so word ons onderling verenig om 42 almal saam in Christus n liggaam te vorm. Di argument is oortuigend: Ons vereniging met Christus is n geskenk en n genadegawe vir elkeen van ons en dit maak dit vir ons moontlik om in Hom te deel in die eenheid van sy liggaam wat die Kerk is. Die Eucharistie versterk diegene wat opgeneem is in Christus daardie opname begin by ons doop wanneer ons die gawe van die Gees ontvang (vgl. 1 Kor. 12:13.27). Die Seun en die Heilige Gees tree saam en onskeidbaar op in hierdie gesamentlike handeling l die oorsprong van die Kerk, sowel as die Kerk se voortdurende bestaan, en dit word alles voltrek in die Eucharistie. Hierdie manier van dink was heel helder vir die outeur van die Liturgie van die

41

vgl. Presbyterorum ordinis, 5. Dieselfde dekreet verklaar in nr. 6: Geen enkele Christelike gemeenskap kan egter opgebou word as di gemeenskap nie sy oorsprong en middelpunt het in die viering van die Heilige Eucharistie nie. Homilies oor die Eerste Brief aan die Korintirs, 24: 2 in PG 61, 200; vgl. Didach, IX:4 in F.X. Funk. 1:22; SCH 248:177; St. Cyprianus, Briewe LXIII, 13 in: PL 4:384.

42

22

Heilige Jakobus: In die epiklese van die anafora word aan God die Vader gevra om die Heilige Gees oor die gelowiges te stuur en oor die offergawes, sodat die Liggaam en Bloed van Christus vir almal wat 43 hieraan deelneem...sal dien tot die heiliging van van hul siele en liggame. Die Kerk word versterk deur die goddelike Vertrooster deur die heiliging van die gelowiges in die Eucharistie. 24. Die gawe van Christus en van sy Gees, wat ons ontvang in die Eucharistiese kommunie, vervul met oorvloedige volheid die verlange na broederlike eenheid wat in elke mens se hart woon. Tegelykertyd verhef die ontvangs van ons Eucharistiese kommunie die ervaring van broederlikheid wat inherent is aan die gemeenskaplike deelname aan dieselfde Eucharistiese tafel tot n vlak ver vehewe bo dit van die blote menslike ervaring van n gedeelde maaltyd. Deur middel van ons deelname (kommunie) aan die liggaam van Christus dring die Kerk steeds verder deur tot haar diepste identiteit: sy is in Christus ast ware die sakrament, dit wil s die teken en instrument, van die mens se innige vereniging 44 met God en van die eenheid van die hele menslike geslag. Teen die saad van verdeeldheid tussen mense, soos uit ons daaglikse ervaring van mekaar blyk, en wat voortkom uit die sonde wat al so diep in ons menslike natuur gewortel is, bied die Eucharistie ons die enorme krag van eenheid wat daar in die ligaam van Christus is. Die Eucharistie, wat die Kerk opbou, skep juis gemeenskap onder mense. 25. Die aanbidding van die Eucharistie buite die Heilige Mis is van onskatbare waarde vir die lewe van die Kerk. Hierdie aanbidding is nou verbonde met die viering van die Eucharistiese offer. Die teenwoordigheid van Christus onder die heilige gedaante van brood wat n die Heilige Mis bewaar word n aanwesigheid wat solank voortduur as wat die 45 gedaante van brood en wyn intak bly kom voort uit die viering van die Eucharistiese offer en is gerig op die sakramentele, sowel as die geestelike

43 44 45

PO 26, 206. Lumen gentium, 1.


vgl. Decretum de ss Eucharistia, canon 4, in: DS 1654.

23

kommunie. Dit is die taak van die Herders om ook met hul persoonlike getuienis daarvan die gelowiges aan te moedig om Eucharistiese aanbidding deel van hul geloofslewens te maak. In die besonder word die uitstalling van die Allerheiligste Sakrament en die aanbidding van Christus, 47 aanwesig onder die Eucharistiese gedaantes, aanbeveel. Dit is mooi om tyd met Hom deur te bring, om soos die Geliefde Dissipel teen sy bors te leun (vgl. Joh. 13:25) en om die oneindige liefde van sy hart aan te voel. In ons tyd moet Christene hulself veral onderskei deur die 48 vaardigheid van gebed. Hoe sou n mens dan nie opnuut begeer om n lang tyd deur te bring in geestelike gesprek, in stille aanbidding, in n houding van liefde, vr Christus, wat aanwesig is in die Allerheiligste Sakrament nie? Hoe dikwels, liewe broers en susters, het ek dit nie self ervaar nie, en hoeveel krag, troos en steun kon ek nie hieruit put nie! Hierdie gebruik word ons aanbeveel deur talle heiliges wat ons hierin tot groot voorbeeld is. Hierdie praktyk is al dikwels deur die Leergesag 49 (magisterium) van die Kerk geprys en aanbeveel. St. Alfonsus Maria de Liguori het veral n groot liefde vir die Allerheiligste Sakrament gehad en as volg daaroor geskryf: Van al die verskillende tipes devosies is ons aanbidding van Jesus in die Allerheiligste Sakrament die belangrikste, n ons ontvangs van die Sakramente. Hierdie devosionele gebruik l die naaste aan

46

46 47 48 49

vgl. Rituale Romanum: de sacra communione et de cultu mysterii eucharistici extra Missam, 36(80). vgl. Ibid, 38-39 (nrs. 86-90). Johannes Paulus II, Apostoliese Brief Novo millennio inuente (6 Januarie 2001), 32.
Die gelowiges moet nie nalaat om gedurende die dag n besoek aan

die Allerheiligste Sakrament te bring nie. Die Allerheiligste Sakrament moet met die grootste eerbied en volgens die voorskrifte van die liturgie op n uiters waardige plek in die kerk bewaar word. Enige besoek aan die Allerheiligste Sakrament is n bewys van ons dankbaarheid, dit is n teken van ons liefde en n gebedsverpligting teenoor Christus, onse Here, Hy wat daarin teenwoordig is. Mysterium fidei (3 September 1965), in AAS 57 (1965), 771.

24

God se hart en is ons tot groot nut. Die Eucharistie is n onmeetlike skat: nie alleenlik die viering van die Eucharistie nie, maar ook die aanbidding van die Eucharistie buite die Heilige Mis maak dit vir ons moontlik om krag te put uit di bron van genade. n Christelike gemeenskap wat dit homself ten doel stel om die gelaat van Christus te bepeins, soos ek in my Apostoliese Briewe Novo Millennio Inuente en Rosarium Virginis Mariae voorgestel het, kan nie nalaat om hierdie belangrike aspek van Eucharistiese aanbidding te ontwikkel nie. Hierdeur sal die vrugte van die liggaam en bloed van die Here in ons lewens groter en talryker word.

50

50

Besoeke aan die Allerheiligste Sakrament en aan die Allerheilige Maria, Inleiding, in Opere Ascetiche (Avellino 2000), 295.

25

HOOFSTUK DRIE
DIE APOSTOLISITEIT VAN DIE EUCHARISTIE EN VAN DIE KERK
26. As, soos ek ges het, die Eucharistie die Kerk opbou en die Kerk die Eucharistie maak, kan n mens daaruit aflei dat daar tussen di twee n diep verbondenheid bestaan. n Mens kan op die Eucharistiese Geheimenis dieselfde woorde toepas wat ons oor die Kerk gebruik in die Geloofsbelydenis van Nicea-Konstantinopel: n, Heilig, Katoliek en Apostolies. Die Eucharistie is ook n en katoliek. Die Eucharistie is ook heilig, ons praat dan ook van die Allerheiligste Sakrament. Maar dit is nou veral oor die apostolisiteit van die Eucharistie waaroor ons gaan besin. 27. Wanneer die Kategismus van die Katolieke Kerk uitl hoe die Kerk apostolies is, d.w.s. gestig op die apostels, word drie betekenisse in hierdie uitdrukking onderskei. Eerstens is die Kerk gebou op die fondament van die apostels (Ef. 2:20), di getuies wat deur Christus self gekies en uitgestuur 51 is. Die Eucharistie se grondslag l ook by die apostels omdat Christus die gawe van die Eucharistie aan sy apostels toevertrou het en so deur hulle, en deur hul opvolgers, aan ons oorgelewer het. Deur die eeue het die Kerk nog altyd in onafgebroke verbondenheid met die praktyk van die apostels en gehoorsaam aan die opdrag van die Here die Eucharistie gevier. Die tweede betekenis van die apostolositeit van die Kerk word as volg deur die Kategismus aangegee: Die Kerk bewaar met die hulp van die Heilige Gees, wat in haar woon, die leerstellinge, die geloofskat en die heilsame woorde wat sy van die apostels verkry het en gee hierdie deur van geslag tot 52 geslag. Ook in hierdie tweede betekenis is die Eucharistie apostolies, omdat die Eucharistie nog altyd steeds gevier word ooreenkomstig die geloof van die apostels. In die loop van die tweeduisendjarige geskiedenis van die Volk van die Nuwe Verbond het die Kerklike Leergesag die

51 52

Kategismus van die Katolieke Kerk, 857. Kategismus van die Katolieke Kerk, 857.

26

leerstellinge oor die Eucharistie by verskillende geleenthede presies geformuleer, met inbegrip van die terminologie, om so die apostoliese geloof met betrekking tot die Eucharistie te beskerm. Hierdie geloof bly onveranderd en dit is van lewensbelang vir die Kerk dat dit onveranderd bly. 28. Ten slotte is die Kerk apostolies in die sin dat sy voortdurend onderrig, geheilig en gelei word deur die apostels tot by die wederkoms van Christus danksy diegene wat die apostels in hul pastorale taak opvolg: die kollege van die biskoppe, wat deur die priesters bygestaan word, in eenheid met die 53 opvolger van Petrus, die opperherder van die Kerk. Sodat daar manne kan wees om die apostels op te volg beskik ons oor die sakrament van priesterwyding, dit wil s die ononderbroke opvolging van geldige 54 biskopswydinge, wat teruggaan tot die tyd van die apostels. Hierdie apostoliese opvolging is van wesenlike belang vir die Kerk om as die regte en volle Kerk te kan bestaan. Die Eucharistie druk hierdie betekenis van apostolisiteit uit. Soos die Tweede Vatikaanse Konsilie ons leer: neem die gelowiges deur hul koninklike priesterskap aktief deel in die aanbieding van 55 die Eucharistiese offergawe, maar dit is die gewyde priester wat in die persoon van Christus die Eucharistiese offer voltrek en dit namens die hele 56 gelowige volk opdra aan God. Daarom skryf die Romeinse Missaal dit dan ook voor dat dit alleenlik die priester is wat die Eucharistiese Gebed 57 bid terwyl die gemeente in stilte en gebed daaraan deelneem. 29. Die uitdrukking wat herhaaldelik deur die Tweede Vatikaanse Konsilie gebruik word en waarvolgens die amptelike priester...wat optree in die

53 54 55 56 57

Kategismus van die Katolieke Kerk, 857. vgl. Kongregasie vir die Geloofsleer, Brief Sacerdotium ministeriale (6 Augustus1983), III. 2, in AAS 75 (1983). Lumen gentium, 10. Lumen gentium, 10. vgl. Institutio Generalis (Editio typica tertia), 147.

27

persoon van Christus die Eucharistiese offer vier is reeds vroer terug te 59 vind in talle pouslike leerstellige uitsprake. Soos ek reeds by vorige geleenthede aangedui het beteken die uitdrukking in persona Christi meer as net in die naam van Christus of in die plek van Christus. Dat di offer in persona Christi opgedra word, beteken in die eerste plek: in die heel spesiale, sakramentele vereenselwiging met die hopriester in ewigheid, Hy wat Self die eintlike bewerker en handelende hoofpersoon by hierdie, sy eie, offer is. 60 Die waarheid is dat niemand Christus se plek in di offer kan inneem nie. Die amp van die priesters wat die sakrament van priesterskap ontvang het maak dit duidelik dat die Eucharistie wat gevier word n gawe is wat op radikale wyse uitstyg bo die volmag van die gemeente. Hierdie geldige sakrament van priesterwyding is n voorvereiste vir die geldige en werklike verbintenis tussen die Eucharistiese konsekrasie met di van die Kruisoffer en met die Laaste Avondmaal. Die gemeente wat byeenkom om die Eucharistie te vier het absoluut die aanwesigheid van n gewyde priester nodig om di gawe n realiteit te maak. Die gemeente is nie uit eie krag daartoe in staat om n gewyde bedienaar van di sakrament aan te stel nie. Hierdie bedienaar is n gawe wat die gemeente ontvang deur die apostoliese opvolging wat teruggaan tot die apostels. Dit is die biskop wat, deur die sakrament van wyding, n nuwe priester aanstel deur op hom die mag oor te dra om die Eucharistie te vier. Die Vierde Lateraanse Konsilie het uitdruklik verklaar: daarom kan die Eucharistiese Geheimenis op 61 geen ander manier as slegs deur n gewyde priester gevier word nie.

58

58 59

vgl. Lumen gentium, 10 en 28; Presbyterorum ordinis, 2..


Die bedienaar van die altaar tree op in die persoon van Christus in sy hoedanigheid as die hoof van die gemeente wat namens die hele gemeente hierdie offer opdra: Mediator Dei, in AAS 39 (1947).

vgl. Ook Pius X, apostolosie Eksortasie Haerunt Animo (4 Augustus 1908), in Acta Pii X, IV,16; Pius XI, Ensikliek Ad Catholici Sacerdotii (20 Desember 1935) in: AAS 28 (1936). 60 61 Dominicae Cenae, 8. Sacerdotium ministeriale, III. 4: vgl. Vierde Lateraanse Ekumenise Konsilie, Hoofstuk 1, Konstitusie oor die Katolieke geloof Firmiter credimus, in: DS 802..

28

30. Die leerstelling van die Katolieke Kerk oor die verbintenis tussen die priesterlike bediening en die Eucharistie in die Kerk se leerstelling oor die Eucharistiese Offer is albei in die afgelope dekades onderwerp aan vrugbare ekumeniese dialoog. Ons is die Heilige Drie-eenheid baie dankbaar vir die merkbare vordering en toenadering wat ons al op di vlak bereik het. Ons neem deel aan hierdie ekumeniese toenadering met die hoop dat ons almal eendag die geloof ten volle sal kan deel. Nietemin bly die observasies van die Konsilie oor die kerklike gemeenskappe wat vanaf die sestiende eeu in die Weste ontstaan het en hulself van die Katolieke Kerk afgeskei het ten volle van krag:Weliswaar ontbreek dit by di kerklike gemeenskappe wat van ons afgeskei het aan die volle eenheid met ons wat voortkom uit die Doopsakrament. Verder glo ons dat di kerklike groepe, as gevolg van tekorte wat voortspruit uit die feit dat hulle nie oor die Wydingsakrament beskik nie, dus nie die werklikheid van die Eucharistiese Geheimenis kon bewaar soos oorspronklik daarmee bedoel is nie. Maar wanneer hulle die Here se dood en opstanding herdenk by die Heilige Nagmaal, bely hulle nogtans hul geloof in n lewe in gemeenskap met Christus 62 en wag hulle op sy glorievolle wederkoms. Daarom moet die Katolieke gelowiges, terwyl hulle tog die godsdienstige oortuigings van hierdie geskeide broers respekteer, hulself daarvan weerhou om deel te neem aan die nagmaal dienste wat deur ons geskeide broers gevier word. Dit sal verhoed dat ons as Katolieke enige dubbelsinnige interpretasie aanwakker oor die aard van die Heilige Eucharistie en as gevolg daarvan ons plig versaak om getuienis te gee van die waarheid. So n optrede sou ook die vooruitgang vertraag wat tot dusver op die pad na sigbare eenheid gemaak is. Dit is ingelyks ondenkbaar om die Sondagmis te vervang deur ekumeniese woorddienste of gemeenskaplike gebedsdienste met Christene van die alreeds genoemde kerklike groeperinge of selfs deel te neem aan hul eie liturgiese dienste. Sulke vieringe en dienste, hoe prysenswaardig ook al in bepaalde omstandighede, ook in hul doelstelling om die uiteindelike volledige kommunie, inklusief die Eucharistiese gemeenskap tussen ons voor te berei, kan nooit ons Sondagverpligting om die Heilige Mis by te woon vervang nie. Die feit dat die volmag om die Eucharistie te konsekreer alleen aan

62

Tweede Vatikaanse Konsilie, Dekreet oor Katolieke deelname aan die Ekumeniese Beweging Unitatis redintegratio, 22.

29

biskoppe en priesters toevertrou is, beteken hoegenaamd nie n onderwaardering van die res van die Volk van God nie. In die Kerk, wat die kommunie is van die een Liggaam van Christus, word hierdie gawe vir die welsyn van almal gevier. 31. As die Eucharistie die middelpunt en die hoogtepunt is van die lewe van die Kerk, dan is dit op dieselfde wyse ook die middelpunt en hoogtepunt van die priesterlike bediening. Daarom herhaal ek, met n hart vol dankbaarheid teenoor onse Here Jesus Christus, dat in die Eucharistie die vernaamste en hoogste bestaansrede l van die sakrament van die priesterskap, wat immers tegelyk met die Eucharistie en in eenheid met die 63 Eucharistie ingestel is. Die pastorale aktiwiteite van die priester is veelvoudig. As ons ook die sosiale en kulturele omstandighede van ons huidige wreld in ag neem, kan ons insien hoe die priester die gevaar loop om sy fokus te verloor deur die groot aantal verskillende take wat hom opgel word. Die Tweede Vatikaanse Konsilie het pastorale liefdadigheid as di band gesien wat eenheid aan die lewe en werk van die priester gee. Hierdie band, voeg die Konsilie toe: vloei bowenal voort uit die Eucharistiese Offer, wat daarom 64 die middelpunt en oorsprong vorm van die hele priesterlike lewe. Ons kan dus begryp hoe belangrik dit vir die geestelike lewe van die priester is, asook vir die welsyn van die Kerk en die wreld, dat die priesters die aanbeveling van die Konsilie volg om daagliks die Eucharistie te vier: ook selfs, as die gelowiges nie daarby teenwoordig kan wees nie, is dit nog steeds 65 n daad van Christus en die Kerk. Op hierdie wyse sal die priesters in staat wees om die daaglikse spanninge te oorwin wat hulle kan aflei van hul eintlike fokus en so die geestelike energie vind wat nodig is om hul verskillende take uit te voer. Op hierdie wyse kan hul dae werklik Eucharisties wees.

63 64 65

Dominicae Cenae, 2.. Presbyterorum ordinis,14. Ibid.,13; vgl. Wetboek van Kanonieke Reg (CIC), kan. 904; Wetboek van Kanons van die Oosterse Kerke (CCEO), Kan. 378.

30

Die sentrale plek van die Eucharistie in die lewe en amp van die priesters kom ook voort uit die feit dat die Eucharistie die middelpunt vorm van die pastorale promosie van priesterroepinge. Juis in die Eucharistie word die gebed om roepinge die nouste verbind met die gebed van Christus, die Ewige Hopriester. Maar tegelykertyd gee die aandagtige sorg wat priesters aan hul Eucharistiese bediening gee, saam met die bewuste aktiewe en vrugbare deelname van die gelowiges aan die Eucharistie, n kragtige voorbeeld en aanmoediging aan jongmanne om die roepstem van God in hul eie lewens te beantwoord. God maak dikwels gebruik van die voorbeeld van ywerige herderlike liefde van n priester om in die hart van n jongman die saad van n priesterroeping te saai en tot volle wasdom te bring. 32. Dit alles laat n mens sien hoe verdrietig en ver van normaal die situasie is van n Christelike gemeenskap wat, ondanks die feit dat daar genoeg gelowiges is om n gemeente te vorm, geen priester het om di parogie te lei nie. Parogies is gemeenskappe van gedooptes wat hul identiteit bowenal uitdruk en bevestig deur die viering van die Eucharistiese Offer. Maar dit vereis die aanwesigheid van n priester, wat alleen oor die vermo beskik om die Eucharistie in persona Christi op te dra. Wanneer n gemeenskap sonder n priester sit, soek n mens tereg, op allerlei maniere, n oplossing vir di situasie, sodat die gemeente se Sondagvieringe kan voortgaan. Hier dink n mens met lof aan di religeuse en leke wat deur hul gebedsleiding hul broers en susters bystaan om die gemeenskaplike priesterskap van alle gelowiges, wat gebaseer is op die genade van die Doopsakrament, uit te leef. n Mens moet sulke oplossings egter altyd as tydelik van aard beskou, terwyl die betrokke parogie op n priester wag. Die sakramentele onvolledigheid van hierdie vieringe moet veral die hele gemeenskap daartoe aanspoor om vuriglik te bid dat die Here arbeiders sal stuur om sy oes te in (vgl. Matt. 9:38). Dit moet ook n aansporing vir n gemeenskap wees om alle ander elemente wat priesterroepinge sal aanmoedig te gebruik, sonder om in die verleiding te verval om kitsoplossings te probeer soek wat afbreuk sal doen aan die morele kriteria en gehalte van opleiding vir voorgenome kandidate tot die priesterskap. 33. Wanneer daar as gevolg van die tekort aan priesters aan nie-gewyde gelowiges n deel van die sielesorg in n parogie toevertrou word, moet hulle altyd die woorde van die Tweede Vatikaanse Konsilie in

31

gedagte hou: geen enkele Christelike gemeenskap kan opgebou word, as di gemeenskap nie sy oorsprong en middelpunt in die viering van die Heilige 66 Eucharistie vind nie. Sulke nie-gewyde sielesorgers het dus die verantwoordelikheid om in die gemeente n egte honger na die Eucharistie lewend te hou, sodat geen enkele geleentheid om die Heilige Mis te kan vier ooit verby sal gaan nie, en dat waar die geleentheid hom voordoen daar gebruik gemaak sal word van n priester wat nie deur die Kerkreg verhinder is om die Heilige Eucharistie te vier nie.

66

Presbyterorum ordinis, 6.

32

HOOFSTUK VIER
DIE EUCHARISTIE EN KERKLIKE EENHEID
34. Die Buitengewone Vergadering van die Biskoppesinode in 1985 het in die ekklesologie van kerklike eenheid di sentrale en fundamentele idee 67 van die dokumente van die Tweede Vatikaanse Konsilie gesien. Tydens haar aardse pelgrimstog, word die Kerk daartoe geroep om haar gemeenskap met die Drie-enige God te behou en te koester, sowel as die gemeenskap onder die gelowiges. Hiervoor beskik die Kerk oor die Woord en die Sakramente, veral die Eucharistie, waardeur sy 68 onophoudelik leef en groei. Die Kerk druk ook tegelykertyd haarself uit deur die Woord en die Sakramente. Dit is nie toevallig dat die begrip kommunie (d.w.s. eenheid) een van die spesifieke name van hierdie verhewe Sakrament geword het nie. Van al die sakramente beklee die Eucharistie dus die eerste plek, omdat hierdie Sakrament die gemeenskap met God die Vader deur middel van die vereenselwiging met die ngebore Seun deur die werking van die Heilige Gees tot volmaaktheid bring. Met die skerpsinnigheid van die geloof verwoord n belangrike skrywer uit die Bisantynse tradisie hierdie waarheid: in die Eucharistie meer as in enige ander sakrament word die geheimenis van kommunie/eenheid so n volmaakte realiteit dat dit ons bring tot die hoogte van alles wat goed is: hier vind n mens die hoogste doel van alles wat ons as mense nastreef, aangesien ons in hierdie sakrament God bereik 69 en God Homself hier met ons in volmaakte eenheid verbind. Presies om hierdie rede is dit goed om in ons harte n voortdurende verlange na die Sakrament van die Eucharistie te koester. Hierdie was die oorsprong van

67 68 69

vgl. Eindrapport, II.C.1, in:

LOsservatore Romano (10 Desember

1985), 7. Lumen gentium, 26. Nikolas Cabasilas, Lewe in Christus, IV, in SCH 355, 270.

33

die praktyk van geestelike kommunie, wat met die verloop van die eeue in die Kerk gevestig geraak het en hoog deur die heiliges en meesters van die geestelike lewe aanbeveel is. Die Heilige Teresa van Jesus skryf: Wanneer jy nie Kommunie ontvang nie en nie die Heilige Mis kan bywoon nie, kan jy nog steeds geestelike Kommunie ontvang. Hierdie oefening hou baie voordele in; 70 so sal jy n diepe liefde vir onse Here in jouself vestig. 35. Die viering van die Eucharistie kan egter nie die beginpunt van n gemeenskap wees nie; dit veronderstel dat so n gemeenskap alreeds bestaan, n gemeenskap wat deur die viering van die Eucharistie bestendig en tot volmaaktheid gebring sal word. Die sakrament is n uitdrukking van die gemeenskapsband, sowel in sy onsigbare dimensie wat ons in Christus deur die werking van die Heilige Gees met die Vader en onderling met mekaar verbind, as in sy sigbare dimensie wat die gemeenskaplike geloof in die leerstellinge van die apostels, in die sakramente en in die hirargiese ordening van die Kerk betref. Di intieme verhouding wat daar bestaan tussen die onsigbare elemente en die sigbare elemente van die Kerklike 71 gemeenskap bou ast ware die Kerk op as die Sakrament van Verlossing. n Geldige viering van en deelname aan die Eucharistie kan slegs in hierdie konteks plaasvind. Daaruit volg dat dit n intrinsieke vereiste van die Eucharistieviering is dat dit in kommunie (gemeenskap) gevier word en wel op so n manier dat die verskillende bande van gemeenskap intak bly. 36. Die onsigare kommunie, wat onsigbaar aan die groei is, veronderstel die lewe van genade, waardeur ons deelgenote kan word van die goddelike natuur (2 Pet. 1:4). Hierdie lewe van genade gaan gepaard met die deugde van geloof, hoop en liefde. Slegs so het ons waaragtig gemeenskap met die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Geloof op sy eie is nie voldoende nie, ons moet volhard in die heiligmakende genade en in die liefde, terwyl ons sowel liggaamlik as in ons hart binne die Kerk

70 71

Camino de perfeccin, 35. vgl. Kongregasie vir die Geloofsleer, Brief aan die biskoppe van die Katolieke Kerk oor enkele aspekte van die Kerk as kommunie [Communionis notio] (28 Mei 1992), 4.

34

bly. Wat vereis word, in die woorde van die Heilige Paulus is: ...die geloof wat deur die liefde werk. (Gal. 5:6). Om hierdie onsigbare bande intak te laat is n spesifieke morele plig van die Christen wat volledig wil deelneem aan die Eucharistie deur die Liggaam en Bloed van Christus te ontvang. Tot hierdie plig roep die Apostel Paulus die gelowige op met di aansporing: Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink... (1Kor. 11:28). Die Heilige Johannes Chrysostomus vermaan met sy gewone kragtige welsprekendheid: Ook ek verhef my stem, smeek, vra en versoek julle om nie hierdie heilige tafel te nader met n bevlekte en verdorwe gewete nie. Om so in n toestand van sonde die Heilige Kommunie te ontvang is geen gemeenskap met die Here nie, selfs al sou jy so die Liggaam van die Here n duisend keer ontvang dit is n duisend maal se verdoemenis, pyn en straf wat 73 jy oor jouself bring. Langs dieselfde lyne stel die Kategismus van die Katolieke Kerk die volgende vas: n Persoon wat bewus is dat hy in n toestand van ernstige sonde verkeer moet eers die Sakrament van Versoening ontvang alvorens hy opgaan om deel te neem aan die Heilige Kommunie van 74 die Here. Daarom wil ek dit graag opnuut beklemtoon dat di rel waarmee die Konsilie van Trente n konkrete uitdrukking gegee het aan die ernstige vermaning van die Apostel Paulus om die Eucharistie op n waardige wyse te ontvang nog steeds in die Kerk van krag is: ...sodra n mens bewus word van n doodsonde in jou lewe moet jy eerstens jou sonde 75 gaan bely alvorens jy die tafel van die Here mag nader.... 37. Die twee Sakramente van die Eucharistie en die Bieg is nou met mekaar verbonde. Omdat die Eucharistie die verlossende offer van die Kruis teenwoordig maak en dit op sakramentele wyse laat voortduur,

72

72 73 74 75

vgl. Lumen gentium, 14.

Homiliae in Isaiam, 6, 3, in PG 56, 139. Kategismus van die Katolieke Kerk, 1385; vgl. CIC, Kan. 916; CCEO, Kan. 711.
Toespraak van die pous: Die Sakrament van Versoening vorm die

Christelike gewete, gelewer voor die boetelinge van die vier Patriargale Basilieke (30 Januarie 1981).

35

beteken dit dat di Sakrament ons voortdurend tot bekering oproep en tot n persoonlike antwoord op die vermaning van die Apostel Paulus aan die Christene van Korinte: Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen (2 Kor. 5:20). As die gewete van n Christen met n ernstige sonde belas is, word die weg van boete deur die Sakrament van Versoening noodsaaklik vir n volledige deelname aan die Eucharistiese Offer. Die betrokke persoon moet uiteraard self n oordeel fel oor sy of haar staat van genade. Hierdie saak berus op n mens se eie gewetensondersoek. Nietemin kan die Kerk, waar dit oor opsigtelike en openbare gedrag gaan wat op ernstige en hardnekkige wyse ingaan teen die sedelike norme, soos voorgehou deur die Kerk, uit eerbied vir di Sakrament, n persoon wat aan hierdie gedrag skuldig is, die ontvangs van Heilige Kommunie verbied. Die Wetboek van Kanonieke Reg verwys na so n situasie waar daar duidelik by die betrokke persoon n totale gebrek aan n gepaste sedelike ingesteldheid bestaan en verklaar dat so n persoon wat halstarrig en in die openbaar volhard in n ernstige sonde nie toegelaat mag word tot die 76 Eucharistiese Kommunie nie. 38. Soos ek alreeds gemeld het is die Kerklike eenheid/kommunie iets wat sigbaar is. Die eenheid word uitgedruk in die volgende bande wat deur dieselfde Konsilie onderrig word: Diegene wat ten volle ingelyf is in die Kerklike gemeenskap is in besit van die Gees van Christus en aanvaar die hele sigbare organisasie en al die ingestelde heilsmiddele van di organisasie wat deur Christus gevestig is en deur sy Opperherder en Biskoppe bestuur word. So n ingelyfde persoon aanvaar die gemeenskaplike bande van die n geloofsbelydenis, die sakramente, Kerklike bestuur en gemeenskap wat onlosmaaklik met mekaar verbind is en deel uitmaak van Christus se Kerk op 77 aarde. Aangesien die Eucharistie die hoogste sakramentele manifestasie van die gemeenskap/kommunie van die Kerk is moet dit gevier word in n konteks van eerbied vir die uitwendige gemeenskapsbande. Op n heel besondere wyse is die Eucharistie die hoogtepunt van die geestelike lewe en 78 die doel van al die sakramente. Vandaar die vereiste dat die

76 77 78

CIC, Kan. 915; CCEO, Kan. 712.

Lumen gentium, 14. St. Thomas van Aquino, Summa Theologiae, III, q. 73, a. 3c.

36

gemeenskapsbande in die sakramente, in die besonder in die Doop en Priesterwyding, eg moet wees. Dit is net nie moontlik om Kommunie aan iemand te gee wat nie gedoop is nie of aan iemand wat die volle geloofswaarheid met betrekking tot die Eucharistiese Geheimenis verwerp. Christus is die waarheid en Hy getuig van die waarheid (vgl. Joh. 14:6; 18:37) die Sakrament van sy Liggaam en Bloed duld geen valsheid of geveinsdheid nie. 39. Verder moet ons onsself daaraan herinner dat die spesifieke karakter van kerklike eenheid en van die verhouding wat die Sakrament van die Eucharistie daaraan gee daartoe lei dat die Eucharistiese Offer, wat altyd opgedra word in n spesifieke gemeenskap, nooit net die viering van daardie betrokke gemeenskap alleen is nie. Die gemeenskap ontvang die Eucharistiese Aanwesigheid van die Here en daarmee die volledige gawe van die verlossing en is selfs as spesifieke en sigbare gemeenskap die beeld en ware 79 aanwesigheid van die een, heilige, katolieke en apostoliese Kerk. Hieruit volg dit dus dat n egte Eucharistiese gemeenskap nooit op homself ingekeer kan wees nie. n Eucharistiese gemeenskap is nooit iets ekslusief en selfgenoegsaam nie elke Eucharistiese gemeenskap moet volhard in harmonie met elke ander katolieke gemeenskap. Die kerklike gemeenskap van die Eucharistiese samekoms is n gemeenskap met n eie Biskop en met die Pous, die Biskop van Rome. Die Biskop is die 80 sigbare beginsel en fondament van die eenheid van sy besondere Kerk. Dit sou dus net nie sin maak om hierdie sakrament, wat by uitstek di sakrament van eenheid is, te vier sonder dat daar n werklike eenheid met die Kerk bestaan nie. St. Ignatius van Antiogi het geskryf: Die Eucharistie mag slegs as geldig beskou word as dit gevier word onder die biskop of onder 81 hom aan wie die biskop hierdie opdrag gegee het. Insgelyks, aangesien die Pous van Rome, as opvolger van Petrus, die blywende en sigbare beginsel en fondament is van die eenheid van sowel die biskoppe as van die

79 80 81

Communionis notio, 11.


vgl. Lumen gentium, 23.

Ad Smyrnaeos, 8, in: PG 5, 713.

37

gelowiges, is eenheid/gemeenskap met die Pous n intrinsieke vereiste vir die viering van die Eucharistiese Offer. Daaruit kom die diep waarheid voort wat op verskillende maniere deur die liturgie uitgedruk word: elke viering van die Eucharistie vind nie alleen plaas in eenheid met die eie (plaaslike) biskop nie, maar ook in eenheid met die Pous en met alle biskoppe, met alle geestelikes en met alle gelowiges. Elke geldige Eucharistiese viering gee uitdrukking aan die universele gemeenskap/eenheid met Petrus en met die hele Kerk. In die geval van di Christelike kerke, wat van Rome geskei is, 83 vra die Eucharistie objektief na di gemeenskap/eenheid/kommunie. 40. Die Eucharistie skep gemeenskap en koester gemeenskap. St. Paulus skryf aan die gelowiges in Korinte en verduidelik aan hulle hoe hul onderlinge verdeeldheid wat juis in hul Eucharistiese byeenkomste sigbaar was, teenstrydig was met dit wat hulle daar aan die vier was, naamlik die maaltyd van die Here. Die apostel vra hulle om die ware werklikheid van die Eucharistie te oorpeins en terug te keer tot n gees van broederlike gemeenskap (vgl. 1Kor. 11:17-34). Op sy gewone treffende manier verwys St. Augustinus na di woorde van St. Paulus: Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen n lid daarvan... (1Kor. 12:27, NV), as volg: As julle dus Christus se liggaam is en ledemate van Hom is, dan sal julle op die tafel van die Here julle eie geheimenis voor jul o vind. Ja, julle ontvang dus eintlik die geheimenis van wie julle eintlik is, die geheimenis van jul eie 84 bestaan. Op grond van hierdie waarneming besluit St. Augustinus: Christus die Here...heilig aan hierdie tafel die geheimenis van ons vrede en eenheid. Almal wat die geheimenis van die eenheid ontvang sonder om die vrede te bewaar ontvang gevolglik geen geheimenis vir sy eie welsyn nie, 85 maar n bewys teen homself. 41. Die besondere doeltreffendheid van die Eucharistie vir die bevordering van eenheid/kommunie, is een van die redes vir die

82

82 83 84 85

Lumen gentium, 23. Communionis notio, 4. Sermo 272, in: PL 38, 1247. Ibid, 1248.

38

belangrikheid van die Sondagmis. In my Apostoliese Brief Dies Domini het ek al uitvoerig hierdie en ander redes vir die heiliging van die Sondag ondersoek. Ek het die feit onderstreep dat die bywoning van die Sondagmis n verpligting vir gelowiges is, tensy hulle as gevolg van ernstige sake daarvan weerhou word. Daarom rus die verpligting op alle sieleherders om aan almal die moontlikheid te bied om di voorskrif van 87 die Kerk na te kom. In die Apostoliese Brief Novo millennio inuente, waarin ek nog nie so lank gelede nie die pastorale roete van die Kerk aan die begin van die derde millennium uiteengesit het, wil ek die besondere betekenis van die Sondag Eucharistie beklemtoon, deur die Eucharistie se gemeenskapsvormende werking te benadruk: Die Eucharistie is by uitstek di plek waar onderlinge eenheid steeds opnuut verkondig en gevoed word. Juis deur ons gesamentlike viering van die Eucharistie word die dag van die Here ook die dag van die Kerk en kan die Kerk op hierdie wyse dus 88 ook haar rol as sakrament van die eenheid vervul. 42. Die bewaring en bevordering van kerklike eenheid/kommunie is n taak vir elke gelowige, wat in die Eucharistie, in die sakrament van Kerkeenheid, n plek vind om sy besorgdheid daaroor te oorpeins. Meer konkreet rus hierdie taak op die skouers van die herders van die Kerk, wat na gelang hul posisie en kerklike amp di eenheid behoort te bevorder. Daarom het die Kerk norme vasgestel, wat sowel bedoel is om n veelvuldige en vrugbare nadering van die gelowiges tot die tafel van die Here aan te moedig, as ook om objektiewe voorwaardes vas te l, waaronder Heilige Kommunie nie bedien mag word nie. Die sorg waarmee ons hierdie norme getrou toepas word n praktiese middel om ons liefde vir die Euchariste en die Kerk te toon. 43. By ons oorpeinsing van die Eucharistie as die sakrament van Kerkeenheid is daar een aspek daarvan wat nie nagelaat mag word nie: hiermee bedoel ek die rol of verhouding van die Eucharistie met betrekking

86

86 87 88

vgl. Johannes Paulus II, Apostoliese Brief Dies Domini (31 Mei 1998), 31-51.

vgl. Ibid, 48-49. Novo millennio inuente, 36.

39

tot ekumeniese aktiwiteite. Ons moet almal die Heilige Drie-eenheid dank vir die baie gelowiges regoor die wreld wat die afgelope paar dekades so n brandende verlange koester na eenheid onder alle Christene. Die Tweede Vatikaanse Konsilie beskryf hierdie begeerte om eenheid in sy 89 aanhef tot die Dekreet oor Ekumenisme as n besondere gawe van God. Dit is God se genade wat ons, die seuns en dogters van die Katolieke Kerk, en ons broers en susters van ander kerke en kerklike groeperinge, daartoe genspireer het om die weg van ekumenisme te betree. Ons verlange om eenheid te bereik maak dat ons onsself na die Eucharistie wend, want dit is die Eucharistie wat by uitstek di sakrament van eenheid/gemeenskap/kommunie is. In die Eucharistie verkeer die volk van God waarlik in gemeenskap met mekaar. Die Eucharistie is die mees volmaakte 90 uitdrukking van hierdie gemeenskap en ook die bron van eenheid. In die viering van die Eucharistiese Offer bid die Kerk dat God, die Vader van alle genade, aan sy kinders die volheid van die Heilige Gees mag skenk 91 sodat ons n liggaam en gees word in Christus. Wanneer die Kerk hierdie gebed aanbied aan die Vader van lig, van wie elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom...(Jak. 1:17, NV), glo die Kerk dat God haar sal verhoor, want sy bid in en met Christus, haar Hoof en Bruidegom Christus neem di smeekgebed van sy Bruid en verenig dit met sy eie verlossende offer. 44. Die eenheid van die Kerk word deur die Eucharistie verwesenlik deur die offer van Christus en deur ons ontvangs van sy Liggaam en Bloed. Hierdie eenheid vereis dus n absolute gemeenskap wat deur die bande van die geloofsbelydenis, die sakramente en Kerklike leiding verseker word. Gevolglik is dit dus nie moontlik om die Eucharistiese liturgie gesamentlik te vier alvorens hierdie bande volledig herstel is nie. Enige ekumeniese konselebrasie sou op hierdie tydstip nie geldig wees nie en n hindernis word vir die strewe na die volle gemeenskap. So n ongeldige

89 90 91

vgl. Unitatis redintegratio, 1. vgl. Lumen gentium, 11. Verleen dat ons, wat di een brood en di een kelk deel, onderling verenig mag word in die gemeenskap van die Heilige Gees: Anafora van die Liturgie van St. Basilius.

40

konselebrasie sou nie net ons begrip verswak vir die afstand wat nog voorl voor ons ware Kerkeenheid kan bereik nie, maar ook dubbelsinnigheid oor belangrike geloofswaarhede veroorsaak. Die weg na volle eenheid kan slegs in die waarheid afgel word. Op hierdie gebied laat die prohibisies van die Kerkreg geen ruimte vir onsekerheid 92 nie. Hierdie prohibisies is trou aan die morele norm wat deur die Tweede 93 Vatikaanse Konsilie m.b.t. ekumenisme vasgestel is. Noudat ons vasgestel het dat dit op hierdie tydstip onmoontlik is om gesamentlik die Eucharistie te vier, wil ek nietemin dit wat ek in my Ensikliek Ut unum sint ges het graag herbevestig: En tog verlang ons vurig daarna om saam die n Eucharistie van die Here te vier. Hierdie verlange van ons word nou n gemeenskaplike lofsang en smeekbede. Saam keer ons onsself tot die 94 Vader en ons doen dit al hoe meer n van hart. 45. Terwyl dit nooit geoorloof is om by die afwesigheid van volledige kommunie/eenheid die Eucharistie te konselebreer nie, geld dieselfde prohibisie nie met betrekking tot die toediening van die Eucharistie onder spesiale omstandighede aan individue wat aan kerke of kerklike gemeenskappe behoort wat nie in volle kommunie met die Katolieke kerk is nie. Die feit is dat daar in hierdie geval gepoog word om n ernstige geestelike behoefte tegemoet te kom wat die ewige heil van di spesifieke gelowige wil bevorder dit is geensins die bedoeling dat dit hier gaan om die beoefening van interkommunie nie, iets wat onmoontlik is solank as wat

92

vgl. CIC, Kan. 908; CCEO, Kan. 702; Pouslike Raad vir die

Bevordering van die Eenheid van die Christene, Ekumeniese Direktorium (25 Maart 1993) 122-125, 129-131; Kongregasie vir die Geloofsleer, Brief Ad exsequendam (18 Mei 2001), in AAS 93 (2001), 786. 93
Deelname aan mekaar se erediens op n wyse wat inbraak maak op

die eenheid van die Kerk, of n formele instemming met dwaling of enige aksies wat op geloofsafvalligheid dui of n ergernis vir die Kerk inhou of onverskilligheid teenoor die Kerk aandui, word deur die goddelike wet verbied. Tweede Vatikaanse Konsilie Dekreet oor die Oosterse Katolieke Kerke Orientalium Ecclesiarum, 26. 94 Johannes Paulus II, Ensikliek Ut unum sint (25 Mei 1995), 45.

41

dit aan die sigbare bande van Kerkeenheid ontbreek. Hierdie benadering is deur die Tweede Vatikaanse Konsilie geneem toe hulle die riglyne bepaal het waarby Oosterse Christene, wat in goeder trou geskei lewe van die Katolieke Kerk, en wat spontaan en met die regte ingesteldheid vra om die Eucharistie uit die hande van n gewyde Katolieke bedienaar te 95 ontvang, dit mag doen. Hierdie handelswyse is vervolgens deur beide Wetboeke (Latynse Rite en Oosterse Rites) bekragtig. Noodsaaklike aanpassings is ook gemaak waarby ander, nie-Oosterse Christene, wat nie in volledige gemeenskap met die Katolieke staan nie, ook onder baie spesifieke omstandighede en by wyse van uitsondering, Heilige Kommunie 96 in n Katolieke kerk mag ontvang. 46. In my Ensikliek Ut unum sint het ek my eie waardering vir hierdie norme uitgespreek. Di norme maak dit moontlik om met die korrekte onderskeiding sorg te dra vir die heil van siele: Dit is rede tot vreugde dat Katolieke bedienaars in bepaalde spesifieke gevalle die Sakramente van die Eucharistie, Bieg en Siekesalwing mag toedien aan ander Christene, wat nie in volledige kommunie met die Rooms-Katolieke Kerk verkeer nie, maar wat vurig verlang om di sakramente te ontvang en uit eie wil daarom vra en diesefde geloof bely wat die Rooms-Katolieke Kerk oor di sakramente bely. Omgekeerd kan Katolieke ook in bepaalde gevalle en vanwe spesifieke omstandighede hierdie sakramente ontvang uit die hande van bedienaars van 97 Kerke wat oor geldige sakramente beskik. Hierdie voorwaardes waarvan n mens nie vrygestel kan word nie moet deeglik in ag geneem word en geld slegs vir sekere baie spesifieke gevalle. Enige persoon wat om di sakramente vra, maar nie die geloofswaarhede van die Katolieke geloof aanvaar of die geldigheid van die noodsaaklike vereiste van n gewyde priesterskap betwyfel, beskik nie oor die regte ingesteldheid nie en kan dus nie di sakramente in n Katolieke konteks toegedien word nie. Dieselfde geld vir Katolieke gelowiges: n Katolieke gelowige kan nie

95 96 97

Orientalium Ecclesiarum, 27. vgl. CIC, Kan. 844; CCEO, Kan. 671, 3-4. Ut unum sint, 46.

42

Heilige Kommunie in n Kerklike gemeenskap ontvang waarin die geldige 98 wydingsakrament nie aanwesig is nie. Die getroue nakoming van al hierdie norme is n uitdrukking van liefde en tegelykertyd n waarborg van daardie liefde, sowel teenoor Jesus Christus in die Allerheiligste Sakrament, asook teenoor ons broers en susters in ander Christelike denominasies, aan wie ons dit verskuldig is om getuienis te lewer van die waarheid so word die saak van eenheid bevorder.
99

98 99

vgl. Unitatis redintegratio, 22.

vgl. CIC, Kan. 844; CCEO, Kan. 671.

43

HOOFSTUK VYF
DIE WAARDIGHEID VAN DIE EUCHARISTIE VIERING
47. Wie in die Sinoptiese Evangelies die verslag lees oor die instelling van die Eucharistie word getref deur die eenvoud en ook deur die plegtigheid waarmee Jesus, op die aand van die Laaste Avondmaal, hierdie grootse sakrament ingestel het. Daar is n episode wat in n sekere sin n vooruitwysing is op die instelling van die Eucharistie: Die salwing in Betani. n Vrou, wat die Evangelis Johannes identifiseer as Maria, die suster van Lasarus, giet n flessie met kosbare balsem uit oor die hoof van Jesus. Hierdie gebaar lok by die dissipels, in die besonder by Judas (vgl. Matt. 26:8; Mark. 14:4, Joh. 12:4), verontwaardiging uit, asof hierdie handeling, in die lig van die armes se behoeftes, n onduldbare verspilling/verkwisting inhou. Die reaksie van Jesus Self is egter heel anders. Terwyl Hy geensins afbreuk doen aan ons verpligting om die armes te help nie die armes het julle altyd by julle.. (Matt. 26:11; Mark. 14:7; vgl. Joh. 2:8) sien Hy hierdie gebeurtenis in die lig van sy naderende dood en begrafnis. Vir Jesus is die salwing wat Hy van hierdie vrou ontvang n bewys van respek teenoor sy liggaam n eerbetoning wat sy liggaam selfs n sy dood sal ontvang omdat sy liggaam onlosmaaklik verbonde bly met die Geheimenis van sy Persoon. Die Sinoptiese Evangelies gaan vervolgens verder met Jesus se opdrag aan sy dissipels om sorgvuldig die groot Bovertrek gereed te maak vir die Paasmaaltyd (vgl. Mark. 14:15; Luk.22:2) waartydens Hy die Eucharistie instel. Dit blyk dat Jesus en sy dissipels die tradisionele Joodse rites ten minste tot die sing van die Hallel (vgl. Matt. 26:30; Mark. 14:26) gevolg het. Selfs met die verskillende weergawes waaroor ons beskik is die sober en plegtige eenvoud van di maaltyd duidelik, veral van Christus se woorde oor die brood en wyn wat Hy gebruik as n konkrete uitdrukking van sy liggaam en bloed wat Hy prysgee. Die Evangeliste herinner ons aan al di detail in die lig van die gevestigde praktyk van die breking van die brood wat deel uitgemaak het van die vroe Kerk se geloofservaring. Dit is duidelik dat di gebeure van Witte Donderdag, reeds van Jesus se tyd

44

af, sigbare spore dra van n liturgiese gevoeligheid. Hierdie vroe vorm van die liturgie was dus gegrond op die Ou Testamentiese tradisie wat nou nuwe lewe gekry het om by dit wat die vroe Christene geweet en geglo het in te pas die Paasgebeure (Christus se opstanding uit die dood) was die nuwe konteks waarin hierdie vieringe plaasgevind het. 48. Soos die vrou wat vir Jesus in Betani gesalf het, was die Kerk nog nooit bang om net haar beste vir die Here te gee nie: om die Kerk se verwondering en aanbidding van di onmeetlike geskenk van die Eucharistie uit te druk was en is net die beste goed genoeg. Net soos die Here se eerste dissipels opdrag gegee is om die Bovertrek gereed te maak, het die Kerk dit nog altyd as haar plig geag om deur die eeue heen en deur haar ontmoeting met verskillende kulture, die Eucharistie te vier op n wyse wat di groot Geheimenis waardig is. Die Christelike liturgie is gebore uit Jesus se eie woorde en gebare en rus op die rituele erfenis van die Joodse geloof. Sou ons mense egter ooit n waarlik gepaste middel kon ontwerp om uitdrukking te gee aan ons ontvangs van die gawe van Homself wat die goddelike Bruidegom voortdurend aanbied aan sy Bruid, die Kerk di offer wat vir eens en altyd aan die kruis volbring is en deur die Kerk as Voedsel aan opeenvolgende generasies van gelowiges gegee word? Alhoewel die idee van n feesmaal n sekere familiariteit suggereer het die Kerk nog nooit aan die verleiding toegegee om hierdie intimiteit met haar Bruidegom op banale wyse uit te druk nie dit sou so wees as ons sou vergeet dat Hy ook die Here van die Kerk is en dat di feesmaal altyd n offermaal is wat geteken word deur sy bloed wat op Golgota uitgestort is. Die Eucharistiese Feesmaal is waarlik n heilige maaltyd waarin die eenvoud van die tekens die onpeilbare diepte van die heiligheid van God verberg: O sacrum convivium, in quo Christus sumitur! Die brood wat op ons altare gebreek word, hierdie panis angelorum die brood van die engele word ons aangebied; ons wat eintlik maar pelgrims op die paaie van hierdie wreld is. Ons durf nie hierdie brood van die engele nader tensy ons nie dieselfde nederigheid het wat die hoofman oor honderd in die Evangelie gehad het nie: Here, ek is nie waardig dat U onder my dak inkom nie (Matt. 8:8; Luk. 7:6). 49. Diep onder die indruk van hierdie verhewe Geheimenis begryp ons hoe die Kerk se geloof in die Eucharistiese Geheimenis deur die geskiedenis uitdrukking gevind het nie alleen in die vereiste dat ons innerlike ingesteldheid eerbiedig moet wees nie, maar ook in die uiterlike vorme van ons erediens, wat bedoel is om die grootsheid van die gebeurtenis wat ons

45

vier, te onderstreep en te beklemtoon. Stap vir stap het daar deur die eeue n raamwerk van voorskrifte en rels ontwikkel wat betrekking het op die Eucharistiese Liturgie. Hierdie rels neem die verskillende wettige Kerklike tradisies in ag. Op dieselfde wyse het die Kerk n ryk erfenis van kuns rondom die Eucharistiese Liturgie ontwikkel. Argitektuur, beeldhoukuns, skilderkuns en musiek het, geraak deur hierdie Christelike Geheimenis, in die Eucharistie n direkte en indirekte bron van inspirasie gevind. Die boukuns/argitektuur was byvoorbeeld getuie van die oorgang toe die historiese situasie dit moontlik gemaak het van die eerste plekke waar die Eucharistie in die domus (huise) van Christelike families gevier is tot die plegtige basilieke van die vroe eeue, tot die indrukwekkende katedrale van die Middeleeue en tot die kerke, groot en klein, wat geleidelik regoor die wreld gebou is. Die ontwerp van die altare en tabernakels in die kerkinterieurs was dikwels nie bloot as gevolg van kunssinnige inspirasie nie maar deur n helder begrip van die Geheimenis wat daar gevier word. Dieselfde sou n mens van gewyde musiek kon s hier hoef n mens maar net aan die genspireerde Gregoriaanse melodie te dink en die magdom groot komponiste wat probeer het om reg te laat geskied aan die liturgiese tekste van die Heilige Mis. En sien n mens nie op die gebied van Kerklike voorwerpe en liturgiese gewade n geweldige hoeveelheid kunstige werke nie, vanaf die produkte van n goeie vakman tot ware kunswerke? Dit is inderdaad so dat net soos die Eucharstie vorm gee aan die Kerk en spiritualiteit, die Eucharistie ook n kragtige invloed uitoefen op die gebied van kultuur, veral op estetiese vlak. 50. In hul aanbidding van hierdie grootse Geheimenis het daar op rituele en estetiese vlak nog altyd n tipe gesonde wedywering bestaan tussen die Christene van die Weste en van die Ooste. Hoe sou ons die Here nie dankbaar kan wees nie vir die besonderse bydrae tot die Christelike kuns wat die Grieks-Bisantynse tradisie en Slawoniese kulture op die gebied van die bou- en skilderkuns gelewer het? In die Ooste het die gewyde kuns n opmerklike sterk gevoel vir die Geheimenis behou. Hier het kunstenaars die gewyde kunswerke wat hulle geskep het nie as n uitdrukking van hul eie talente gesien nie maar as n geloofsdiens. Die gewyde kuns van hierdie mense lewer dan ook bewys dat dit vir hulle nie om blote tegniese

46

vaardigheid gegaan het nie maar om n leergierige ontvanklikheid vir die inspirasie van die Heilige Gees. Die skitterende argitektuur en mosaekwerk van die Christelike Ooste en Weste vorm n erfenis wat aan alle gelowiges behoort; hierdie gewyde kunswerke dra in hulself n hoop, selfs n belofte van Kerkeenheid - daardie gewenste volheid van gemeenskap in geloof en viering. Hierdie veronderstel en vereis, soos in Roebljev se beroemde ikoon van die Drie-eenheid, n Kerk wat ten diepste Eucharisties is en waarin die aanwesigheid van die Geheimenis van Christus in die gebroke brood ast ware onderdompel word in die uitspreeklike eenheid van die Drie Goddelike Persone, om so van die Kerk self n ikoon van die Drie-eenheid te maak. Binne hierdie konteks van n kuns wat in al sy elemente gerig is op die uitdrukking van die betekenis van die Eucharistie soos omskryf is deur die Kerk se leerstellinge, moet daar aandag gegee word aan die norme wat die bou en versiering van gewyde geboue reguleer. Soos die geskiedenis 100 laat sien en ek benadruk het in my Brief aan kunstenaars, het die Kerk nog altyd baie ruimte gelaat vir die kreatiwiteit van kunstenaars. Gewyde kuns moet homself egter altyd onderskei deur sy vermo om op gepaste wyse uitdrukking te gee aan die Geheimenis van ons Christelike geloof, soos vervat in die leerstellinge van die Kerk en in ooreenstemming met die pastorale riglyne wat deur die bevoegde Kerklike gesag uitgevaardig is. Hierdie norm geld sowel vir die beeldende kunste as vir gewyde musiek. 51. Die ontwikkeling van gewyde kuns en van liturgiese beginsels wat in die lande met n ou Christelike erfenis plaasgevind het vind nou ook plaas in wrelddele waar die Christendom jonger is. Hierdie benadering is juis gekies deur die Tweede Vatikaanse Konsilie om gepaste en gesonde inkulturasie aan te moedig. By my talle pastorale besoeke oor die hele wreld het ek die groot lewenskrag gesien waarmee die Eucharistie gevier kan word en waartoe die vorme, style en intusies van die verskillende kulture n bydrae gelewer het. Deur aanpassing aan die veranderende omstandighede van tyd en plek bied die Eucharistie voedsel, nie alleenlik

100 vgl. Johannes Paulus II, Brief aan kunstenaars (4 April 1999).

47

aan individue nie, maar aan hele volke, en so omvorm die Eucharistie kulture wat deur die Christendom genspireer word. Dit is egter nodig dat di belangrike aanpassingswerk gedoen word met n voortdurende besef van die onuitspreeklike Geheimenis van ons geloof: elke generasie word uitgedaag om homself teen hierdie Geheimenis te meet. Hierdie skat is te belangrik en kosbaar om deur eksperimentasie of praktyke wat ingevoer word sonder die nodige goedkeuring deur die bevoegde Kerklike outoriteite verarm of deur kompromisse afgewater te word. Die sentrale plek wat die Eucharistiese Geheimenis inneem vereis bowendien dat enige hersiening slegs met die nodige goedkeuring van en in noue samewerking met die Heilige Stoel deurgevoer mag word. Soos ek geskryf het in my postsinodale Eksortasie Ecclesia in Asia: samewerking met die Heilige Stoel is van wesenlike belang, want die Heilige Liturgie is die uitdrukking en viering van n geloof wat deur almal bely word, die Liturgie is die erfgoed van die hele Kerk en dus nie iets wat deur plaaslike Kerke, apart 101 van en buite die Universele Kerk, vasgestel word nie. 52. Dit alles behoort dit duidelik te maak hoe groot die verantwoordelikheid is wat priesters dra vir die viering van die Eucharistie. Dit is die verantwoordelikheid van priesters om in persona Christi die Eucharistieviering te lei en getuienis te gee en n diens van kommunie/eenheid te lewer, nie alleen vir die gemeente wat direk deelneem aan die betrokke viering nie, maar ook vir die hele Kerk wat deel uitmaak van elke Eucharistie. n Mens betreur die feit dat daar, veral in die jare wat gevolg het, op die postkonsilire liturgiese hervorming, as gevolg van n misleide gevoel van kreatiwiteit en aanpassing, n aantal misbruike was wat vir baie gelowiges groot verdriet veroorsaak het. n Sekere reaksie teen formalisme het sommiges, veral in bepaalde streke, daartoe gebring om die vorme wat die Kerk se groot liturgiese tradisie en haar Leergesag (magisterium) gekies het, as nie-bindend te beskou en om nie-goedgekeurde vernuwinge in te voer wat soms heeltemaal onvanpas was.

101 Johannes Paulus II, Postsinodale Eksortasie Ecclesia in Asia (6 November 1999), 22.

48

Ek ag dit daarom my plig om u dringend daarop te wys dat al die liturgiese norme vir die viering van die Eucharistie getrou nagekom moet word. Hierdie norme vorm n konkrete uitdrukking van die outentieke Kerklike natuur van die Eucharistie: dit is die diepste betekenis van di norme. Liturgie is nooit die persoonlike eiendom van enigiemand nie dit is nie die persoonlike eiendom van die selebrant of van die gemeente waarin di Geheimenis gevier word nie. Die Apostel Paulus moes skerp woorde rig aan die gemeente in Korinte vanwe die ernstige tekortkominge in hul viering van die Eucharistie hierdie tekortkominge het gelei tot afskeidings (schismata) en die totstandkoming van faksies (haereseis) binne die gemeente (vgl. 1 Kor. 11:17-34). Ons tyd vra na n hernude besef van en waardering vir die liturgiese norme as n weerspieling en n getuienis van die een Universele Kerk wat teenwoordig gemaak word in elke viering van die Eucharistie. Priesters wat trou die Heilige Mis vier volgens die liturgiese norme en gemeentes wat hulself berus by di norme toon daardeur hul liefde vir die Kerk. Juis om hierdie diepere betekenis van die liturgiese norme beter te verduidelik het ek die bevoegde instansies binne die Romeinse Kurie gevra om n dokument hieroor voor te berei, met inbegrip van juridiese voorskrifte. Niemand mag die Geheimenis wat in ons hande gegee is geringskat nie: hierdie Geheimenis is te groot om deur mense op n ligsinnige wyse behandel te word, sonder eerbied vir Heiligheid en Universaliteit hiervan.

49

HOOFSTUK SES
IN DIE SKOOL VAN MARIA, DIE VROU VAN DIE EUCHARISTIE
53. Wanneer ons die intieme verhouding, wat die Kerk met die Eucharistie verbind, in sy volle rykdom wil herontdek, kan ons nie Maria, Moeder en model van die Kerk, vergeet nie. In my Apostoliese Brief Rosarium Virginis Mariae het ek na die Heilige Maagd verwys as ons Lerares by ons kontemplasie van die gelaat van Christus. Onder die Ligryke Geheimenisse 102 van die Rosekransgebed het ek die instelling van die Eucharistie ingesluit. Maria kan ons na hierdie Allerheiligste Sakrament lei omdat sy n diep verhouding daarmee het. Dit mag met die eerste oogopslag lyk asof hierdie tema nie in die Evangelie teruggevind kan word nie. In die verslag oor die instelling van die Eucharistie op die aand van Witte Donderdag word Maria nrens vermeld nie. Tog weet ons dat sy by die apostels wie wat n van hart (vgl. Hand. 1:14) gebid het in daardie eerste Christen gemeenskap wat n die Hemelvaart in afwagting op Pinkster bymekaar gekom het. Maria moes sekerlik aanwesig gewees het by die Eucharistie vieringe van die eerste generasie Christene, wie trou was aan die breking van die brood (Hand. 2:42). Naas haar deelname aan die Eucharistiese maaltyd kan die verhoudig van Maria tot die Eucharistie wel indirek afgelei word uit haar innerlike houding. Met haar hele lewe is Maria n vrou van die Eucharistie. Die Kerk, wat na Maria opsien as haar oerbeeld (unieke model), word daartoe geroep om haar in haar verhouding tot hierdie Heiligste Geheimenis na te volg. 54. Mysterium fidei Die Eucharistie is n Geheimenis van die geloof, iets wat ons begrip te bowe gaan, en iets wat ons slegs kan leer verstaan deur ons totale oorgawe aan die woord van God. Wie beter as Maria om ons

102 vgl. Rosarium Virginis Mariae, 21.

50

hierin by te staan? Wanneer ons Christus se handeling by die Laaste Avondmaal herhaal gehoorsaam ons sy opdrag: Doen dit tot my gedagtenis (Luk. 22:19). Terselfdertyd aanvaar ons ook die uitnodiging van Maria om Hom sonder aarseling te gehoorsaam: Net wat Hy vir julle s, moet julle doen (Joh. 2:5). Met dieselfde moederlike sorg, wat sy by die huwelik van Kana openbaar het, s Maria ast ware ook vir ons: Aarsel nie, vertrou op die woorde van my Seun. As Hy in staat was om water in wyn te verander, kan Hy ook uit brood en wyn sy Liggaam en Bloed maak, en deur hierdie Geheimenis aan ons gelowiges die lewende gedagtenis van sy Pase skenk, om so vir ons die Brood van die Lewe te word. 55. In n sekere sin het Maria haar Eucharistiese geloof reeds voor die instelling daarvan beleef en dit deur die feit dat sy haar maagdelike skoot vir die Menswording van die Woord van God aangebied het. Terwyl die Eucharistie vooruitwys na die Lyding en Opstanding van Christus staan die Eucharistie ook in kontinuteit met die Menswording. Maria ontvang by die Aankondiging die Seun van God in die liggaamlike werklikheid van sy Liggaam en Bloed. Op hierdie wyse antisipeer sy in n sekere sin dit wat sakramenteel met elke gelowige gebeur, wanneer ons onder die tekens/gedaantes van brood en wyn die Liggaam en Bloed van die Here ontvang. Gevolglik is daar n diep ooreenkoms tussen Maria se Fiat (laat dit met my gebeur) op die engel se boodskap en die Amen (dit is so) wat elke gelowige uitspreek wanneer hy of sy die Liggaam van die Here ontvang. Maria is gevra om te glo dat Hy, wat sy ontvang het deur die werking van die Heilige Gees die Seun van God is (vgl. Luk. 1:30-35). In kontinuteit met die geloof van die Maagd word ons in die Eucharistiese Geheimenis gevra om te glo dat Jesus Christus, die Seun van God en die Seun van Maria, met sy hele goddelike en menslike wese, teenwoordig is onder die tekens van brood en wyn. Salig is sy wat geglo het (Luk. 1:45): in die Geheimenis van die Menswording loop Maria ons vooruit in die Eucharistiese geloof van die Kerk. By haar besoek aan Elisabet het sy die Vleesgeworde Woord in haar skoot gedra en was sy in n sekere sin n tabernakel die eerste tabernakel in die geskiedenis waarin die Seun van God, nog onsigbaar vir die o van die mense, Hom laat aanbid het deur Elisabet. Christus se lig is toe uitgestraal deur die o en stem van Maria. Die ekstase van Maria se gesig toe sy vir die eerste keer die pasgebore Jesus aanskou het en

51

waarmee sy Hom in haar arms vasgehou het is di ongewenaarde model van liefde, waardeur ons onsself moet laat inspireer, elke keer as ons Heilige Kommunie gaan ontvang. 56. Deur haar hele lewe, nie net op Golgota nie, het Maria aan Christus se sy die offerdimensie van die Eucharistie haar eie gemaak. Toe sy haar Kind Jesus na die Tempel in Jerusalem gebring het om Hom tot beskikking van die Here te stel (Luk. 2:22, NV), het sy gehoor hoe die bejaarde Simeon profeteer dat hierdie kind n teken wat weerspreek sal word sou wees, en dat n swaard haar eie hart sou deurboor (vgl. Luk. 2:34-35). Reeds hier word die tragedie van die kruisiging van haar Seun aangekondig en gooi die Stabat Mater van Maria aan die voet van die kruis in n sekere sin sy lang skaduwee vooruit. In haar daaglikse voorbereiding op Golgota kon Maria iets van n geantisipeerde Eucharistie ervaar, wat n mens moontlik n geestelike Kommunie sou kon noem. n Geestelike Kommunie van verlange en opoffering, wat sy hoogtepunt sou vind in Maria se eenheid met haar Seun in sy lyding. Hierdie geestelike Kommunie van Maria sou n Pase tot uitdrukking kom in haar deelname aan die Eucharistie wat die apostels sou vier as gedagtenis aan daardie lyding. Wat moes Maria gevoel het, toe sy uit die mond van Petrus, Johannes en Jakobus en die ander apostels die woorde hoor wat by die Laaste Avondmaal gespreek is: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word (Luk. 22:19)? Die Liggaam wat vir ons oorgelewer is en werklik aanwesig gemaak word onder die sakramentele tekens was dieselfde Liggaam wat sy in haar skoot ontvang het! Vir Maria moes die ontvangs van die Eucharistie in n sekere sin n hernude verwelkoming in haar skoot gewees het van daardie hart wat saam met haar hart geklop het en ook n nuwe belewenis van dit wat sy aan die voet van die Kruis deurgemaak het. 57. Doen dit tot my gedagtenis (Luk. 22:19). In die gedagtenis van Golgota is alles aanwesig wat Christus met sy lyding en dood bewerkstellig het. Dit beteken, dat alles wat Christus teenoor sy Moeder vir ons heil gedoen het ook aanwesig is. Hy vertrou haar toe aan sy geliefde dissipel en, in hom, gee Hy haar aan elkeen van ons: Vrou, dr is u seun!. Aan elkeen van ons s Hy ook: Dr is jou moeder! (vgl. Joh. 19:26-27). Die gedagtenis van Christus se dood wat ons in die Eucharistie beleef, beteken ook dat Hy ons voortdurend aan sy Moeder gee. Dit beteken dat ons telkens opnuut soos die geliefde dissipel Johannes di een moet aanvaar wat Christus ons as Moeder gee. Dit beteken ook dat ons onsself

52

daartoe verbind om gelykvormig aan Christus te word en om dit te doen moet ons onsself inskryf in die skool van Maria sodat sy ons kan begelei. Maria is met die Kerk en as Moeder van die Kerk in elke Eucharistieviering aanwesig. Soos die Kerk en die Eucharistie n onskeibare eenheid vorm, so vorm Maria en die Eucharistie ook n onskeibare eenheid. Daarom was die gedagtenis aan Maria, vanaf die vroegste tyd af altyd n onderdeel gewees van die Eucharistievieringe in die Kerke van die Ooste en die Weste. 58. In die Eucharistie word die Kerk volledig verenig met Christus en sy Offer die Kerk maak di waarheid in die gees van Maria haar eie. Hierdie waarheid kan dan dieper verstaan word wanneer ons die Lofsang van Maria (die Magnificat) in sy Eucharistiese sin herlees. Net soos die Lofsang van Maria is die Eucharistie in die eerste plek n lof- en danksegging. Toe Maria uitroep: My hart besing die grootheid van die Here, my gees het hom in God, my Redder, verbly, (Luk. 1:46-47) het sy alreeds Jesus in haar skoot gedra. Sy loof die Vader deur Jesus, maar sy loof Hom ook in Jesus en met Jesus. Hierdie is presies die ware Eucharistiese houding. Tegelykertyd gedenk Maria die wonderbare dade van God in die heilsgeskiedenis, ooreenkomstig sy belofte aan ons voorouers (vgl. Luk. 1:55), en verkondig sy die alles-oortreffende wonder van die verlossende Menswording. In die Magnificat vind n mens ook uiteindelik die eskatologiese spanning wat in die Eucharistie aanwesig is. Telkens wanneer die Seun van God Homself in die armoedige sakramentele tekens van brood en wyn aan ons toon, ontkiem daar in ons wreld die sade van die nuwe geskiedenis, waarin maghebbers onttroon word en geringes 103 verhoog word (vgl. Luk. 1:52). Maria besing hierdie nuwe hemel en nuwe aarde, waarna die Eucharistie ons vooruitwys. In die Eucharistie vind n mens in n sekere sin die program vir hierdie nuwe hemel en aarde. Die Magnificat druk die spiritualiteit van Maria uit en hierdie spiritualiteit is vir ons n groot en nuttige hulpmiddel om die Eucharistiese Geheimenis te beleef. Die Eucharistie is aan ons gegee sodat ons lewe, net soos di van Maria, geheel en al n Magnificat kan word.

103 Alle aanhalings uit die Magnificat is geneem uit Psalms en Lofgesange deur Bonaventure Hinwood, OFM (1993).

53

SLOT
59. Ave, verum corpis natum de Maria Virgine! n Paar jaar gelede het ek die vyftigste herdenking van my priesterwyding gevier. Vandag ervaar ek die genade om aan die Kerk hierdie Ensikliek aan te bied oor die Eucharistie en dit op die Witte Donderdag wat in die vyf-en-twintigste jaar van my Petrynse diens val. Soos ek dit doen is my hart gevul met dankbaarheid. Vir meer as n halwe eeu lank, van die 2de November 1946 toe ek my eerste Heilige Mis opgedra het in die kriptus van St. Leonardus in die Wawel-katedraal van Krakau, was my o elke dag gerig op die hostie en die kelk, waarin tyd en ruimte in n sekere sin ineenkrimp en die drama van Golgota weer lewendig voorgestel word en sy geheimvolle gelyktydige teenwoordigheid gemanifesteer word. Elke dag was my geloof in staat gewees om in die gekonsekreerde brood en gekonsekreerde wyn die Goddelike Pelgrim te herken wat Homself aangesluit het by sy twee dissipels op pad na Emmas en hul o geopen het vir sy lig en hul harte geopen het vir sy nuwe hoop (vgl. Luk. 24:13-35). Veroorloof my, liewe broers en susters, om met diep emosie my eie getuienis te gee van my geloof in die Allerheiligste Eucharistie, sodat ek my by u geloof kan voeg en dit versterk. Ave, verum corpus natum de Maria Virgine, vere passum, immolatum, in cruce pro homine! Hier is die skat van die Kerk, die hart van die wreld, die belofte van n vervulling waarna elke mens, selfs onbewustelik, hunker. Hierdie is waarlik n groot Geheimenis wat alles oortref en die vermo van ons gees op die proef stel om verder te gaan as wat die o kan sien. Hier skiet ons sintuie te kort: visus, tactus, gustus in te fallitur, in die woorde van die gesang Adoro te devote; maar alleen die geloof, gewortel in die woord van Christus wat deur die apostels aan ons oorgelewer is, is vir ons voldoende. Laat my toe, om soos Petrus aan die einde van die Eucharistiese uiteensetting in die Evangelie van Johannes, nog eenmaal aan Christus te vra, namens die hele Kerk en namens elkeen van u: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. (Joh. 6:68). 60. By die daeraad van hierdie derde millenium, word ons, die kinders van die Kerk, daartoe opgeroep om met hernude geesdrif die reis van die Christelike lewe te onderneem. Soos ek geskryf het in my Apostoliese Brief

54

Novo millennio inuente: gaan dit nie daarom om n nuwe program uit te dink nie. Die program bestaan alreeds van die begin af en dit is te vinde in die Evangelie en in die lewende Tradisie. Uiteindelik l die kern van di program in Christus Self Hy wat geken, bemin en nagevolg moet word sodat ons in Hom die lewe van die Drie-enige God mag leef, en met Hom die geskiedenis kan 104 omvorm en tot voleinding kan bring in die hemelse Jerusalem. Die verwerkliking van di program van hernude impetus in die Christelike lewe loop deur die Eucharistie. Elke strewe na heiligheid, elke aksie wat gerig is op die vervulling van die sending van die Kerk, elke uitvoering van pastorale planne moet die noodsaaklike krag put uit die Eucharistiese Geheimenis en daarop gerig wees as die hoogtepunt van alle handeling. In die Eucharistie vind ons Jesus. In die Eucharistie is Jesus se offer van verlossing vir ons n realiteit. In die Eucharistie ontmoet ons Jesus se Opstanding, ontvang ons die gawe van die Heilige Gees, en kan ons in gehoorsaamheid en liefde teenoor die Vader aanbid. As ons die Eucharistie verwaarloos, hoe sou ons ooit ons eie tekortkominge oorkom? 61. Die Eucharistiese Geheimenis offer, teenwoordigheid, maaltyd verdra nie reduksie of eksploitasie nie. Hierdie Geheimenis moet in sy geheel ervaar word: in sy viering as fees, in di intieme tweegesprek met Jesus, wat plaasvind nadat n mens Hom in die Heilige Kommunie ontvang het; ook in n mens se biddende bepeinsing by die Eucharistiese Aanbidding buite die Heilige Mis. So word die Kerk stewig opgebou en word sy wat sy werklik is: n, heilig, katoliek en apostolies: volk, tempel en familie van God; liggaam en Bruid van Christus, besiel deur die Heilige Gees; die universele heilsakrament en hirargies geordende gemeenskap. Die weg wat die Kerk afl in hierdie eerste jare van die derde millennium is ook n weg van hernude ekumeniese inset. Die laaste jare van die tweede millennium, wat hul hoogtepunt gehad het in die groot Jubileum, het ons in di rigting gedryf, deurdat alle gedooptes aangespoor is om die gebed van Jesus te beantwoord ut unum sint (sodat hulle een kan wees) (Joh. 17:11). Hierdie weg is lank en vol hindernisse wat ons menslike kragte te bowe gaan, maar ons het die Eucharistie, en in die Eucharistiese

104 Novo millennio inuente, 29.

55

teenwoordigheid kan ons in die diepte van ons hart dieselfde woorde hoor wat die profeet Elia gehoor het: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel. (1 Kon. 19:7). Dit is werklik asof hierdie woorde aan ons gerig is. Die Eucharistiese skat, wat die Here tot ons beskikking gestel het, gee ons vleuels op pad na ons einddoel: volle deelname aan hierdie skat met alle broers en susters met wie ons in ons gemeenskaplike doop verbind is. Om hierdie skat egter nie te verkwis nie, is dit noodsaaklik dat ons di vereistes eerbiedig wat voortkom uit di feit dat hierdie die Sakrament van die gemeenskap in die geloof en in die apostoliese suksessie is. Deur aan die Eucharistie al die eer te gee wat dit toekom en deur met groot aandag oor die Eucharistie te waak sodat niks die dimensie of aanspraak daarvan sal verminder nie is n bewys dat ons werklik bewus is van die grootheid van hierdie gawe. Vanaf die eerste eeue af getuig die ononderbroke waaksaamheid van die Christelik gemeenskap met betrekking tot die bewaring van hierdie skat van die waarde daarvan. Gedrewe deur die liefde bekommer die Kerk haar daaroor om, sonder om maar een fragment van ons geloof in die Geheimenis van die Eucharistie en die leerstelling daaroor prys te gee, di geloof aan die volgende Christelike generasies deur te gee. Daar bestaan geensins enige gevaar dat ons sorg oor di Geheimenis oordryf kan word nie, aangesien hierdie 105 Sakrament die hele Geheimenis van ons verlossing saamvat 62. Dierbare broers en susters, laat ons deel word van die die skool van die heiliges, die groot verkondigers van ware Eucharistiese devosie. Deur die heiliges bereik die teologie van die Eucharistie die volle glans van n geleefde werklikheid. Die heiliges steek ons aan en verwarm ons harte. Laat ons veral luister na die Allerheilige Maagd Maria, in wie die Eucharistiese Geheimenis Homself meer as in enige ander mens openbaar het as n Geheimenis van lig. Deur na Maria te kyk herken ons die veranderende krag van die Eucharistie. In haar sien ons die wreld wat in liefde vernuwe is. Wanneer ons Maria beskou as iemand wat met liggaam en siel in die hemel opgeneem is, sien ons die nuwe hemel en nuwe aarde oopbreek soos ons dit by die tweede koms van Christus sal aanskou. Die Eucharistie is hier op aarde die waarborg daarvan en wys vooruit na di gebeure: Veni, Domine Iesu! (Kom, Here Jesus), (Open. 22:20).

105 Summa Theologiae, III, q. 83, a. 4c.

56

Onder die nederige gedaantes van brood en wyn, wat substansiel in sy liggaam en bloed verander is, gaan Christus saam met ons as ons krag en ons voedsel op ons lewenspad en maak Hy van ons getuies van hoop vir ander. Wanneer ons verstand voor di Geheimenis sy grense ervaar, tree ons hart in met begrip, want verlig deur die Heilige Gees, weet ons hart hoe sy houding moet wees en versink hy in aanbidding en grenslose liefde voor di Geheimenis. Laat ons die gevoelens van St. Thomas van Aquino ons eie maak hy was n uitmuntende teoloog en tegelykertyd n passievolle digter oor Christus in die Eucharistie. Kom ons maak ons siel oop om di beloofde einddoel van ons bestaan te oorweeg, dit waarna ons hart hunker in sy dors na vreugde en vrede:
B o n e pa s t o r , p a ni s v e r e, Iesu, nostri miserere Goeie Herder, ware brood, Jesus, toon ons u ontferming: voed ons en lei ons daartoe om U in die land van die lewendes te aanskou.

U, wat alwetend en almagtig is, word hier die voedsel van sterflinge, maak van ons u tafelgaste, mede-erfgename en medeburgers van u ewige Ryk.

Gegee te Rome by Sint Petrus, 17 April 2003, Witte Donderdag, in die vyf-en-twintigste jaar van my pontifikaat, in die Jaar van die Rosekrans.

* Alle aanhalings uit die Heilige Skrif is geneem vanuit die 1953-Vertaling van die Bybel, tensy anders aangedui.

DIE ORATO RIUM UITGEW ERY

DOU

ISBN 1-919962-12 -3

Anda mungkin juga menyukai