Anda di halaman 1dari 24

1.

Posie
In prosa het ons die ongebonde styl wat sonder relmaat voortvloei. Posie daaren-
teen, is n meer gebonde styl, gekenmerk deur n groter mate van metriese relmatig-
heid.

Verdere kenmerke waardeur die digwerk hom onderskei van die prosawerk is

Posie is n beknopte uidrukkingwyse. Die digter het minder woorde nodig as die
prosaskrywer om te s wat hy wil s.
Posie is gewoonlik beeldryker.
Dit laat n groter vryheid van woordorde toe.
Dit het n groter relmaat en ordening.
Posie is oor die algemeen klankryker, harmonieuser van klank.
Daar kan n verskil wees in die woordgebruik.
Posie kan rym.

Wat is posie?
(Grieks -poien - om te maak; poietes - maker; poiema - maaksel)

'LWLVQNWLHZHZRRUGZrUHOGPHWV\HLHZHWWHZDWQLHRRUHHQKRHIWHVWHPPHW
die werklikheid self nie.
Daar word n beroep op die leser se verbeelding en sy deelname aan di kam-
mawreld gemaak.
Woorde word in n gedig anders gebruik as byvoorbeeld in n weerberig. Dit gaan
dus nie om feite nie, maar om houdings, emosies en menslike reaksies weer te gee.
'LHVLWXDVLHHQJHEHXUHLQGLHJHGLJLVGHHOYDQQNWLHZHZHUNOLNKHLG
Die spreker of meedeler speel n rol in die wreld van die gedig.

1.2 Soorte posie

1.2.1 Kort gedigte


Kwatryn

Is n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-
mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa, aaba. Dit bestaan uit
vier versrels. Die slotvers moet rym met ander klanke wat prominent in die gedig
voorkom, sodat die gedig n geslote geheel vorm.

5
Voorbeelde:

Stillewe

Die spiel weerkaats n stukkie bed en hande


horlosie, kleingeld en kruisbande,
en eenkant in n glas buig water
skedelig om valstande.

D.J. Opperman

XXXI

Vir daardie Deur kan ek geen sleutel kry


By daardie Sluier sien ek nie verby
Ons word onthou n wyltjie, Ek en Jy,
So lyk dit en dan klaar met JOU en MY.

Omar Khayyam (n Persiese digter)


vertaal deur C. J. Langenhoven

Epigram (Puntgedig)

Is n kort gediggie waarin n sekere gedagte kernagtig en treffend uitgedruk word.


Die sukses daarvan berus gewoonlik op vernuftige woordspeling of n paradoks en
die doel is gewoonlik spot of nuttige lering.

Voorbeeld

In die katkisasieklas

Ja, veertig dae agtereen


en veertig nagte lank geren
dis n rekord tot op hede.
Meneer, mag ek iets vra?
Maar alte seker, Japie. Ja?
Was die boere toe tevrede?

Kom s my die beduidenis


Ek moet my so verwonder
Langdradig op die preekstoel is
So kort van draad daaronder

A.G. Visser

Limeriek

Bestaan uit twee lang rymende rels, gevolg deur twee kort rymende rels en dan
weer n lang rel wat met die eerste twee rym. Dit is gewoonlik grappig of spottend
van aard, byvoorbeeld:

6
n Hollander van Stellenbosch
word dik van tjips en lekker kosch
hy wil niks weet
van streng diet
want dan hangt al zijn vellen losch

Phillip de Vos

Haikoe

n Kort gediggie van Japanse oorsprong wat gebruik word om n spesiale oomblik vas
te vang en jou gevoel op daardie oomblik weer te gee. Die tradisionele vorm bestaan
uit drie versrels (sewentien lettergrepe) wat as volg ingedeel is:

Eerste versrel: vyf lettergrepe


Tweede versrel: sewe lettergrepe
Derde versrel: vyf lettergrepe

Voorbeeld 1

Die blou vol se oog


is nog n druppeltjie ren
tussen die takke

Voorbeeld 2

Laat middag in Maart


die soet geur van ryp riete
warm by die rivier

1.2.2 Epiese digsoorte


n Gedig is epies wanneer dit verhaalelemente bevat.

Die epos of heldegedig

Vertel n grootse gebeurtenis uit die geskiedenis van n volk of die mensdom en is oor-
spronklik bedoel om aan n gehoor voorgedra te word. Dit speel hom af rondom n
VWHUNVHQWUDOHJXXURIKHOGHQGLHWDDOLVIRUVYHUKHZHHQEHHOGU\NRPE\GLHJURRWV-
heid van die onderwerp te pas.

Die ballade

Is n epies-liries-dramatiese gedig: n kort verhaaltjie in digvorm.


Epies - omdat n verhaal vertel word
Liries - omdat die sangerige element oorheers
Dramaties - omdat dit vol handeling is en gewoonlik dialoog bevat.

Die verhaal word meestal in spronge vertel en word dikwels onderbreek deur waar-
skuwings, vrae of herhalings. Die verhaaltrant is vinnig en die taal eenvoudig.

7
Die idille

Vertel gewoonlik n liefdesverhaal van eenvoudige mense teen n landelike agter-


grond.

Verhalende gedigte

Dit is die algemene naam wat ons gee aan alle gedigte waarin die verhaalelement oor-
heers veral as ons nie juis weet waar om hulle te groepeer nie. Die letterkunde van
die ouer volke bevat ook nog oorlewerings uit die verre verlede: mites, sages, legen-
des en sprokies wat soms nog in digterlike vorm bestaan.

Liriese digsoorte

Dit sluit al die digsoorte in waar die persoonlike element oorheers. Word veral geken-
merk deur sangerigheid en die spontane uitdrukking van gevoel. Die doel is nie om
n verhaal te vertel nie, maar om n stemming te wek. Hulle is oorwegend subjektief
van aard. Alle gedigte waar daar n spontane uitdrukking van gevoel is, is liries.

Minnelied

Die minnelied het die liefde as tema. Soms word die gedigte aan n ideaal of persoon
gerig, soms is dit lig-spottend of romanties-sentimenteel, dan weer donker van hart-
stogtelike verlange na n verlore liefde.

Ode is n lofsang

Dit is n liriese gedig waarin n belangrike gebeurtenis, n aangrypende voorwerp of n


grootse persoonlikheid breedvoerig en in forse verhewe taal besing word. Afrikaans
is arm aan hierdie digsoort. N.P. van Wyk Louw se Aan die Skoonheid is een van die
min.

Elegie (klaag of lyksang)

Is gewoonlik n gedig waarin die digter n gestorwe dierbare beween of sy diep ont-
roerde gemoed uitstort na aanleiding van die een of ander aangrypende lewensraaisel.
Dit is altyd weemoedig van toon.

Sonnet

Die sonnet is Italiaans van oorsprong (sonetto: n klein liedjie). Die Italiaanse digter,
Petrarca, het dit in die veertiende eeu reeds gebruik. Hierdie digvorm is in baie lande
nagevolg. In Engeland het Shakespeare en ander n effens gewysigde vorm gebruik
wat vandag bekend staan as die Engelse of Shakespeare sonnet. Uiterlik het die son-
net vasgestelde lengte, vorm en rymskema, innerlik n bepaalde soort gevoelsbewe-
ging.

Die Italiaanse sonnet bestaan uit 14 vyfvoetige jambiese versrels met die rymskema:
abba, abba, cde, cde.

8
Die Engelse sonnet bestaan ook uit 14 vyfvoetige versrels, maar met die rymskema:
abab, cdcd, efef, gg.

Let op die verskil in rymskema, waardeur hierdie twee tipes sonnette onderskei word.

Die Italiaanse sonnet toon altyd n duidelike tweeledigheid wat die beeld en toepas-
sing verteenwoordig. Die oktaaf (agt rels) bevat gewoonlik n beeld, uiteensetting,
natuurbeskrywing, verskynsel of gebeurtenis wat die gevoel na die hoogte stoot en n
musikale geheel vorm. Die sekstet bevat dan die digterlike toepassing en veroorsaak
n daling van die gevoel.
By die Engelse sonnet kry ons gewoonlik nie hierdie tweeledigheid van beeld en toe-
passing of verdieping nie, maar een gevoelens- en gedagtestroom wat deur die drie
kwatryne heen geleidelik na n hoogtepunt gevoer word. In die rymende koeplet aan
die einde kry ons dan n wending, n samevatting van die geheel, die kerngedagte.

Skematiese opsomming

*HGLJPHWUHsOVHQQEHSDDOGHWLSRJUDH
Twee soorte sonnette:

Italiaanse sonnet

Uiterlike bou abba-kwatryn

abba
} oktaaf (8)

cde - tersine

cde
} sekstet (6)

Innerlike bou Oktaaf - natuurbeeld


Sekstet - keer / wending
Toepassing

1. Bestaan uit twee kwatryne (van vier rels elk) elk in twee tersines (van drie rels
elk).
2. Die twee kwatryne saam vorm die oktaaf (2x4=8 rels) en die twee tersines saam
die sekstet (2x3=6 rels).
3. In die oktaaf word n waarneming beskryf, met die sekstet waar n wending plaas-
vind in die vorm van n toepassing.

9
4. Die rymskema is gewoonlik omarmde rym in die oktaaf, byvoorbeeld:

]] }
}
a
b
b Omarmde rym Eerste kwatryn
a
Oktaaf

]]
a
b
b
a
Omarmde rym
} Tweede kwatryn

}
}
c
d Eerste tersine
c
Sekstet
d
c
d
} Tweede tersine

Engelse sonnet

Uiterlike bou abab


cdcd
efef
} Drie kwatryne

gg Koeplet
Innerlike bou

1. Bestaan uit drie kwatryne


2. n Verspaar wat op mekaar rym, genoem n rymende eindkoeplet (2 rels).
3. Geoordeel na sy uiterlike vorm, het die sonnet kruisrym in die kwatryne en paar-
rym in die koeplet.
4. Die hele gedig bevat een deurlopende gedagtegang wat geleidelik dwarsdeur die
drie kwatryne loop.
5. Die wending of hoogtepunt word in die rymende eindkoeplet bereik.

a
b
a
]] Kruisrym
} Eerste kwatryn
b

}
c
d
c
]] Kruisrym Tweede kwatryn
d

10
e
f
e
]] Kruisrym
} Derde kwatryn
f

g
g ] Paarrym } Vierde kwatryn

Rymende eindkoeplet KLIMAKS Eerste 8 rels natuurbeskrywing


Laaste 6 rels toepassing
Wending na rel 8

  6W\OJXUH
Alliterasie

(Medeklinkerrym halfrympatroon). Waar medeklinkers aan die begin van woord


ooreenstem, bv. die wind wat waai. (Wenk: wanneer dit in n antwoord aangedui
word, moet die klanke onderstreep word.)

Antitese

(Teenstelling/kontras). Twee teenoorgestelde dinge word langs mekaar geplaas om


by wyse van kontras die uitwerking op die leser te verstrek. Daar bestaan talle sulke
teenstellings in die spreektaal, naamlik, lief en leed, erns en luim. Nog n voorbeeld: in
die songloed van ons somer in ons winternag se kou. Dit kan ook aangewend word om die
woordorde uit te hef en staan ook bekend as kontraswerking.

Antonomasia

(Naamsverwisseling). Dit is verwant aan die metafoor, maar ons gebruik in plaas van
die beeld n eienaam, byvoorbeeld n sterk man sal n Simson genoem word en iemand
wat baie kla n Jeremia, omdat daardie persone bekend is vir daardie kenmerkende
eienskappe.

Anafoor

Dit is die herhaling van dieselfde woord aan die begin van sinne.

Argasme

(Veroudering). Dit is die gebruik van n verouderde woord in n uitdrukking, bv.


Die skip word uitgesleep om gekalfateer te word, of Pa verskyn in sy nagkabaai.

11
Assonansie

(Klinkerrym/halfrympatroon). Die herhaling van dieselfde vokaal, byvoorbeeld: Die


maan gaan staan.

Allegorie

n Allegoriese gedig het net soos n simboliese gedig twee vlakke, naamlik die kon-
krete en die abstrakte. In n allegorie het ons egter n volgehoue parallelisme tussen
die konkrete en die abstrakte. Elke saak op die konkrete vlak het dus n simboliese
betekenis op die abstrakte vlak. Die allegoris wil n waarheid verkondig en maak
daarvoor gebruik van die werklikheid. Agter dit wat oppervlakkig gegee word, moet
dus die eintlike betekenis gelees word. Die fabel (n vertelling waarin diere in plaas
van mense sprekend en/of handelend optree) en die gelykenis (n verhaal wat op n
ernstige toon n godsdienstige waardheid illustreer) is allegoriese voorbeelde.

Asteriks (*)

Waar n asterisk in posie gebruik word dui dit gewoonlik n tydverloop of wending
aan.

Asindeton

Teenoorgestelde van polisindeton. Voegwoorde word weggelaat waar ons dit nor-
maalweg sou verwag. Dus onderdele of woordorde van n sin (of vers) word sonder
voegwoorde aaneengeskakel, byvoorbeeld. My hart bloei oor die stad: glas, sink, beton.
Honde, katte, hoenders, varke: alles peul by die kombuisdeur uit.

Apostroof

Is die aanroep van n persoon wat nie teenwoordig is, of God, binne die gedig. O
skoonheid van die lyf, jy slaat .... Die woordjie O lei gewoonlik die apostroof in.

Beeldspraak

Dit is beeldryke uitdrukking van taal en kom baie in posie voor. Alle beeldspraak
berus op vergelyking.

Voorstelling

meisie plant
vroulik blare
meisie blom
praat blomme
mooi mooi
ens. ens.

raakpunt
MOOI

12
Die beeld berus dikwels op sintuiglike indrukke:

o - gesigsuitdrukkings (sy lyk soos n spook)


ore - gehoorsintuig (dit klink soos klokke)
vel - tassintuig (die kussing is soos dons)
neus - reuksintuig (die gras se geur is soos naeltjies)
tong - smaaksintuig (dit is so bitter soos gal)

Die skepping van n digterlike beeld

Wanneer die digter die verband tussen twee sake raaksien, ontstaan n beeld, bv. Die
meisie is mooi. Die roos is mooi.

Vergelyking

Dit ontstaan wanneer n spreker of skrywer twee sake wat in talle opsigte van mekaar
verskil, op grond van enkele ooreenkoms met mekaar gelykstel. Die vergelyking
openbaar hom in talle vorme: die bewuste gelykstelling met behulp van soos, net
soos, net, byvoorbeeld: Tot een vir een die vrees soos n karos laat val (N.P. van
Wyk Louw)

Metafoor

Op grond van die ooreenkoms tussen twee dinge van verkillende aard kan n mens,
sonder om n vergelyking te maak, sommer direk een ding in die plek van die ander
stel. Een saak word gelykgestel aan n ander saak sonder die gebruik van soos, nes of
net soos.

Die meisie is n roos (vergelykingswoord is weggelaat)


Daar stap n roos (bedoelende die meisie)

3HUVRQLNDVLH

Daar word aan lewelose dinge, natuurverskynsels, abstrakte begrippe, ensovoorts,


die eienskappe van lewende diere of mense toegeskryf, bv. Wat sing die see? Wat
kla die wind? Wat roep die meeu? Dit kan die vorm aanneem van n vergelyking of
metafoor.

Wat wil die gedig met beeldspraak wen?


Rykdom aan informasie, gevoelsassosiasie, konkreetheid en bondigheid.

Binnerym/Middelrym

Wanneer n woord in die rel met n woord aan die einde van die rel rym, bv. Ek
slaap in die rus van die eeue gesus (Jan Celliers).

Blanke versrels (rymlose versrels/vrye vers)

Wanneer daar geen rym voorkom nie.

13
Benaming van strofes

n Strofe is n aantal versrels wat n eenheid vorm.


Strofes met 2 rels - koeplet
Strofe met 3 rels - tersine
Strofe met 4 rels - kwatryn
Strofe met 6 rels - sekstet
Strofe met 8 rels - oktaaf
Strofe met 14 rels - sonnet

Clich

Soms gebeur dit dat n digter n mooi vonds (n frase of woorddeeltjie) telkens her-
haal. Die gevolg is dat ons naderhand daarvoor afgestomp raak. So iets noem ons n
clich.

Distansiring

Is uitsteltegniek/uiteenplasing: wanneer meer as die normale spasies tussen woorde


oopgelaat word om n sekere effek te verkry. n Soort spanning deur afwagting op
YROWRRLLQJZRUGYHUNU\'LWKHWRRNXLWKHIQJWRWJHYROJ

Digterlike vryheid

Wanneer n digter self woorde verander of skep om n sekere doel te dien, bv. byvoe-
ging van n lettergreep om by die metrum te pas: maar bowe die pak van die wolke
dak.

Dramaties

n Gedig is dramaties wanneer dit onder andere dialoog bevat.

Dubbelsinnigheid

n Woord, frase of sin wat vatbaar is vir twee vertolkings of onduidelik is.

Elisie

Is die weglating van n klank in n woord ter wille van rym of ritme, byvoorbeeld
needrig, in plaas van nederig.

Ellips

Word deur drie puntjies (stippels, beletseltekens . . .) aangedui. n Sin word on-
voltooid gelaat . . .

14
Funksies

1. n Deel word verswyg en aan die leser se verbeelding oorgelaat.


2. Dit kan n ruspose aandui.
3. Dit kan die aandag vestig op n belangrike deel wat volg.
4. Dit kan n sekere atmosfeer skep.
5. Dit kan dui op herhaling van die handeling.
6. Dit kan ook n dramatiese kontras aandui.

Eufemisme

Is wanneer n versagtende woord gebruik word, bv. Hy het saggies heengegaan, of Haar
seun slaap agter die kerkhofmuur, in plaas van Hulle is dood. Die funksie hiervan is dat
die onaangename hierdeur verswak, verklein of versag word.

Nog voorbeelde

i.p.v. steel s ons iemand het lang vingers


i.p.v. dood s ons ontslaap
i.p.v. dronk s ons iemand het te diep in die bottel gekyk
i.p.v. mal s ons van lotjie getik
i.p.v. selfmoord s ons hy het sy hand aan sy eie lewe geslaan

Eindrym

Woorde wat aan die einde van versrels rym.

Manlike eindrym

Die laaste lettergreep is beklemtoon en eindig op n konsonant, byvoorbeeld: woord


- akkoord.

Funksie: om die aandag daarop te vestig of uit te hef, deur die kort staccato tempo en
harde kras klanke.

Vroulike eindrym

n Onbeklemtoonde lettergreep volg na n beklemtoonde lettergreep. Die lettergreep


eindig op n vokaal of diftong, byvoorbeeld: bare - gevare; wye - vleie.

Funksie: om byvoorbeeld lomerigheid, uitgestrektheid, rustigheid, ensovoort, te sug-


gereer.

Enjambement

Wanneer een versrel oorgaan in die volgende versrel sonder enige leestekens.

Funksies
1. Verdoesel die eindrym en voorkom sodoende eentonigheid
2. Benvloed die leestempo en ritme

15
3. Bevorder vloeiendheid
4. Bindmiddels by versrels en strofes
5. Hef woorde in die enjambementsposisie uit
Bv. Ek moet keer dat nog n hart
verskink om grondelose smart. S.J. Pretorius
6. Suggereer beweging

Herhaling (repetisie)

Wanneer woorde, versrels of strofes herhaal word om n bepaalde gedagte te be-


klemtoon.

Die son bak neer op die vlaktes, vlaktes gras,


n windmeul, stasie en drie peperbome;
op vlaktes gras, klipkoppies, vlaktes gras;
n windmeul, stasie en twee peperbome
D.J. Opperman

Funksies
1. Belangrike woorde, rels of sinsnedes word uitgehef.
2. Die eenheid van die gedig word daardeur versterk, want herhaling bind versrels.
3. Dit verleen aan die gedig n vaste patroon.
4. Dit verleen n bepaalde musikaliteit of sangerigheid aan die verse.

Hiperbool (oordrywing of vergroting)

Dit is om woorde te oordryf, erger te maak as wat dit is om n saak te beklemtoon, bv.
hemelho golwe, duisendmale ges. Om n bewering indrukwekkend te maak,
word dit heeltemal oordryf. Die doel is nie om opsetlik n onwaarheid te verkondig
nie, maar om n saak te beklemtoon.

Humor

Luimigheid met eers as grondtoon opgewekte geestigheid. n Sin vir humor is die
vermo om die lagwekkende in iets te sien. Die lagwekkende word egter met mee-
gevoel en begrip benader. (Daar word soms na humor verwys as lag met n traan.)

Inlassing (parentese)

Hier word gebruik gemaak van die aandagstreep aan weerskante van die inlassing,
bv. Die nag daar in die stad geen een om in jou nood jou by te staan nie het jy geweet
dat Hy alleen in Getseman sou binnegaan.

Ironie

Die teenoorgestelde van wat bedoel word, word spottend ges, bv. Lag met n traan
(bedekte spot); Jy is nou n troue vriend om my so in die steek te laat.

16
Inversie

(omgekeerde woordorde). Die skrywer of digter wil sekere gedagtes beklemtoon of


die rympatroon behou en verander die normale woordorde om dit te bereik, bv. En
hy het hulle liefgehad, die mense van die stadsdorpie en die veld digby en die geurende blomme
en die see.

Illusie van die werklikheid

Beeld van die werklikheid.

Jambe

Dit is die metriese maat waarin lettergrepe in n versrel verdeel word. Die jambiese
SDWURRQEHVWDDQXLWQGDOLQJ Y HQQKHIQJ  

Klanknabootsing (onomatopee)

Dit is n verskynsel in die posie, maar ook in die prosa, waar n klank of klankherha-
ling die beskrywing klankmatig ondersteun, die natuurgeluid naboots . . . die klank
van die woord stem ooreen met die geluid wat dit wil beskryf, bv.:
Dit kraak deur die brekende blokke;
Met dof-sware plof, soos koels in die stof, kom die eerste druppels neer.

Met ander woorde dit is wanneer woorde gevorm is na aanleiding van n klank.

In die geval van klankmetafoor boots die klank nie slegs die geluid na nie, maar sug-
gereer dit ook beweging:

Vinnig langs die paadjie trippel Mabalel;


Vrolik klink die liedjie
Wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel
Eugne Marais

In die geval van klanksimboliek dra die klank of klankherhaling by tot die opwek van
n bepaalde stemming.

Kontras (teenstelling)

Situasie en gedagte-inhoude kom voor in woordgebruik, sintuiglike indrukke. n


Skerp kontras word byvoorbeeld gemaak in die dae kom en die nagte gaan; die
skadus word lank en weer kort.

Klimaks en anti-klimaks

n Reeks feite of mededelings word in stygende lyn van belangrikheid genoem, of in


die omgekeerde orde ten opsigte van betekenis, byvoorbeeld:
waar die newelstelsels wrelde word,
waar keisers en kwepers ryp en val.

17
Liriek

n Liriese gedig is n sangerige gedig. (Die lier is n musiekinstrument - die gedig is


gewoonlik met musikale begeleiding gesing). Die gedig kry n liriese inslag deur die
teenwoordigheid van rym, herhalings, enjambemente, patroonmatigheid, asook die
teenwoordigheid van n refrein (versrel of versrels wat telkens herhaal word soos
n koor). n Gedig is liries van aard as dit die digter se persoonlike gevoel of siening
deurgee.

Legende

Q9HUWHOOLQJXLWGLHOHZHYDQQKHLOLJHRIYDQJHEHXUWHQLVVHYDQ%\EHOJXUHZDWQLH
in die Bybel voorkom nie. Dit het sy ontstaan te danke aan die vrome fantasie van
latere gelowiges. (n Godsdienstige verhaal wat nie op historiese gronde nie, maar op
volksoorlewing berus.)

Leestekengebruik

Die gebruik van kommas, stippels, aandagstrepe, ens. is met n doel; daarom s ons
dit is funksioneel. Soms word leestekens totaal weggelaat ook om n besondere
rede. n Ruspunt voor of na n woord kan die woord uithef.

Aandagstreep

Dit word veral gebruik om die woord of gedagte wat volg te beklemtoon.
Dit dui gewoonlik n kontras aan, bv: maar die tarenaal sit stom op haar nes
vol eiers my hart broei oor die stad; glas; sink; beton.
Dit word gebruik om parenteses (inlassinne) aan te dui.
Dit word gebruik om by distansiring (uitsteltegniek) die aandag op die kli-
maks te vestig.

Dubbelpunt

n Verdere verduideliking volg gewoonlik na die dubbelpunt.

Weglatingspuntjies

Dit dui dikwels n wending in n versrel aan. Die woorde vr en na die stippels het
nie met dieselfde onderwerp te make nie, byvoorbeeld:

terwyl ons, soos twee kinders opgeto


mekaar toelag met glinsterende o . . .
asof hul jammerlik hul lot kan raai
sit hul sif, met monde moeg gesluit.

Dit stippel dui dikwels n onderbreking van n gedagte aan, dit wil s n huiwering.

Kommapunt

Die ruspunt word gebruik om elke keer n nuwe gedagte aan te toon, bv:

18
n Skurwe huisie uit ysterklip gekerf;
n slap draadheining; op die stoep l rond
n vark, vier hoenders en n hond;
n stowwerige kind kruip oor die werf.

Komma

Kommas kan voor en na n bystelling kom, wat dan die gedeelte uithef (paren-
tese).
Dit dui op afsonderlike gedagtes, kenmerke.
Dit hou die aandag gevange en verleen sodoende aan sekere woorde of sin-
snedes groter prominensie.
Baie kommas vertraag die tempo en dit benvloed weer die toonaard.

Uitroepteken

Verleen forsheid, kragtigheid en beklemtoon dringendheid van verse.


Word gebruik om n gedagte of woord te beklemtoon.
Dit word gebruik om n sekere gevoel te versterk.

Hakies

Verdere toeligting word tussen hakies geplaas.


Dit word gebruik om n parentese aan te dui.

Vraagteken

Dit word aan die einde van n regstreekse vraag gebruik.


Dit word aan die einde van n retoriese vraag gebruik.

Parentese is n ingelaste gedagte in n sin ter verklaring of verduideliking en word


aangedui deur kommas, aandagstrepe of hakies.

Litotes (verkleinings)

Dit is dikwels n geval van skynnederigheid. Iets wat werklik groter betekenis vir die
skrywer het, word voorgestel asof dit van minder belang is, byvoorbeeld:
Hierdie werkie van my word nogal baie gelees.
Hierdie geskenkie is n blyk van waardering (groot geskenk).

Metrum en ritme

Onder metrum verstaan ons die patroonmatige opeenvolging van beklemtoonde en


onbeklemtoonde lettergrepe in n vers. Die metrum mag nooit so n belangrike faktor
in die digter se werk word dat dit sekere gedwonge woordverskuiwings of toevoe-
gings versoorsaak of lettergrepe se byvoeging of weglating noodsaaklik maak net om
die metrum reg te kry nie.

'LWLVGLHRSHHQYROJLQJYDQQKHIQJ  HQQGDOLQJ Y LQQEHSDDOGHNRPELQDVLH


'LHDDQWDOKHIQJHHQGDOLQJHEO\GXVNRQVWDQWHQKXOOHYROJPHNDDUUHsOPDWLJRS

19
+HIQJ EHNOHPWRRQGDOLQJ RQEHNOHPWRRQ

Funksies

1. Bring afwisseling
2. Hef belangrike woorde uit.
3. Verleen n bepaalde nadruklikheid aan woorde en frases.

Versvoete

Wanneer woorde so agter mekaar gerangskik word dat die beklemtoonde lettergrepe
op gereelde afstande van mekaar staan, ontstaan metriese patrone, bv: Dit is/die
win/terwind/wat waai/ - so n metriese patroon noem ons n versvoet, en maat of
metrum is dan die vaste skema waarvolgens hierdie versvoete (metriese patrone) me-
kaar opvolg om n rel te vorm. Op grond daarvan praat ons van n viervoetige (soos
in die voorbeeld hierbo) n vyfvoetige vers, ensovoorts.

(Dus: die beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergreep vorm saam n versvoet. Die


vasstelling van die bepaalde versvoet in n rel noem ons skandering.)

Die jambe (v/) (Tweede lettergreep dra die aksent)


Die trogee (/v) (Eerste lettergreep dra die aksent)
Trogese inversie - Kom voor wanneer die vers deurgaans jambies is en daar vind
n omruiling in die begin van die versrel plaas. Die funksie hiervan is die uithef-
QJYDQQEHSDDOGHZRRUG
Daktiel (Daktilus ( / v v )) - Kan vergelyk word met die walsmaat in musiek waar
een beklemtoonde lettergreep gevolg word deur twee onbeklemtoondes.
Anapes ( v v / )
$PEUDJ YY
Spondee ( / / ) Dit is wanneer twee beklemtoonde lettergrepe op mekaar volg.
Die spondee kan nie alleen in n hele versrel voorkom nie. Dit vorm n onderdeel
van n versrel saam met ander versvoete.

Wenk

As jy skandeer, moet jy die hele versrel op een rel skryf. Maak seker dat jy die rel
korrek oorgeskryf het en moenie n lettergreep byvoeg of weglaat nie.

Die wisseling van versvoete kan die volgende funksies h:

1. Dit kan belangrike woorde, sinsdele of sinne uithef.


2. Dit bring afwisseling - verbreek eentonigheid.
3. Dit kan die tempo versnel (as daar meer onbeklemtoonde lettergrepe voorkom).
4. 'LWNDQGLHWHPSRYHUWUDDJ DVGDDUQRSHHQVWRWLQJYDQKHIQJHSODDVYLQG 

20
Ritme

Dit is meer natuurlik as metrum en word bepaal deur aksente, intonasie, tempo,
ruspunte en enjambemente. Dit word nie metries bepaal nie, met ander woorde: dit
bestaan nie uit afgebakende beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe wat in n
vaste patroon herhaal word nie. Aksentuering speel n belangrike rol in die bepaling
van ritme in n versrel. Hier onderskei ons tussen woordaksent en sinsaksent of n
versrelaksent.

Faktore wat ritme benvloed

Woordaksent
Sinsaksent
Tempo
Intonasie
Natuurlike ruspunte
Enjambemente
Elisie

Die wisselwerking tussen metrum en ritme

1. Soms val die metrum en ritme saam.


2. Waar die ritme teen die versmaat (metrum) indruis kan dit juis n besondere effek
verkry.
3. Herhaling van woorde, frases, sinskonstruksies en die funksie daarvan in n
EHSDDOGHWHNVPRHWJHwGHQWLVHHUZRUG
4. Herhaling van verse en van strofes en die funksies daarvan in n bepaalde teks,
PRHWJHwGHQWLVHHUZRUG

Monoloog

Dit is n alleenspraak.

Metonimia (oornoeming)

Twee sake of begrippe wat nou met mekaar in verband staan, word in verband met
mekaar gebring, bv: Die pen is magtiger as die swaard, beteken die skrywer het
meer mag as die vegter. Die pen = die skrywer en die swaard = die soldaat/vegter.
Nog n voorbeeld: Die hakekruis is nie meer die gevaar nie, maar nou bedreig die
hamer-en-sekel die Westerse wreld. Die hakekruis = Duitsers onder Hitler se be-
wind en hamer-en-sekel = Rusland.

Die ketel kook; die kraan lek (die water); die bad loop in (water); hy het die bottel lief
(dronk); die huis is gesluit (deur); die dam loop oor (water).

Naewe toonaard

Dit is n toonaard sonder aanstellery, ongekunsteld, natuurlik.

21
Neologisme (Natuurskepping)

n Taal is dinamies en beweeglik - dit staan nooit stil nie. Daarom kom daar gedurig
nuwe woorde en uitdrukkinge by (terwyl oueres ook weer afsterf). Nuwe woorde is
bv. televisie, straallaagbande, veiligheidsgordels, ensovoorts.

Oksimoron

,VQVW\OJXXUZDDUWZHHWHHQVWHOOHQGHEHJULSSHPHWPHNDDUYHUELQGZRUGE\YRRU-
beeld: die bergstilte suis, onder wit duisternis.

O Die woordjie dui dikwels in posie op n bepaalde emosie. Dit versterk die
gevoel van die versrel, byvoorbeeld: weemoedigheid, vreugde.

Onomatopee (sien klanknabootsing)

Omwisseling

Woorde wat omgeruil word. Funksie: beklemtoning.

Paradoks (skynbare teenstrydigheid/n skreiende, skerp kontras) - byvoorbeeld:


Om die waarheid te s moet ek lieg.
Dit is enige stelling wat op die oog af absurd/teenstrydig voorkom, maar wat wel
geldig is en die kern van die waarheid bevat. Paradokse word dikwels gebruik om
verkwikkende waarhede of idees uit te druk, byvoorbeeld: my vreugde was n helder
hel. Die vreugde word gesien as aangenaam, maar ook onaangenaam.

Pousering Daar word n oomblik gestop of gewag.

Funksie:

1. Gedagteskeiding
2. Om belangrike gelese woorde te laat insink.
3. Om die leser in te stel op belangrike woorde wat gaan volg.

Progressie

Dit dui op n duidelike ontwikkeling in n bepaalde rigting, dit kan ook ontwikkeling
van n gedagtegang wees. n Geleidelike verandering of vordering tot die hoogtepunt
(klimaks), byvoorbeeld Die ren van Eugene Marais.

Polisindeton

Herhaling van voegwoord en en of wat ons normaalweg kan weglaat, bv. Af-
sonderlik en trots en vry.
Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg, of sy diensmaagd, of sy os
of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

22
Parallelisme

Is die herhaling van dieselfde gedagte in n ander bewoording. Dit skakel dus die her-
haling van dieselfde woorde en sinne uit, byvoorbeeld: Here, maak U we bekend;
leer my U paaie ken. Ons loop en word nie moeg nie; ons wandel en word nie mat
nie.

Refrein

Kom gewoonlik voor by ballades. Dit is woorde, versrels wat aan die end van op-
eenvolgende koeplette van n lied of gedig telkens herhaal word.

Retoriese vraag (interrogasie/interrogatief)

Is n vraag waarop geen antwoord verwag word nie, en wat aangewend word om
n bepaalde gedagte uit te hef. Dit word gebruik wanneer die sin in die vorm van n
vraag gestel word met die doel om aandag te trek.

Voorbeeld:

Vergewe en vergeet? Hoe kan ons vergewe? Hoe kan ons vergeet?
Maar wat van die mens?
Die held wat sterf, wat wen hy.
C.Louis Leipoldt

Rym

Is die herhaling, gereeld of ongereeld, van woorde of klanke. Rym is n belangrike


vormelement, daarby n middel om klankbinding in n gedig te bewerkstellig, ook is
dit vir baie digters n soort gids wat die gang van die gedig bepaal, bowenal is dit n
dissipline wat die digter dwing om die moontlikhede van sy taal deeglik te verken.

Funksies:

1. Rond versrels af.


2. Gee patroonmatigheid aan rels en strofes - is n dissiplinemiddel, die digter
onderwerp hom aan rymdissipline.
3. Beklemtoon sekere woorde.
4. Wek afwagting.
5. Het ook n klankfunksie - omdat die rymwoord gewoonlik aan die einde van die
versrel staan, kan dit klankwaardes beklemtoon en die stemming van die gedig
help bepaal.
6. Bind die versrels en strofes tot eenheid.
7. Verskaf vaste steunpunte aan die verse.

Volrym

Dit kom voor wanneer woorde met mekaar rym.

23
Volrympatrone

a. Beginrym - beginwoorde en versrels rym met mekaar


bv. My vuurtjie en ek is op wag-
My vuurtjie en ek alleen
Jan F.E. Celliers

b.Binnerym - n woord binne n versrel rym met n woord aan die einde van die
selfde versrel, bv: Ek slaap in die rus van die eeue gesus.
J.F.E. Celliers

c. Eindrym - woorde wat aan die einde van versrels rym, byvoorbeeld:
En kyk maar goed, want as jy hom vind,
vertel ek vir jou n sprokie my kind,
Koos du Plessis

Eindrymverbindings

a. Paarrym aabb
b. Kruisrym abab
c. Omarmde rym abba
d. Gebroke rym abac
e. Vrye vers geen vaste rympatroon
f. Rymdwang as die digter ter wille van die rym die taal op
ongemotiveerde en op merkbare wyse geweld aandoen.

Halfrym

Alliterasie en assosiasie.

Rymelary

Hier het ons te doen met oordrewe rym, byvoorbeeld:

Dit kraak deur die brekende brokke


dit knars in die knakende knokke

Repetisie

Herhaling van woorde, bv. Dis heuwels, heuwels, heuwels sover n mens se oog kan
sien.

Simboliek

In letterkundige werke kry woorde dikwels simboliese waarde. n Simbool is dus n


saak/voorwerp wat iets anders verteenwoordig. In A.G. Visser se werke word die
roos die simbool van die vrou. In Skoppensboer van Eugene Marais word hierdie
troefkaart simbool van die dood.

24
Sinestesie (omruiling van sintuie)

Twee sintuie word in een beeld betrek, byvoorbeeld: Die borrigeur van die son. Dit
wat deur die visuele sintuig gesien word, naamlik die son, word deur die reuksintuig
(borriegeur) ervaar.

n Sterk sintuiglike prikkel wat vir een sintuig bedoel is, word deur n ander sintuig
waargeneem, byvoorbeeld:
Die sterre sing (die visuele word gehoor).
Ons proe die melodie (klank word deur die smaaksintuig waargeneem).

Sinekdogee (Gedeeltelike herhaling)

Die geheel word deur dele daarvan aangedui, byvoorbeeld: haar blou-beaarde hand
dui op ouderdom.
Nog voorbeelde: Gee ons vandag ons daaglikse brood. Hier word van al ons
liggaamlike behoeftes gepraat. Die jongman vra die nooi om haar hand. Hier word
meer as net haar hand bedoel.

Iets word aangedui deur slegs n gedeelte daarvan te noem (gewoonlik die kenmer-
kendste gedeelte).

Suggestie

Die oproep van n denkbeeld; n saak word nie direk gestel nie.

Stoplap

n Oorbodige woord of uidrukking as aanvulsel in n sin of in n versrel ter wille van


rym of ritme.

Satire (spotvers, skimping of hekeldig)

In n satire word menslike swakhede, dwaashede, ondeugde, wantoestande of


tekortkomings bespotlik voorgestel, soms met die bedoeling om tot verbetering aan te
spoor. Daar word dus gehekel, skerp berispe, afkeurend bespreek.

Sesure

Dit is natuurlike ruspunte binne n versrel en het die voordeel dat dit die vooraf-
gaande woord laat uitstaan en ook die betekenis van die woord wat volg verhoog,
byvoorbeeld: Halfskaam, verle, het sy opgekyk.

Sarkasme

Die spreker s wat hy bedoel, maar op n spottende manier, byvoorbeeld:


Jy is nie juis die slimste man wat ek al ooit ontmoet het nie.
Jy is nie eintlik in die wieg gel om n kunstenaar te word nie.

25
Subtitel

Van n verhaal of gedig is die ondertitel wat gewoonlik iets meer s as die titel self.

Styl

Dit is die trant of wyse van skryf, skilder, bou, ensovoorts. Elke digter of skrywer het
sy eie styl en elke kunswerk is n stuk lewe soos gesien deur n persoonlikheid, n tem-
perament wat die styl bepaal. Daarom gebruik n skrywer nie n styl soos n graaf
of pik nie.

Byvoorbeeld: as julle as klas dieselfde gebeurtenis of natuurtoneel moet beskryf, sal


elkeen se beskrywing van die ander sn verskil, want dit het op elkeen n eiesoortige
indruk gemaak en elkeen het sy eie uitdrukkingswyse.

Styleienskappe

Helderheid of duidelikheid (teenoor duisterheid, vaagheid of dubbelsinnigheid);


eenvoud; omslagtigheid; krag; saaklikheid; kernagtigheid; pittigheid; verhewenheid
(teenoor verspottigheid en platvloersheid); oorspronklikheid en vindingrykheid;
geestigheid (humor, grappigheid, luimigheid, komiek, skerts, satire); welluidenheid,
plastiek; tragiek.

Die skrywer maak bewus en minder bewus van allerlei stylmiddele gebruik, byvoor-
beeld: woordkeuse, beeldspraak, en andere.

Spanning

Word in n gedig verkry deur:


uitsteltegniek (distansering)
herhaling van n kernwoord
woordkeuse
leestekens wat die tempo benvloed. Die tempo benvloed weer die toonaard
kort klanke, staccato-effek (afgemetenheid)

Tempo

Dit is n baie belangrike element van n gedig, want tempo suggereer of skep altyd n
bepaalde atmosfeer. Betekenis en tempo is ook ten nouste met mekaar verbonde. Kyk
na die volgende voorbeelde:

By staande waatre klaag my siellewe

Die tempo in hierdie versrel is stadig. Dit gevoel van verlatenheid en droefheid
word deur hierdie stadige tempo versterk. Kyk na die volgende versrels:
En o, met my is die windjies bly:
hul spring uit die stof orent
en wals en draai in dwarrelswaai

26
oor my vloer, van ent tot ent:

Hier is die tempo vinnig om n atmosfeer van vrolikheid en opgewektheid te skep en


ook die gevoel van die haastige windjies word versterk.

Faktore wat tempo benvloed:

Leestekens - baie leestekens vertraag die tempo, terwyl min leestekens die tempo
versnel.
Enjambemente - versnel die tempo.
9HUVPDDWRSHHQVWRWLQJYDQKHIQJHPDDNGLHWHPSRPHHUDIJHPHWHVWDGLJHU
Verslengtes - kort versrels vertraag die tempo.

7LSRJUDH

Dui op die uiterlike bou van n gedig. Die manier waarop die gedig gedruk is. Voor-
beelde:
lettertipe
lengtes van rels
skuinsdruk (kursief/italics)
hoof- en kleinletters
leestekens
wyse waarop rels geplaas is

Toonaard (atmosfeer)

Kan weemoedig, opgewek, ernstig, hartseer, ensovoorts, wees.


Die volgende faktore benvloed die toonaard van die gedig

Woordkeuse - woorde kan n sekere stemming skep


Klanksuggestie - kort en lang klanke
Verkleinwoorde - deur verkleinwoorde kan toegeneentheid, minagting en ander
gevoelswaardes uitgebeeld word
Die tema van die gedig bepaal die atmosfeer
Enjambement verleen n soepele gang wat die toonaard bepaal
n Snelle of langsame tempo benvloed die toonaard
Kort versrels benvloed die tempo. Kort versrels gee n besliste, afgemete of
dringende toonaard
Deur woorde, frases of versrels te herhaal, kan n sekere toonaard bepaal word
Progressie - ontwikkelingsgroei vind plaas

8LWKHIQJVWHJQLHN

Die volgende tegnieke kan aangewend word om woorde uit te hef

Alleenplasing van woorde of sinsnedes, byvoorbeeld een of twee woorde per rel
Belangrike woorde staan gewoonlik aan die begin of einde van versrels
Veranderde woordorde (omgekeerde woordorde/inversie)
Veranderde woorde of sinsnedes

27
+RRHWWHUVRIVNXLQVGUXN
/HHVWHNHQV SRXVHVWLSRJUDHVHZLW YRRURIQDQZRRUG
Wisseling in (verbreking van) metrum
Woorde in rymposisies
Herhaling van woorde, sinsnedes en sinne
Kontrastering

Verkleining

Funksies:

1. Dit dui op werlike verkleining


2. Dit dui op die digter se persoonlike betrokkenheid en sy emosionele belewenis
3. Dit benvloed die toonaard van die gedig - dui op vertedering, liefdevolheid, mi-
nagting, ens.

Voorplasing

'LWLVZDQQHHUGDDUJHHQVSHVLHNHU\PSDWURRQRIVWURIHERXLQQJHGLJLVQLH

Wending

n Wending is waar daar n verandering of ommekeer in die gedig is.

28

Anda mungkin juga menyukai