Anda di halaman 1dari 2

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN DIE VRYSTAAT

GEHOU TE BETHLEHEM
SAAKNO. ASH 50/2017

In die saak tussen

DIE STAAT

en

NNANI MOKOENA Beskuldigde:

_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Ek die ondergetekende NNANI MOKOENA verklaar as volg:

1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak en weet wat die klagte teen my is. Ek wil skuldig pleit
aan die oortreding van Artikel 3 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele en
Verwante Misdrywe) 32/2007- VERKRAGTING (gelees met die bepalings van Wet
105/1997). Ek pleit vrywillig skuldig terwyl ek by my volle positiewe is.

2. Op 26 OKTOBER 2017 was ek naby BOHLOKONG woonbuurt, BETHLEHEM, binne hierdie


Agbare Hof se jurisdiksie gebied.

3. Ek het ‘n damespersoon opgemerk wat in die straat loop. Sy het later bekend geword aan
my as die klaagster in hierdie saak, MOIPONE MOLOI. Ek plaas nie in geskil nie dat sy op
daardie stadium 16 jaar oud kon gewees het nie.

4. Ek het die klaagster geforseer tot by ‘n naby gelee woning.

5. Ek het haar op die bed gegooi en haar klere uitgetrek, Ek het my broek ook afgetrek.

6. Ek het haar seksueel gepenetreer deur my penis in haar vagina te druk.

7. Nadat ek haar klaar seksueel gepenetreer het, het die klaagster geloop.

8. Ek is later deur die Polisie gearresteer nadat hierdie klagte gemaak was.
9. Ek het geweet ek het geen reg of toestemming gehad om die klaagster seksueel te
penetreer nie, en dat my optrede gevolglik onregmatig was.

10. Ek het ook geweet dat my optrede verkeerd is en dat ek deur ‘n Hof skuldig bevind en
gestraf kan word vir hierdie oortreding.

GEDATEER te BETHLEHEM hede ……………………………………………………………

____________________ _____________________
BESKULDIGDE J VAN DER MERWE
Per LEGAL AID SA
BETHLEHEM

Anda mungkin juga menyukai